Gebed Om 12:00 28 September 2020  Bid virig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale. "Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon." ROMEINE 8:11  Dank God vir die werk van die Heilige Gees in ons lewens. Verklaar dat die Heilige Gees jou voorsprong is in alle omstandighede en dat Hy jou programmeer om altyd voortreflik te wees Verklaar dat jou wandel met God onmiskenbare resultate lewer wat almal sien Verklaar dat God se Woord vir hierdie seisoen orals vrugbaar is waar dit na waarde geag word. Dit maak n impak wat die geloof van God se mense bevestig Bid vir krag vir elkeen wat swak word in hul geestelike lewe dat die Gees van God hulle geestelike hoogtes sal terugbring. In Jesus Naam. Terwyl jy bid sal jy buitengewone seën ontvang in hierdie week.

https://www.facebook.com/able.gospel/

Gebed Om 12:00 23 September 2020 Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale. Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/ "So is hy (Petrus) dan in die tronk bewaak, maar die gemeente het aanhoudend vir hom tot God gebid." HANDELINGE 12:5 Tree in vir diegene wat gebonde is en slawe van satan is. Bid vir mense wat nog totaal verlore is deur sonde sodat die Blye Boodskap van God se liefde vir hulle, hul vroegtydig sal bereik Bid vir diegene wat getrou in die kerk sit maar steeds gevange bly onder satan se juk sodat die oortuiging van die Heilige Gees hulle sal verander en hulle ‘n nuwe lewe sal ontvang Bid teen alle toestande in jou lewe wat verandering nodig het en beveel die kettings om te breek en deure om oop te gaan. In Jesus Naam. Iets verander defnitief in jou lewe terwyl jy bid.

https://www.facebook.com/able.gospel/

Gebed vir vandag vir vandag Om 12:00 22 September 2020 Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale. Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie boodskap deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/   "Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is." ROMEINE 12:2 Bevestig dat ons lewens nie deur die wette en standaarde van die wêreld gereguleer word nie Verklaar dat jy in die Gees lewe en funksioneer en wen Bid vir Christene wat met vleeslike swakhede sukkel sodat hulle die moed en genade sal ontvang om hul swakhede te oorkom Bid vir Christene wat teruggeval het sodat hulle die genade sal ontvang om terug te keer na die Here toe en herstel word Bestraf alle wapens wat satan gebruik om Christene af  te trek dat die Here vals profete, onderwysers en broeders wat teen die stabiliteit van die kerk werk openbaar maak. In Jesus Naam

https://www.facebook.com/able.gospel/

Gebed vir die dag. Daaglikse Gebed Om 12:00 18 September 2020 Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale. Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg http://www.facebook.com/able.gospel/ "So lank as die aarde bly bestaan, sal saaityd en oestyd nie ophou nie, ook nie koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie."" GENESIS 8:22 Dank God vir jou seisoen van vrugbaarheid en bevestig dat die wysheid van God kragtig werk in jou lewe wat resultate alle op gebiede lewer Verklaar die wêreld is beveel om haar toename aan jou te gee sodat jou arbeid beloon word met ‘n groot oes Bid teen die kragte wat ‘n goeie oes weerstaan, verklaar dat hulle uitgetrek en afgesny word Bid vir Christene wat in die regeringskantore werk, verklaar dat hulle skynende ligte te midde van donkerheid is en hul diens en integriteit beloon word Verklaar dat die Woord van God versprei word en groot inpak maak in jou stad en nasie. In Jesus Naam. Begin om jou oes bymekaar te maak terwyl jy bid.

https://www.facebook.com/able.gospel/

Gebed vir die dag. Daaglikse Gebed Om 12:00 17 September 2020 Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale. Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/ "Maar soos daar geskrywe staan: "Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie," en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet." 1 KORINTIËRS 2:9 Verklaar en bevestig ons liefde vir Jesus, prys Sy naam en bevestig Sy Meesterskap duur vir ewig Verklaar dat jy geseënd is in Christus en niemand het gesien of gehoor het van wat God vir jou toekoms in Christus gereed gemaak het nie Bid vir alle Christene wêreldwyd sodat hul liefde vir Christus versterk word en hulle in die kennis van hul seëninge in Hom beweeg Bid vir die siele oes wêreldwyd en dat alle evangelisasie geleenthede groot resultate sal lewer. In Jesus Naam. Maak gereed vir meer getuienisse terwyl jy bid.

https://www.facebook.com/able.gospel/

Gebed vir die dag. Daaglikse Gebed Om 12:00 15 September 2020 Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale. Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.godpel/ ""Roep weer en sê: So sê die Here die Almagtige: My stede sal weer oorstroom word deur voorspoed. Ek, die Here, gaan weer genade betoon aan Sion, Ek gaan Jerusalem weer my woonplek maak."" SAGARIA 1:17 Tree in vir die kerk wêreldwyd, bid vir die groei van die kerk, geestelike groei en vermenigvuldiging van geestelike gawes in die kerk Bid vir ‘n groei in getalle en ‘n vermeerdering van siele gewen vir God Bid vir meer werkers in die Koninkryk. Bid vir die finansiële welstand in die kerk ter befondsing van die verspreiding van die Goeie Nuus Verklaar dat die Kerk van Christus vertroos word en haar vyande verneder en gebreek word. In Jesus Naam. Terwyl jy bid groei jy in alle goeie dinge.

https://www.facebook.com/able.gospel/

Gebed vir die dag. Daaglikse Gebed Om 12:00 10 September 2020 Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale. Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/    "Jesus het sy twaalf dissipels nader geroep en hulle mag gegee om onrein geeste uit te dryf en om elke soort siekte en kwaal gesond te maak." MATTEUS 10:1  Dank God vir die werking van die Heilige Gees Bevestig dat jy n dissipel van Jesus is en geroepe is om in Sy voetspore te volg Verklaar dat jy bemagtig is om duiwels uit te dryf, siekes te genees en verdruktes te bevry Bestraf alle tekens dat satan in of naby jou werk en verklaar dat hy geen ruimte of mag het om in jou omgewing werksaam te wees nie Verklaar dat die werke van jou hande, verstand en jou gees vrugbaar is en dat jy in finansiële oorvloed verkeer en dat  geen onvrugbaarheid in jou lewe meer toegelaat word nie. In Jesus Naam. Terwyl jy bid skyn jou lig helderder.

https://www.facebook.com/able.gospel/

Gebed vir die dag. Daaglikse Gebed Om 12:00 9 September 2020 Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale. Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hietdie gebedsgeleenthrid deur die volgende skakel te volg https:/:www.facebook.com/able.gospel/   ""Moenie skrik nie!" sê hy vir hulle. "Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hulle Hom neergelê het." MARKUS 16:6  Bevestig die opstandingskrag van Christus. Verklaar dat jy in die voetspore van jou Meester volg. Jy staan op met krag Geen sameswerings, haat, korrupsie, of dood kon Hom stop nie, verklaar dit is dieselfde vir jou - niks kan jou stop om jou doel te vereik nie. Verklaar dat jy, net sois Jesus, lewe gekies het en jy styg op, oorskrei vlakke en  breek grense Bid vir ons Kommissie, verklaar dat ons seins en dogters opstyg na nuwe vlak van seën en vrigbaarheid. In Jesus Naam. Beplan om die diens vannaand by te woon terwyl jy bid.

https://www.facebook.com/able.gospel/

Gebed vir die dag. Daaglikse Gebed Om 12:00 8 September 2020 Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale; deur ons posisie in Christus te bevestig. Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/ "In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie." JOHANNES 1:4-5 Verklaar dat jy gekies het om te lewe en te funksioneer in Christus, dié keuse is n keuse vir lewe en lig Bestraf elke poging van die vyand om sy donker, vrees vir mislukking en dood om jou af te dwing Verklaar dat jou pad ene van regverdigheid is wat helderder skyn met elke tree, dinge is beter en meer vrugbaar elke dag Bid vir ons Kommissie, verklaar die ergste dae van 2020 is verby; beveel vrugbaarheid, toename, vergroting en uitsonderlike getuienisse vir al ons medegelowiges. In Jesus Naam. Jou keuse vir lewe word beliggaam terwyl jy bid.

https://www.facebook.com/able.gospel/

Gebed vir die dag. Daaglikse Gebed Om 12:00 7 September 2020 Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale. Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.fscebook.com/able.gospel/ "Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie." PSALMS 91:9-10 Dank God vir al die eredienste wat gedurende die naweek plaasgevind het. Verklaar dat alle profetiese uitings in vervulling gaan in jou lewe Verklaar dat God jou woonplek is, jy lewe en funksioneer in Hom, daarom is jou lewe en huis verskans Bid vir die reën van guns oor die werke van jou hande, verklaar dat jou dienste uitstekend is wat omring is van ‘n aroma wat dit aanneemlik maak Bid vir die kerk sodat vele meer sal inkom vir dienste en die evangelie sal verkondig Verklaar dat die regverdiges oorvloed sal ervaar in hierdie week. In Jesus Naam. Verwelkom die week van vreagde terwyl jy bid.

https://www.facebook.com/able.gospel/

Gebed vir die dag. Daaglikse Gebed Om 12:00 4 September 2020 Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale. Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/  "Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: "Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip."" GENESIS 1:28 Dank God vir ons seisoen van vrugbaarheid. Bevestig dat jy ‘n goddelike mandaat het om vrugbaar te wees en jy sal nie toegee aan enige teenstrydige instruksies of opposisie nie Verklaar dat alle deure wat versper of toegemaak is vervang is met geopende deure van vrugbaarheid en groei Bid vir Christen gesinne en huwelike - bestraf die gees van struweling wat hulle vreugde en vrugbaarheid bedreig Bid vir die voorhuwelikse seminaar (Before you say I do) wat vandag begin en verklaar dat die sessies die teenwoordiges sal seën, hul lewens sal verander en huwelike sal herstel. In Jesus Naam. Dinge wat moeilik was word makliker terwyl jy bid.

https://www.facebook.com/able.gospel/

Gebed vir die dag. Daaglikse Gebed Om 12:00 3 September 2020 Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale. Skskel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/ "U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid." PSALMS 23:5 Dank God vir die krag in Jesus se bloed Bevestig dat situasies, uitdagings en vyande nie jou skatte bepaal nie, want jou vreugde in God is jou sterkte Verklaar dar jy hierdie maand vrugbaar sal wees ten spyte van wat satan doen of wie vir jou ondergang wag Bid vir ons Kommissie, verklaar dat ons getalle en finansies oorvloedig is en dat ons vreugde krete en getuienisse tot in die vyand se lêplek gehoor word. In Jesus Naam. Jou keuse vir LEWE oorheers alle korrupsie terwyl jy bid.

https://www.facebook.com/able.gospel/

Gebed vir die dag. Daaglikse Gebed Om 12:00 2 September 2020 Bid virig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale. Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skskel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/    "sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God." KOLOSSENSE 1:10 Dank God vir ons seisoen van vrugbaarheid Bevestig dat God wil hê dat jy vooruit gaan en altyd goeie gesondheid geniet, daarom voldoen jy aan God se wil Bestraf elke bose wind en donderwolke van ongeluk wat stagnasie, dood, en onvrugbaarheid bring. Beveel hulle om uitmekaar te gaan en uit jou leefruimte te verdwyn Verklaar dat elke geestelike of menslike teenstand teen jou vrugbaarheid gedurende die maand afgesny word Bid vir die kerk, verklaar dat God se mense toeneem in kennis van God en vrugbaar word in alle goeie werke. In Jesus Naam. Jou keuse is gemaak terwyl jy gebid het, lewe is jou deel!

https://www.facebook.com/able.gospel/