Nuus.News
Suid-Afrika se Vooraanstaande webtuiste vir GOEIE NUUS!

Nuus.News

Nuus.News is die nuwe tweetalige bymekaarkom plek vir almal wat moeg is vir slegte nuus. Dié wat al maagsere gekry het oor die wêreld se hoofstroom media, wat aanmekaar sê dat die Rand alweer verswak wanneer dit met slegs 5 sent af is, vir almal wat moeg is vir die aanhoudende moord, doodslag en verdraaiings van die waarheid. Totsiens verdraaide nuus, totsiens slegte nuus!

Die lewe is ‘n keuse. Hoe kyk jy na die lewe? Vanuit ‘n positiewe hoek  of is jy negatief?

As jy lus is vir goeie, skoon nuus en ‘n nuwe blaadjie wil omslaan, dan is Nuus.News jou nuwe tuiste.

Nuus.News is ‘n Christelike Hoofstroom Media webtuiste.

Sit terug, hou ‘n oop gemoed en geniet die unieke perspektief wat Nuus.News bring op die nuus-front, en leer hoe om Goeie Nuus te geniet en te vier.

Ons waardes en stand

Die Nuus.News website is gegrond op ‘n Christelike karakter en hef alle artikels vanuit ‘n Bybelse oogpunt.

Ons glo in die vryheid van spraak en dat elkeen geregtig is op sy eie opinie. Artikels wat gepubliseer word op Nuus.News wat hul oorsprong het van 3e partye weerspieël nie noodwendig die siening van Nuus.News nie. Ons hoop egter om Goeie Nuus te bemagtig in teenstelling met die wêreldse hoofstroom media wat fokus op slegte nuus.

Nuus-voere wat op die website getoon word vanuit 3e party oorde, is slegs vir inligtings doeleindes geplaas en toon nie die siening van Nuus.News nie. Dit is om die lesers ingelig te hou oor wat die nuushooftrekke sê in die res van hulle wêreld waarin hulle woon.

Nuus.News artikels word geplaas in die Goeie Nuus afdelings van die website. Die sekulêre wêreldsienings en wêrelds-hoofstroom media artikels word gewoon getoon om Nuus.News artikels in perspektief te plaas. Dit gee die gebruiker van Nuus.News die geleentheid om self te besluit na watter nuus media hulle wil kyk. 

Ons visie en missie

Ons beoog om Suid Afrika se Premier Nuus webtuiste vir GOEIE NUUS te wees.

Ons mik daarna om Suid Afrika se nommer 1 Christelike Hoofstroom Media platform te word.

Nuus.News bring Afrikaans- en Engelssprekende Suid-Afrikaners bymekaar op ‘n gemeenskaplike grondslag sodat ons saam dinge beter kan maak.

Nuus.News streef daarna om nuus te bring op ‘n akkurate, onbevooroordeelde grondslag wat aan die hoogste etiese en morele standaarde voldoen.

Nuus.News hoop om Suid Afrikaners ‘n positiewe uitkyk op die lewe in Suid Afrika te gee, iets wat die wêrelds-hoofstroom media verwoes het. En Suid Afrikaners is moeg vir negatiewe en sensasionele niksseggende berigte wat oor en oor herhaal word tot vervelens toe. 

‘n Mens is ‘n gees, en wanneer die wêreldse hoofstroom Media vir jou ‘n klomp bog voer, dan weet jy dit. Nou hoef jy nie meer gebonde te wees aan die monopolie van die bose op die media nie.

Nuus.News poog om substantiewe Goeie Nuus artikels hoofstroom te maak wat Suid Afrikaners inspireer, motiveer en dan aktiveer om hulle wêreld te verander en dit ‘n beter plek te maak.

Jou Nuus.News

Kom saam met ons om te bou aan ‘n beter wêreld vir almal. Ons sien uit daarna om jou gereelde bydraes op www.Nuus.News te sien.