Gebed vir die dag Desember 2020

Gebed vir die dag Desember 2020

Bid virig vir 15 minute in tale en in verstaanbare woorde.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/
“Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees.”
1 TESSALONISENSE 4:16-17
  1. Dank God vir sy genade wat in ons werk en verklaar dat jy bemagtig is om sterker te eindig as wat jy begin het
  2. Bid vir medegelowiges wêreldwyd dat hulle ontwaak tot die realiteit van die koms van die Here wat binnekort sal plaasvind
  3. Bid vir die herstel en opkikkering van diegene wat swak geword of teruggeval het. Bestraf elke vorm van geestelike depressie
  4. Bid teen enige sataniese aanval teen die kerk en verklaar dat alle pogings van die agente van die anti-Chris en die okkulte om die kerk te frustreer en vernietig afgesny sal word in Jesus Naam.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/
“Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.” (diegene wat nie volgens vleeslike behoeftes lewe nie, maar geestelike behoeftes nastrewe)
ROMEINE 8:1
  1. Dank God vir die geestelike wet wat ons lewens stuur en bevestig dat jy volgens geestelike wette funksioneer wat jou vrystel van die probleme van hierdie lewe
  2. Verklaar dat God se mense beskerm is teen sataniese planne om mense te dehumaniseer en te beheer. Die plan om immunisaie op mense af te dwing is gefnuik deur die krag van die Heilige Gees
  3. Bid vir alle Christene wêreldwyd, verklaar hulle funksioneer in die gees en verstaan die tye waarin ons nou leef en die oorwinnings in alle sfere van die lewe. In Jesus Naam.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/
“Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is;”
SPREUKE 4:18
  1. Dank God vir Sy genade waardeur ons geregverdig is en van ons Sy geliefde kinders gemaak het. Bevestig dat jy die regverdige van God in Christus is daarom is daar geen oordeel meer wat satan en sy agente op jou kan plaas nie
  2. Verklaar dat alle dinge ten goede meewerk vir jou – die jaar eindig op n hoë noot vir jou sonder insidente of ongelukkighede
  3. Bid vir Christene wêreldwyd in hierdie uur van vervolging sodat hulle versterk word, vasberade en ongesteurd deur die agente van die anti-Chris. Bevestig n toename in genade oor almal in die Koninkryk. In Jesus Naam.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/
 
“Vra My, en Ek gee volke vir jou as eiendom, die hele aarde as jou besitting.”
PSALMS 2:8
  1. Bevestig jou heerskappy as deel van God se mense op aarde, verklaar dat die kerk heilig en onkeerbaar is
  2. Bid vir die redding van mense uit alle nasies, verklaar dat dit vir almal was dat Jesus die kruisdood gesterf het en daarom het satan geen wetlike reg tot hulle siele nie
  3. Bid teen die sameswerings van die okkulte om die eindbestemmings van nasies te probeer vernietig sodat hulle mense mag oorheers en beheer – verklaar dat hul duistere doelwitte tot niks kom nie
  4. Bid vir nasionale leiers om te doen wat reg is in God se oë en dat God se wil op aarde bevestig word wêreldwyd. In Jesus Naam.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/
 
“Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is.”
LUKAS 2:10
  1. Dank God vir ons seisoen van groot vreugde, bevestig dat ons hierdie maand net goeie nuus sal hoor en geen slegte nuus nie
  2. Verklaar dat die kerk in n seisoen van exploits is waartydens sy ongewone toename en nuwe geestelike hoogtes sal bereik
  3. Vwrklaar geen bose plan sal teen regverdiges feesvier nie – ongelukke, vreemde siektes, en skielike dood word nie toegelaat tussen God se mense nie. In Jesus Naam.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/
 
“Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is.”
LUKAS 2:10
  1. Dank God vir ons seisoen van groot vreugde, bevestig dat ons hierdie maand net goeie nuus sal hoor en geen slegte nuus nie
  2. Verklaar dat die kerk in n seisoen van exploits is waartydens sy ongewone toename en nuwe geestelike hoogtes sal bereik
  3. Verklaar geen bose plan sal teen regverdiges feesvier nie – ongelukke, vreemde siektes, en skielike dood word nie toegelaat tussen God se mense nie. In Jesus Naam.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/
“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.””
HANDELINGE 1:8
  1. Dank God vir die bediening van die Heilige Gees in ons lewens
  2. Bevestig dat jy geroep is tot die mees belangrike taak van getuienis lewer van die Verlosser se opstandingskrag. Die wêreld sal defnitief jou stem hoor
  3. Verklaar dat die bediening van die Heilige Gees meer prominent word in die kerk wêreldwyd en dat ons meer tekens en wonders in die huis van God sal sien. Verklaar dat die evangelie nie deur mense stilgemaak kan word nie, ooknie deur demoniese geeste nie. Beveel elke berg of mensgemaakte versperrings wat die vooruitgang van die evangelie in die wêreld probeer keer om afgesny, ontwortel en vernietig te word. In Jesus Naam.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/
“Geregtigheid sal in jou heers. Jy hoef nie bang te wees vir verdrukking nie, ook nie vir verskrikking nie, want dit sal nie naby jou kom nie.”
JESAJA 54:14
  1. Dank God vir die genadegawe van regverdigheid en al die voordele wat daarmee saam gaan
  2. Bevestig dat jy deur die krag van God gevrywaar word van alle aanslae van satan wat tans so sterk op aarde figureer
  3. Verklaar dat die erfenis van sie regverdiges is om uitgesluit te wees van probleme, daarom is alle Christene wêreldwyd beskerm teen die boosheid en sataniese planne van satan en sy trawante
  4. Verklaar gelowiges leef vanuit geloof en nie vrees nie. Bestraf alle intimiderende geeste van vrees, twyfel en ongeloof; verklaar dat hulle nie oor ons sal heers nie
  5. Verklaar dat die kerk vanjaar eindig op n hoë noot en met meer krag. In Jesus Naam.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uirsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/
 
“Al jou inwoners sal leerlinge van die Here wees, en hulle sal altyd vrede geniet.”
JESAJA 54:13
  1. Bid vir ons kinders en verklaar hulle is gevestig in regverdigheid. Verklaar dat hulle die vrede van God ervaar en dat hulle nie depressief is of aan onwettige substansies verslaaf is nie
  2. Bid teen samesweringe wat die kinders se toekoms wil vernietig: bestraf die invloede van sosiale media en die demoniese vestinge van materialisme, verklaar dat ons kinders deur God geleer sal word
  3. Verklaar dat met die naderende jaar einde word ons gesinne in vrede gehou, gevrywaar van ongelukke en skielike dood, roof en alle ander boosheid wat met die Feesseisoen vereenselwig word. In Jesus Naam.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/ 
 
 “Maar bly jy in alle omstandighede nugter, verdra lyding, doen jou werk as verkondiger van die evangelie, voer al die pligte van jou bediening uit.”
2 TIMOTEUS 4:5 
  1. Bevestig dat die Een wat ons geroep het getrou is.
  2. Verklaar dat jy onaangeraak is deur die moeilike tye wat oor die aarde gekom het want Christus is jou lewe, jy oorleef deur Sy genade en wysheid
  3. Bid vir broeders wêreldwyd om sterk te staan in hul geloof, spreek krag oor hulle wat swak geword het uit sodat hulle weer opgekikker word
  4. Verklaar dat diegene wat uitgaan om siele te wen suksesvol is en dat baie die lig van verlossing omhels
  5. Bid ernstig teen alle blokkades wat teen evangelieverspreiding opgestel is, verklaar dat die strukture van die anti-Chris platgeslaan word. In Jesus Naam.

Bid vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/
 
“Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie.”
DIE OPENBARING 12:11
  1. Dank God vir ons dankseggingsnaweek en al gister se feesvieringe voor die altaar
  2. Bevestig dat die woord van God in ons lewens verheerlik word, ons vreugde sal nie ophou nie, ons danse en danksegging sal gedurende hierdie maand voortduur
  3. Verklaar dat God tevrede is met ons offers van danksegging en daarom aanvaar Hy ons lofgetuiging en bewerk Hy magtige dinge in ons gemeentes, elke opkomende diens sal daarom getuig van groter wonderwerke, tekens en wonders
  4. Verklaar dan na gister se danksegging het jou lewe tot n nuwe vlak van oorvloed van alle dinge beweeg. In Jesus Naam.

“Ek stel die toekomsvoorspellers aan die kaak, Ek maak die waarsêers belaglik. Ek weerlê dié geleerde mense, Ek ontmasker hulle kennis as dwaasheid.”
JESAJA 44:25 

  1. Dank God sy genade vir elkeen wat gevas en gebid het hierdie drie dae. Verklaar dat ons sterker en beter is as toe ons begin het
  2. Verklaar dat regverdigheid gevestig is in hoë plekke. Jou toewyding aan God se koninkryk word ryklik vergoed. In Jesus Naam
  3. Verklaar dat die kerk alle sataniese en demoniese teenkanting onderdruk. Verklaar dat die werke van vals profete, valse onderwysers en valse broeders ontbloot word en hul slagoffers word bevry in Jesus Naam
  4. Bid vir die kerk wêreldwyd teen samesweings deur bose en onredelike mense. Verklaar dat hul planne weggewaai word deur die wind van God en nie naby ons kom nie. Ons keer die planne van die anti-Chris om slawe van mense te maak en die kerk te bespot onderstebo. Ons vernietig hul programme deur die krag van die Heilige Gees
  5. Verklaar dat die kerk sterk word in die oorlog teen valsheid en die gees van die anti-Chris. Alle teenkanting en sameswerings teen die kerk word verswak en word vernietig, hul eenheid is gebreek,  hul hulpbronne opgedroog en hul verwagtinge verslaan
  6. Bid teen elke regeringsbeleid en regulasie wat die mense ingegrendel hou en die verspreiding van die Goeie Nuus sodoende beperk. Verklaar dat hulle verkrummel in Jesus Naam. Verklaar dat die Goeie Nuus ongehinderd versprei en dat regverdigheid wêreldwyd hoogty vier
  7. Bid vir die omverwerping van onderdrukkende beleid en wetgewing. Ons sny alle negatiewe kragte van regerings af en verklaar dat die “deep state” nie oor nasies sal regeer nie. Die kragte van die onderdrukkers van die kerk is gebreek en vernietig in Jesus Naam
Terwyl jy bid word jy bemagtig om groot dinge vir God te doen.
 
Maak seker dat jy die gebed om 12:00 met Pastoor Able meemaak en die gebedsgeleentheid om 18:00 by een van die takke van die Kommissie bywoon.
 

Welkom by ons seisoen van groot vreugde

VAS EN BID Dag 2

“Sing tot eer van die Here, julle wat Hom getrou dien, loof sy heilige Naam!”
PSALMS 30:5

n Direkte vertaling van die Engelse teks is:
Sy woede duur vir n oomblik, maar in sy guns is lewe: trane mag vir n nag aanhou , maar vreugde kom in die oggend.
Verklaar dat ons Kommissie vanuit n posisie van outoriteit en krag werksaam is. Ons het outoriteit oor sataniese strukture, demoniese sameswerings en agente van satan wat teen ons werk, ons heers oor godsdienstige geeste, vestinge van tradisies en heksery wat meeding met die groei en vooruitgang van ons kerk
Verklaar dat die kerk nuwe vlae van geopende deure vir toename en groei ervaar. Verklaar dat God se mense wêreldwyd ongewone guns beleef en dat die rus van God hulle soos n kleed omvou
Bid vir die kerk wêreldwyd, verklaar dat ons getuienisse is van n magtige herlewing van God se krag in die kerk. Verklaar dat soos wat ons die jaareinde tegemoet gaan, toenemend meer siele na die lig van Christus kom en die krag van verlossing sprei oraloor. In Jesus Naam.
Verklaar dat die kerk haar opposisie verby steek en alles wat teenkanting teen die werk van God bewerk is verlam en hul kragte is van hul weggeneem. Ons spreek n einde oor die vrese. Lang verwagte wonderwerke manifesteer. In Jesus Naam.
Bid vir die leierskap van die Kommissie sodat hulle versterk word met innerlike krag, toeneem in wysheid en genade en dat in hul behoeftes vorrsien word. In Jesus Naam.
Verklaat dat God aan die werk is in die kerk wêreldwyd, hy bou en bemagtig sy kerk en rig n weermag op om sy werk op aarde te voltooi. Ons bid vir oorwinning vir God se mense wat in nasies vervolg word, verklaar goddelike hulp is oppad om hulle te help met evangelie verspreiding. In Jesus Naam.
Bid vir ons pastore sodat die wysheid van God kragtig in hulle werk wanneer hulle die waarhede en kennis van Christus na ons bring. Verklaar dat hulle beskerm is en veilig gehou word van alle boosheid en in hul behoeftes vir lewe en die bedienning word bonatuurlik voorsien. Ons bestraf elke sataniese en fisieke aanval op ons pastore, verklaar dat omdat hulle in die bediening staan sal hulle geensinds beskaamd staan nie. In Jesus Naam
Dank God omdat ons Sy perfekte wil ken – dat ons vooruit sal gaan. Verklaat dat God se wil nie gefnuik kan word nie, daarom is jy bestem vir vooruitgang op alle gebiede en in alles wat jy doen. Neem beheer oor elke krag van die duisternis wat teenoor die wil van God staan en die kerk wil afbreek, beveel die kragte van stagnasie, onvrugbaarheid en armoede om neergewerp te word en afgesny te word deur die kragvolle werking van die Heilige Gees. Jou opofferinge in die Huis van God bring n groot oes in vir jou. In Jesus Naam
Verklaar dat die Christ Life Commission n vuurtoring is wat menige uit die donker van frustrasie, mislukking en dood bring. Verklaar dat God ons gemeentes vergroot – op n daaglikse basis kom diegene wat gered moet word.
Skakel asb in op die gebedsgeleentheid om 12:00 saam met Pastoor Able en onthou ons het n nagmaalsdiens om 18:00 in al ons takke van die Kommissie.

Terwyl jy vandag vas en bid word die hemel geopen oor jou lewe, in Jesus Naam.
Volg ons daagliks op www.facebook.com/able.gospel

Ons gebed vir vandag is gebasseer op ‘n Bybel vers wat jou gaan inspireer en oplig. Wees gereed vir die hemel se ingrype in jou sake. Wanneer Christene saam bid in eenheid, dan kan jy geweldige wonderwerkende krag verwag. Onthou altyd om die standaard voor oë te hou wat ons in Handelinge 4:24-35 & 12:1-17 vind tydens gebed, want God is dieselfde vandag en gister, en Hy wag net dat die kerk sal saam bid in eenheid, in onophoudende gebed, in die eenheid van geloof, sodat Hy kan ingryp. 

Gebed vir die dag Desember 2020
Gebed vir die dag Desember 2020
Gebed vir die dag Desember 2020
Gebed vir die dag Desember 2020

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *