Gebed vir die dag Januarie 2021

Gebed vir die dag Januarie 2021

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.
Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel
 
“Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur Hom lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.”
JOHANNES 6:57
  1. Dank God vir ons nagmaalsdiens van gister. Verklaar dat jou krag van die lewe en liggaam van die Seun van God afkomstig is
  2. Verklaar dat die bloed van Jesus in jou beteken dat jy immuun is teen enige onderdrukking, siekte of kwale en daarom kan korrupsie nie in jou liggaam bestaan nie
  3. Bevestig dat jy deur God gestuur is, jy is n geskenk van God aan die mensdom, n eindbestemmingshelper vir die hulpeloses. Daarom sal jy gedurende hierdie week lewens aanraak en baie na hul bestemming in God bring. In Jesus Naam.
Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.
Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/ 
“Wat jy my voor baie getuies hoor verkondig het, moet jy toevertrou aan betroubare manne wat bekwaam sal wees om dit ook aan ander te leer. Dra jou deel van die ontberings soos ‘n goeie soldaat van Christus Jesus.”
2 TIMOTEUS 2:2-3 
  1.  Bevestig jy is n opgeleide soldaat vir die Evangelie, jy is God se wapen vir die oorlog in hierdie moeilike tye en jy is sterk en slaggereed
  2. Verklaar dat jy nie gevange geneem gaan word deur die nietighede van hierdie lewe nie – die vlees en sy begeertes beheer jou nie, jy word gelei deur die Gees en het reeds hierdie wêreld oorwin
  3. Bid vir alle Christene wêreldwyd sodat hulle bewus bly van hul opdrag as soldate. Spreek sterkte en moed in hulle lewens en bid dat hulle die moeilikhede kan teenstaan as goeie ambassadeurs van Christus. In Jesus Naam.
Jy word bemagtig om op te staan vir die waarheid terwyl jy bid.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale. Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/

“Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.”
2 PETRUS 3:9
  1. Dank God vir Sy gedagtes van vrede en n verlengde einde op ons gerig is. Bid vir die redding van geliefdes wat steeds verlore is in n sondige wêreld en gebonde is deur satan se sette. Verklaar dat die liefde van Christus hul siele gevange neem en dat hulle hul knië sal buig voor die heerskappy van Jesus
  2. Bid teem die bose planne om mense te beheer, hul vryheid te beperk en hulle te en manipuleer. Verklaar dat God se oordeel hulle voorkeer in die bron van hierdie bose planne aan die kaak sal stel. In Jesus Naam.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale. Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/ 

 “Ek kom gou. Hou vas wat julle het, sodat niemand julle kroon wegvat nie.”
DIE OPENBARING 3:11 
  1. Dank God vir die einde van die week en alles wat God in ons lewens bereik het. Bevestig dat die einde van die week ook die einde van almal se gewag vir n spesifieke wonderwerk inlui
  2. Verklaar dat die vyand se pogings om ons geloof te frustreer verslaan is en dat jou geloof sterk is, jy gee nooit op nie en hou vol om jou lewensdoel na te jaag
  3. Bid vir ons jeug en tieners, verklaar dat hulle deur die Gees van God bemagtig word om in hierdie eindtye vas te staan op die waarheid en regverdigheid. Bid dat hulle nie skaam is oor hulle getuienis van die Here Jesus Christus nie en wanneer hulle vir Christus getuig sal hulle groei in Jesus Naam.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/ 
“Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ‘n vuur weer moet aanblaas. Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.”
2 TIMOTEUS 1:6-7 
  1. Dank God vir die gawe van die Heilige Gees in ons lewens, verklaar dat hierdie die voordeel is wat jy oor alle magte het wat meeding met jou vrugbaarheid vanjaar
  2. Verklaar dat jy nie vreesagtig is nie maar gevul is met geloof en met n helder verstand funksioneer. Daarom is jy slimmer as jou vyande en maak jy vooruitgang te alle tye
  3. Bid vir die kerk wêreldwyd, verklaar dat ons die boosheid en goddeloosheid wat oor die wêreld versprei oorwin het. Verklaar dat die Gees van moed en vrymoedigheid magtig versterk word in ons lewens terwyl ons die donkerheid wat oor ons generasie gekom het beveg. In Jesus Naam.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/ 
 “My bede is dat die gemeenskap wat jy deur die geloof met ons het, jou ‘n dieper insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen.”
FILEMON 1:6 
  1. Dank God vir elke goeie gawe wat hy aan ons gebee het, dis die rede waarom ons nie ondergeskik is aan die helse magte wat losgelaat is oor die aarde nie
  2. Bevestig dat jou lewe vol hemelse skatte is, van die heerlikheid van die hemel en die krag wat alles laat gebeur, daarom is jy n gewaarborgde oorwinnaar in alle lewensstryde
  3. Bid vir Christene oraloor sodat hulle besef hoeveel hulle werd is, wie hulle werklik is en in die lig van daardie wete leef
  4. Verklaar dat die stem van die ware kerk nie stilgemaak kan word nie. In Jesus Naam.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.co./able.gospel/ 
“Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.””
JOHANNES 16:33 
  1. Dank God vir die ootwinning wat ons in Christus het. Ons gewaarborgde lewe van vrede te midde van lewensstorms
  2. Bid vir medegelowiges in ons Kommissie en vennote wêreldwyd sodat hulle nie verswak, bevrees of geintimideer word deur die leuens van satan en die hersende gees van negatiwiteit nie. Verklaar dat hulle almal staande bly totdat hierdie oorlog oor is
  3. Neem beheer oor en bestraf die vestinge van heksery, die okkulte en alle vorms van satanisme wat hul tentakels versprei in n poging om ons gemeenskappe oor te neem. Verklaar dat Jesus hulle reeds oorwin het en dat ons die oorwinning oor hulle in alle dinge ontvang het. In Jesus Naam.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/ 
“Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie.”
GALASIËRS 5:1 
  1. Dank God vir die lewe van vryheid wat hy aan ons in Christus geskenk het en vir die voorreg wat ons het om die kwaliteit van lewe wat ons wil leef, te kies
  2. Verklaar dat jy en jou gesin lewe bo dood gekies het, sukses bo mislukking, vooruitgang bo frustrasie en armoede. Jou keuse is nie debateerbaar nie
  3. Verklaar dat die kerk vrygestel is van die verwarring wat tans in die wêreld heers, dat Christene vry en vooruitstrewend is tydens die seisoen van moeilikhede en dat wat hulle ookal doen vrug dra. In Jesus Naam.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/ 
“Daar wag dus nog steeds ‘n sabbatsrus vir die volk van God, want elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne.”
HEBREËRS 4:9-10 
  1. Dank God vir sy ewigheidsplan vir sy mense – planne om ons rus, vrede en suksess te gee
  2. Bevestig dat jy die seisoen van rus ingaan en niks kan jou stop nie
  3. Bid vir gelowiges wêreldwyd want terwyl die hele wêreld gespanne is geniet ons die rus van God en ervaar ons n toename in die aktiwiteite van engele
  4. Verklaar dat die fondasie gelê word deur ons eerste vrugte waardeur ons geseën word en ons word deur God self voorberei

Ons gebed vir vandag is gebasseer op ‘n Bybel vers wat jou gaan inspireer en oplig. Wees gereed vir die hemel se ingrype in jou sake. Wanneer Christene saam bid in eenheid, dan kan jy geweldige wonderwerkende krag verwag. Onthou altyd om die standaard voor oë te hou wat ons in Handelinge 4:24-35 & 12:1-17 vind tydens gebed, want God is dieselfde vandag en gister, en Hy wag net dat die kerk sal saam bid in eenheid, in onophoudende gebed, in die eenheid van geloof, sodat Hy kan ingryp. 

Gebed vir die dag Desember 2020
Gebed vir die dag Desember 2020
Gebed vir die dag Desember 2020
Gebed vir die dag Desember 2020

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *