Gebed vir die dag Oktober 2020

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende akakel tw volg https://www.facebook.com/able.gospel/
“So het die woord van die Here sy krag getoon en al hoe verder versprei.”
HANDELINGE 19:20
  1. Bevestig dat ons produkte van die Woord van God is. Die lewe van God se Woord werk magtig in ons lewens omdat die Woord can God. Ie verslaan kan word nie en ons sal nie oorwin word nie
  2. Verklaar dat die Woord van God baie vinnig versprei en ongehinderd van dorp-na-dorp en tussen nasies gaan. Dit heers oral oor valse grense en satanisme
  3. Bid vir die vroue Bootcamp wat more plaasvind sodat elkeen wat die bywoon as n veranderde persoon na hul huise terugkeer
  4. Bestraf elke poging van die bose om enige vrou wat die geleentheid wil bywoon, probeer weerhou. Verklaar dat ons n rekord bywoningsyfer sal hê. In Jesus Naam.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https:www.facebook.com/able.gospel/
 
“‘n Mens steek nie ‘n lamp op en sit dit dan weg in ‘n kelder of onder ‘n emmer nie. Nee, jy sit dit op ‘n staander, sodat die mense wat binnekom, die lig kan sien.”
LUKAS 11: 33
  1. Bevestig dat ons die lig van die wêreld is. Verklaar dat God in jou belê het om jou n weerkaatsing van Hom te maak in die wêreld, daarom kan geen bose skepsel jou skitterende teenwoordigheid of manifestasie verberg nie
  2. Tree op in outoriteit teenoor alle bose planne teen die kerk om haar stil te maak, verklaar dat hulle afgesny word deur die Hees van God
  3. Bid vir die finansies van God se mense, verklaar dat daar finansiële genoegsaamheid heers in die lewens van die regverdiges. In Jesus Naam.
Jy skitter terwyl jy bid!

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/
“Daar kom ‘n tyd dat die berg waarop die huis van die Here is, ‘n blywende plek sal hê bokant die bergtoppe en sal uitstaan bo die heuwels. Die volke sal daarheen stroom,”
MIGA 4:1
  1. Verklaar dat ons nou leef in die dae waarvan die profete gepraat het, die laaste dae, daarom is God se Woord voorspoedig
  2. Verklaar dat jy deel is van God se huis wat gebou en toegerus is vir hierdie eindtye, jou skoonheid en glorie is onkeerbaar
  3. Verklaar dat die totale kerk vooruit beweeg ver voor haar vyande, getalle groei en die kerk is versterk om nuwe gebiede te oorwin
  4. Bestraf elke krag wat teen die kerk werk – beide binne en buite die kerk- verklaar in Jesus Naam dat hulle afgesny is.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitesending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/
“So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.”
JESAJA 55:11
  1. Dank God vor die genade wat uitgestort is oor ons lewens gedurede hierdie naweek, bevestig dat jou geestelike ontvangs goed is en dat geen geestelike pakkie wat asn jou behoort verlore gaan nie
  2. Verklaar God se woord vir jou het gedurende hierdie maand wortel geskiet in jou lewe en geen demoniese wind kan jou weerhou van n getuienis wanneer die maandeinde nader kom nie
  3. Ons bid vir die will van God om te geskied in die nasies van Amerika, Nigerië, Zimbabwe en Libanon en dat die bose mag van geweld afgesny word. In die Naam van Jesus.
Jou maand eindig op n hoë noot omdat jy bid.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/
“As God verskyn, spat sy vyande uitmekaar, en dié wat Hom haat, vlug vir Hom.”
PSALMS 68:1
  1. Bevestig die oorwinning van die Kruis oor die vyande van die regverdiges. Verklaar dat die opstanding van Christus die waarmerk is dat satan en sy medewerkers geensinds vir ons ‘n probleem is nie, daarom weerstaan ons elke poging van hulle en bose mense om ons terug te trek in die donkerte van die inperking
  2. Verklaar dat daar geen tweede fase van COVID-19 sal wees in jou stad, dorp of die nasie nie
  3. Verklaar dat God se mense die jaar einde ingaan sonder lewensverlies of trane, maar met getuienisse van oorvloed want met God is alles moontlik. In Jesus Naam.
Welkom in die naweek vol moontlikhede en heerlike verrassings!

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/
“Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.”
HEBREËRS 10:25
  1. Bid vir Christene wêreldwyd om toegewyd aan die Woord te bly en getrou te bly aan die opdrag om mekaar lief te hê en sodoende die band wat ons aan mekaar bind, te versterk
  2. Bid vir diegene wat swak geword het en kerkbyeenkomste verwaarloos sodat die Heilige Gees hulle help om hul kerkbywoning te verbeter. Verklaar dat wat hulle ookal weerhou het om dienste by te woon blootgestel en verbreek is
  3. Verklaar dat die kerk die pilaar van waarheid is, daarom is ons dienste vol gepak met openbaringe en wonderwerke. God se mense word versterk en opgebou in elke kerkdiens. In Jesus Naam.
Maak gereed vir n wonderlike tyd in die kerk vandag.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/
 
“En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.”
2 KORINTIËRS 9:8
  1. Dank God vir die genade wat vrygestel is gedurende die dienste hierdie naweek. Verklaar dat God se Woord sal floreer in alle rigtings waarin dit gaan
  2. Bevestig dat jy genoegsame genade ontvang vir alle situasies waarin jy mag kom en dat die genade altyd oorvloedig sal wees
  3. Bestraf die vestings van tekortkominge en onvrugbaarheid. Verklaar dat sataniese vestings verantwoordelik vir armoede, geen invloed op jou het nie
  4. Verklaar dat hierdie seisoen van moontlikhede ‘n vloedgolf van vooruitgang vir God se mense sal meebring. In Jesus Naan.
Goeie dinge kom na jou toe terwyl jy bid.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/
“Daar wag dus nog steeds ‘n sabbatsrus vir die volk van God,”
HEBREËRS 4:9
  1. Bid vurig vir Christen huise en gesinne. Verklaar dat dit God se wil is dat ons gesinne vrede en rus sal geniet. Ons verklaar daarom dat alle vorms van onrus, moeilikheid en bakleiery in families tot n einde kom.
  2. Bestraf die gees van tweespalt, rebellie, en ontrouheid in huwelike
  3. Verklaar dat die behoeftes van gesinne vervul word ooreenkomstig Christus se glorieryke rykdom en dat die werke van ons hande vrug dra. In Jesus Naam.
‘n Soet aroma vul jou huis terwyl jy bid.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/
 
“Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.”
LUKAS 10:2
  1. Dank God vir die suksesvolle Super Sondag en die studente van die Ministerial Institute wat hul sertifikate ontvang het
  2. Bevestig dat die gesamentlike invloed van die diens elkeen wat dit bygewoon het sal bybly
  3. Bid vir almal wat hul studies voltooi het sodat hul lewens voortdurend sal toon wat hulle geleer het
  4. Bid dat God nog meer diensknegte sal oproep om die siele oes in te bring gedurende hierdie eindtye
  5. Verklaar dat nuwe geleenthede ontstaan en deure oopgemaak word sodat God se mense die evangelie wêreldwyd kan versprei. In Jesus Naam.
God bemagtig jou om die evangelie te versprei terwyl jy bid.

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/
 
“Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. “
JOHANNES 7:38
  1. Dank God vir die gawe van die bediening van die Heilige Gees in ons lewens. Verklaar die krag om die dors van die wêreld te stil, is in jou. Jy het reeds die antwoord op hul behoeftes en die oplossing vir hulle probleme
  2. Bevestig dat die wêreld om jou God se werke in jou lewe sal sien en tot redding sal kom deur jou
  3. Bid vir ons Super Sondag hierdie naweek sodat die krag van die Heilige Gees diegene wat gebonde is sal vrymaak en hulle wat gebuk gaan onder siektes en chroniese toestande sal heel. In Jesus Naam.
Terwyl jy bid moet jy gereed maak vir die Super Sondag!

Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gwrus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://facebook.com/able.gospel/
“Die engel antwoord haar: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God.”
LUKAS 1:35
  1. Dank God vir die gawe van ‘n nuwe maand, dank Hom vir sy goddelike doel in jou lewe en verklaar dat jy gereed is om daardie doel te bereik in hierdie maand
  2. Bevestig dat jou aksies gedurende die maand geheel en al ondersteun sal word deur die Heilige Gees
  3. Verklaar dat die werke van jou en jou gesin se hande oorskadu word deur die Heilige Gees wat dit moontlik maak om die onmoontlike te bereik gedurende hierdie maand
  4. Verklaar dat jy nie kan misluk nie, nie ontmoedig word nie, en ook nie onvrugbaar wees nie want die vermoë van die Heilige Gees is kragtig werksaam in jou. In Jesus Naam.

Ons gebed vir vandag is gebasseer op ‘n Bybel vers wat jou gaan inspireer en oplig. Wees gereed vir die hemel se ingrype in jou sake. Wanneer Christene saam bid in eenheid, dan kan jy geweldige wonderwerkende krag verwag. Onthou altyd om die standaard voor oë te hou wat ons in Handelinge 4:24-35 & 12:1-17 vind tydens gebed, want God is dieselfde vandag en gister, en Hy wag net dat die kerk sal saam bid in eenheid, in onophoudende gebed, in die eenheid van geloof, sodat Hy kan ingryp. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *