Gebed vir die dag 2020 7 2

Gebed vir die dag. Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.akpanke
 
“Die Een wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het bo alle hemelruimtes uit om alles met sy teenwoordigheid te vul.”
EFESIËRS 4:10
  1. Bevestig dat die krag van die opgestane Christus aan die werk is in ons
  2. Verklaar dat die plek waarop jy vandag is ‘n gevolg is van waarheen jy oppad is in die lewe
  3. Verklaar dat Christus na drie dae uit die graf gekom het om ‘n pad vir die regverdiges te maak sodat hulle nooit in ‘n bodemlose put gestrand sal bly nie
  4. Bid vir God se mense wêreldwyd sodat elkeen wat neergefel is of opgesluit is vanweë satan se werkinge om regverdiges te onderdruk, uit hul situasie bevry sal word na ‘n plek van verheerliking In Jesus Naam.
Ek sien jou groei terwyl jy bid.

https://www.facebook.com/able.gospel/

Ons gebed vir die dag is gebasseer op ‘n Bybel vers wat jou gaan inspireer en oplig. Wees gereed vir die hemel se ingrype in jou sake. Wanneer Christene saam bid in eenheid, dan kan jy geweldige wonderwerkende krag verwag. Onthou altyd om tydens gebed die standaard voor oë te hou wat ons in Handelinge 4:24-35 & 12:1-17 vind, want God is dieselfde vandag en gister, en Hy wag net dat die kerk sal saam bid in eenheid, in onophoudende gebed, in die eenheid van geloof, sodat Hy kan ingryp. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *