Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.

Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg http://www.facebook.com/able.akpanke
 
“Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei.”
1 KORINTIËRS 3:7
  1. Dank God vir ons seisoen van groei. Bevestig dat jy ‘n goddelike opdrag ontvang het om te groei, jy het daarom die vermoë om stagnant en onvrugbaar te wees verloor
  2. Verklaar dat jou groei en produktiwiteit vandeesweek nie in mense hande is nie maar dat God self vir jou ‘n vermeerdering gee en dat die hekke van ekonomiese agteruitgang nie teen jou kan opstaan in hierdie week nie
  3. Praat met oortuiging met die ekonomie, sisteme en atmosfeer en verklaar dat enigiets in jou omgewing wat groei teenstaan ophou om te funksioneer en opdroog
  4. Verklaar dat die kerk ongewone groei ervaar en dat siele tot die Koninkryk gevoeg word op ‘n daaglikse basis. In Jesus Naam.
Selfs eens dooie gevalle herleef terwyl jy bid.

https://www.facebook.com/able.gospel/

Ons gebed vir die dag is gebasseer op ‘n Bybel vers wat jou gaan inspireer en oplig. Wees gereed vir die hemel se ingrype in jou sake. Wanneer Christene saam bid in eenheid, dan kan jy geweldige wonderwerkende krag verwag. Onthou altyd om tydens gebed die standaard voor oë te hou wat ons in Handelinge 4:24-35 & 12:1-17 vind, want God is dieselfde vandag en gister, en Hy wag net dat die kerk sal saam bid in eenheid, in onophoudende gebed, in die eenheid van geloof, sodat Hy kan ingryp. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *