Gebed vir die dag 2020 7 7

Gebed vir die dag met Dr Able

  1. Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale.
    Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg http://facebook.com/able.gospel
     
    “Hy het nader gekom en hom gesoen, en toe hy die reuk kry van die klere wat Jakob aanhet, het Isak hom geseën en gesê: “Kyk, die reuk van my seun is soos die veld se reuk, die veld wat deur die Here geseën is.”
    GENESIS 27:27
    1. Dank God vor Sy Woord vir hierdie seisoen. Verklaar jy dra die geur van ‘n geseënde veld wat guns, geopende deure en goddelike hulp te alle te na jou aantrek. Jy is altydw vrugbaar, want jou toevoer is van Bo
    2. Verklaar die seëninge wat in jou lewe funksioneer bewaar en beveilig jou van enige soort droogte, hongersnood of enige ellende wat oor die wêreld kom
    3. Bid vir die kerk, verklaar God se mense vrugbaar is, hulle arbeid word beloën met volgehoue groei en hulle sal nie beskaamd wees nie
    4. Bid teen elke poging van satan om die werk van ons Kommissie te vernietig, verbreek of frustreer, verklaar dat die vyand se trawante en instrumente van oorlogvoering verskrompel het. In Jesus Naam.

https://www.facebook.com/able.gospel/

Ons gebed vir die dag is gebasseer op ‘n Bybel vers wat jou gaan inspireer en oplig. Wees gereed vir die hemel se ingrype in jou sake. Wanneer Christene saam bid in eenheid, dan kan jy geweldige wonderwerkende krag verwag. Onthou altyd om tydens gebed die standaard voor oë te hou wat ons in Handelinge 4:24-35 & 12:1-17 vind, want God is dieselfde vandag en gister, en Hy wag net dat die kerk sal saam bid in eenheid, in onophoudende gebed, in die eenheid van geloof, sodat Hy kan ingryp. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *