Ps 91 Afrikaans

Ps 91 Afrikaans

Ps 91 Afrikaans. Naas Psalm 23, die beroemdste Psalm in die Bybel in Afrikaans. Kry inspirasie vir jou dag met Nuus.News.

Ps 91 Afrikaans uit die 1933 Ou Vertaling Bybel

Psalm 91:1 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Psalm 91:2 Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.
Psalm 91:3 Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.
Psalm 91:4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser.
Psalm 91:5 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
Psalm 91:6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!
Psalm 91:7 Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie.
Psalm 91:8 Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
Psalm 91:9 Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.
Psalm 91:10 Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;
Psalm 91:11 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
Psalm 91:12 Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.
Psalm 91:13 Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.
Psalm 91:14 Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.
Psalm 91:15 Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.
Psalm 91:16 Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.

Kliek gerus op JesusChristus.co.za om meer info te kry oor Jesus Christus!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *