Psalm 91 Afrikaans | Ps 91 Afrikaans

Psalm 91 Afrikaans (91 Ps)

Psalm 91 Afrikaans is die Beskermings Psalm wat jy naby jou kan hou in tye van nood. Die Here belowe Sy beskerming aan die wat Hom hul Toevlug maak.

Psalm 91 Afrikaans (1933) Afrikaanse Ou Vertaling Bybel

Psalm 91:1 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Psalm 91:2 Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.
Psalm 91:3 Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.
Psalm 91:4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser.
Psalm 91:5 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
Psalm 91:6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!
Psalm 91:7 Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie.
Psalm 91:8 Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
Psalm 91:9 Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.
Psalm 91:10 Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;
Psalm 91:11 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
Psalm 91:12 Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.
Psalm 91:13 Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.
Psalm 91:14 Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.
Psalm 91:15 Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.
Psalm 91:16 Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.

Ps 91 Afrikaans.

Kliek gerus op die link hierbo wat jou na JesusChristus.co.za toe sal vat. Daar kan jy ook meer uitvind oor Jesus Christus.

Psalm 91 (in Engels)

Soms wil ‘n mens net die Bybel stukkie verder ondersoek en dieper gaan om nog meer betekenis uit die Woord te kry. Ons het ‘n volledige artikel oor Psalm 91 in Engels wat die Bybel verse oopbreek. Wees geinspireerd!

Vind nog meer inspirerende Bybel Verse in ons Dagstukkies vir die Dag:

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
ONTDEK WIE JY IS IN HOM

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ONTDEK WIE JY IS IN HOM En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is (Romeine 12:2). Voor die koms van die Messias is voorspel dat Elia eerste sou kom (Maleagi 4:5-6). Die Skrifgeleerdes gebruik hierdie profesie as bewys teen die messiasskap van Jesus. Maar toe die dissipels Elia met hul eie oë op die berg van verheerliking met Jesus sien praat (Lees Mattheus 17:1-3), vra hulle vir Jesus: “Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elía eers moet

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIE EER OM DIE EVANGELIE TE VERKONDIG

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: GESEËND EN HOOGS BEVOORDEEL “To the praise of the glory of his grace, wherein he hath made us accepted in the beloved” (Efesiërs 1:6). Die woord “accepted” in die teks hierbo is ‘charito’ (Grieks), en dit beteken genade; dit wil sê om deurtrek te word met spesiale eer; aanvaar of hoogs bevoordeel te word. Die teks moet dus eintlik lui: “…He has made us highly favoured in the beloved.” Halleluja! Iemand in die Skrif wat so ‘n beskrywing gekry het, was Maria. Lukas 1:28 sê, “Gabriël het aan haar verskyn en gesê: “Ek groet jou, geseënde vrou…” En dit is presies

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
GESEËND EN HOOGS BEVOORDEEL

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: GESEËND EN HOOGS BEVOORDEEL “To the praise of the glory of his grace, wherein he hath made us accepted in the beloved” (Efesiërs 1:6). Die woord “accepted” in die teks hierbo is ‘charito’ (Grieks), en dit beteken genade; dit wil sê om deurtrek te word met spesiale eer; aanvaar of hoogs bevoordeel te word. Die teks moet dus eintlik lui: “…He has made us highly favoured in the beloved.” Halleluja! Iemand in die Skrif wat so ‘n beskrywing gekry het, was Maria. Lukas 1:28 sê, “Gabriël het aan haar verskyn en gesê: “Ek groet jou, geseënde vrou…” En dit is presies

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIE GEES HET GEKOM

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DIE GEES HET GEKOM Wanneer dit alles gebeur het, sal Ek my Gees laat kom op al die mense, julle seuns en julle dogters sal as profete optree, julle oumense sal drome droom, julle jong mans sal visioene sien (Joël 2:28). Die Bybel sê: “niemand kan sê: “Jesus is die Here” nie, behalwe deur die Heilige Gees” (1 Korintiërs 12:3). Niemand kan Jesus se heerskappy verklaar, of besluit om God te dien, behalwe deur die Heilige Gees nie. Wanneer die Bybel sê dat die woord van verlossing naby jou is, selfs in jou mond en in jou hart (Romeine 10:8), is

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *