DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
ONTDEK WIE JY IS IN HOM

En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is (Romeine 12:2).

Voor die koms van die Messias is voorspel dat Elia eerste sou kom (Maleagi 4:5-6). Die Skrifgeleerdes gebruik hierdie profesie as bewys teen die messiasskap van Jesus. Maar toe die dissipels Elia met hul eie oë op die berg van verheerliking met Jesus sien praat (Lees Mattheus 17:1-3), vra hulle vir Jesus: “Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elía eers moet kom?” (Mattheus 17:10).

Tot hul verbasing het Jesus bevestig dat die Skrifgeleerdes daarop aandring dat Elia eerste, voor die Messias, moet kom. Hy het gesê: “En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers en sal alles herstel; maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het hom nie erken nie, maar aan hom alles gedoen wat hulle wou. So sal die Seun van die mens ook deur hulle ly” (Matteus 17:11-12). Die Bybel sê: “Toe verstaan die dissipels dat Hy met hulle oor Johannes die Doper gepraat het” (Matteus 17:13). Elia het al gekom, maar hulle het dit nie geweet nie, want hulle het in die vlees gekyk!

Daar is baie Christene wat vandag so is. Alles wat hulle droom, bid en sukkel om te wees en te hê in God, maar hulle is dit reeds en hulle het dit al, maar hulle weet dit nie. Dit is waarom jy die Woord moet ken. Deur die kennis van die Woord word jy verlig oor jou identiteit en erfenis in Christus.

Niks kan groter of beter wees as Christus in jou en jy in Christus nie. Jy moet tot die volle besef kom dat jy net soos Hy is (1 Johannes 4:17). Jy is Sy geregtigheid, die uitdrukking van al die volmaakte dinge wat ooreenstem met Sy natuur – Sy goedheid, Sy goedhartigheid, Sy liefde, Sy nederigheid en uitnemendheid!

Dit is waarom ons temavers vermaan dat jy jou verstand moet vernuwe, want dit is slegs deur die Skrif deur die Gees dat jy ontdek wat God jou reeds gemaak het en in Christus aan jou gegee het.

BELYDENIS

God het my alles gegee wat ek nodig het vir lewe en godsaligheid. Ek weier om in die vlees te kyk. Ek sukkel nie, en ek skrik nie. Elke voorsiening van die Evangelie is wettig sowel as onontbeerlik my besitting NOU! Ek wandel in my erfenis, in die volle seëninge van die Evangelie, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

1 Korinthiërs 3:21-22; 2 Petrus 1:3; Romeine 8:17

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *