Gebed vir die dag November 2020 27 November 2020 Gebed vir die dag om 12nm met Dr Able Bid vurig vir 15 minute in verstaanbare woorde en in tale. Skakel gerus in op die lewendige uitsending van hierdie gebedsgeleentheid deur die volgende skakel te volg https://www.facebook.com/able.gospel/“Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.””MATTEUS 16:19 Dank God omdat Hy ons aan die einde van nog n week gebring het Verklaar dat twis of oorlogvoering wat gelootsRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: HY SAL JOU NOOIT VERLAAT NIE

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JY’T GEKOM MET ’N DOEL Want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus so gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe (Efesiërs 2:10 NLV). God het ’n doel met jou lewe. Hy het ’n doel met alles wat Hy doen. In Johannes 10:10 NLV het Jesus gesê: “Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja sodat hulle dit oorvloedig het.” 1 Johannes 3:8 NLV sê: “…Juis daarvoor het die Seun van God verskyn: om die dade van die duiwel te vernietig.”  In Lukas 19:10 (NLV) hetRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: HY SAL JOU NOOIT VERLAAT NIE

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: HY SAL JOU NOOIT VERLAAT NIE …Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis (Matteus 28:20). Soms, wanneer mense probleme ervaar, wonder hulle of God by hulle is. Hulle hoop en bid dat Hy by hulle sal wees. Maar in der waarheid verlaat Hy jou nooit nie. Jesus het gesê: “Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis.” (Matteus 28:20). Wat ’n seën! Hy is by jou deur die krag en teenwoordigheid van die Heilige Gees. Hy het nie gesê: “Ek sal by jou wees nie”; dit is nie ’n belofteRead More →

Sean Feucht Capitol Hill

The Unthinkable Happened: A Gospel Concert held on Capitol Hill Washington DC Nuus.News Article Summary: This is amazing. The unthinkable happened. Just before election day 2020, Sean Feucht led a mass prayer meeting and Gospel concert on the lawns of the White House on the steps of the Supreme Court for reconciliation of America, for the elections and against abortion policies.  A dream come true after 30 years of prayer. God is moving mightily in these end times and we know He is moving to close his plan for humanity as it is now. Yet we know our prayers have been heard and Jesus willRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: WEES NIE BEKOMMERD OOR DIE TOEKOMS NIE

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: WEES NIE BEKOMMERD OOR DIE TOEKOMS NIE Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê (Jeremia 29:11). Die Here Jesus het ’n paar van die pynlike tekens gespesifiseer wat die eindtyd sal aandui. Hy het gesê: “Daar sal wondertekens wees wat die son, maan en sterre betref. En op die aarde sal daar onrus onder die nasies wees uit angs vir die gebulder van die see en sy golwe…” (Lukas 21:25). Baie daarvan het alreeds gebeur en menige menseRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: WANDEL IN WYSHEID

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: WANDEL IN WYSHEID Dit is deur God alleen dat julle nou aan Christus Jesus behoort. Dit is deur Hom dat Jesus vir ons die wysheid van God geword het, die Een deur wie God ons vrygespreek en vir Homself geheilig en vrygekoop het (1 Korintiërs 1:30). Sommige Christene raak baie opgewonde as hulle ons openingsvers lees en raak dan wanneer hulle Jakobus 1:5 lees, wat sê: “Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie.”Read More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DAPPER VIR DIE EVANGELIE

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DAPPER VIR DIE EVANGELIE My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees. Moenie bang of huiwerig wees nie. Die Here jou God is saam met jou oral waar jy gaan (Josua 1:9). Dapperheid is die vermoë en die wil om te doen, of te staan vir wat reg of nodig is, selfs te midde van teëspoed of opposisie. Dit is die vermoë om vreesloos gevaar en opposisie in die gesig te staar en jou geloof in Christus te bevestig, ongeag die teëstanders of teëspoed waarmee jy te make het. Dit is ’n deug wat aan almal inRead More →