DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: WEES NIE BEKOMMERD OOR DIE TOEKOMS NIE

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
WEES NIE BEKOMMERD OOR DIE TOEKOMS NIE

Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê (Jeremia 29:11).

Die Here Jesus het ’n paar van die pynlike tekens gespesifiseer wat die eindtyd sal aandui. Hy het gesê: “Daar sal wondertekens wees wat die son, maan en sterre betref. En op die aarde sal daar onrus onder die nasies wees uit angs vir die gebulder van die see en sy golwe…” (Lukas 21:25).

Baie daarvan het alreeds gebeur en menige mense het moedeloos geraak; lewenstandaarde, besighede en ekonomieë het verswak. Baie mense is nie meer seker oor hul toekoms nie. Maar as Christen moet jy nie ontsteld raak oor die toekoms nie; leef in vrede. Die regering of die samelewing kan jou ’n groot toekoms beloof; moenie op hul beloftes hoop nie.

God se plan is die beste; jou rol is om daardie plan te ontdek en in die lig daarvan te wandel. Die New International Version van ons temavers sê: “For I know the plans I have for you,” declares the Lord, “plans to prosper you and not to harm you, plans to give you hope and a future.” Moet nooit toelaat dat die probleme in die wêreld jou depressief maak nie. Jesus het geweet dat jy krisisse in hierdie wêreld sou teëkom, daarom het Hy gesê: “Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin” (Johannes 16:33).

Hou moed, ongeag wat rondom jou of met jou gebeur. Wees sterk. Wees moedig. Moenie ingee nie. Miskien is dit jou besigheid, werk, familie, wat dit ook al is; die moeilikheid is net vir ’n kort tydjie. Die apostel Paulus noem dit ‘ligte verdrukking’. Hy het gesê: “Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan” (2 Korintiërs 4:17). Solank jy in Christus is, is jy veilig; jou toekoms is verseker. Halleluja!

BELYDENIS

Ek is God se handewerk, nuutgeskep in Christus Jesus, om die lot te vervul en Hom met my lewe te verheerlik. Ek wandel op voorafbepaalde paaie; neem die koers wat ek moet volg en lei die goeie lewe wat Hy voorafbepaal en vir my gereed gemaak het om te lewe, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

2 Korinthiërs 4:16-18; Johannes 14:27

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *