DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DAPPER VIR DIE EVANGELIE

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DAPPER VIR DIE EVANGELIE

My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees. Moenie bang of huiwerig wees nie. Die Here jou God is saam met jou oral waar jy gaan (Josua 1:9).

Dapperheid is die vermoë en die wil om te doen, of te staan vir wat reg of nodig is, selfs te midde van teëspoed of opposisie. Dit is die vermoë om vreesloos gevaar en opposisie in die gesig te staar en jou geloof in Christus te bevestig, ongeag die teëstanders of teëspoed waarmee jy te make het. Dit is ’n deug wat aan almal in Christus verleen is, maar alle Christene openbaar dit nie.

’n Mens met dapperheid verstaan dat alle opposisie ’n geleentheid is vir vooruitgang en oorwinning. Dapperheid is wat die Kerk van Jesus Christus gebring het tot waar dit vandag is. As die apostels en die profete van ouds nie dapperheid ten toon gestel het, ten spyte van teenkanting, deur te staan vir wat reg was nie, het die evangelie miskien nooit die hele wêreld bereik en na ons gekom toe dit het nie. Hulle was nie bang vir konings en verdrukkers nie en hulle was vir seker nie bang om te sterf nie. Hulle was sterk en baie dapper.

Paulus het in sy brief aan die kerk in Thessalonika vertel hoe hy en sommige ander groot moed aan die dag gelê het om die evangelie te verkondig ondanks fel teenstand. Hy het gesê: “Ondanks die mishandeling en beledigings wat ons, soos julle weet, vroeër in Filippi moes verduur, het ons vertroue op ons God ons moed gegee om te midde van sterk teenkanting sy Goeie Nuus aan julle te verkondig” (1 Tessalonisense 2: 2).

Mense met moed hou hul fokus op dit waarin hulle glo en niks is vir hulle te groot om te gee of te doen in die strewe na hul oortuigings nie. Fokus daarom op die Here en sy Woord en wees altyd gereed om enigiets te doen ter bevordering van die evangelie.

BELYDENIS

Ek is sterk en vol moed! Ek is deur God bestem om die ondeurgrondelike rykdom van Christus te verkondig; om lewe te bedien, om ander te versterk en in God se lig in te bring. Daarom, ongeag die toetse, beproewinge, opposisie en teëstanders, staan ek vas in Christus, daardie innerlike krag om die evangelie ten alle koste bekend te maak. Ek is vol moed, met die vrymoedigheid van die Gees in toenemende mate, dapper! Halleluja!

VERDERE STUDIE:

Efésiërs6:14-15; Handelinge 18:9-10; Josua 1:5-6

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *