DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: HY SAL JOU NOOIT VERLAAT NIE

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
HY SAL JOU NOOIT VERLAAT NIE

…Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis (Matteus 28:20).

Soms, wanneer mense probleme ervaar, wonder hulle of God by hulle is. Hulle hoop en bid dat Hy by hulle sal wees. Maar in der waarheid verlaat Hy jou nooit nie. Jesus het gesê: “Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis.” (Matteus 28:20). Wat ’n seën! Hy is by jou deur die krag en teenwoordigheid van die Heilige Gees. Hy het nie gesê: “Ek sal by jou wees nie”; dit is nie ’n belofte nie. Dit is ’n feit.

God se Woord is ’n verklaring van die waarheid en dis ons verantwoordelikheid om in ooreenstemming daarmee te leef. Toe Hy gesê het: ‘Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis’, was dit presies net so kragtig soos toe Hy gesê het: “Ek is die weg, die waarheid en die lewe …” (Johannes 14:6). So, dink, praat en leef met die bewustheid, vertroue en versekering dat die Here in jou en met jou is, want Hy is waarlik!

Dit beteken dat jy vir ewig veilig is; Hy is altyd bereid om te help in nood; die vriend wat nader is as ’n broer en Hy misluk nooit. Vertrou op Hom. In Jesaja 41:10 het Hy gesê: “Moenie bang wees nie, want Ek is by jou…” Hy is in jou en altyd by jou, oral en in elke situasie.

Dit maak glad nie saak wat die situasie is nie, wees bewus daarvan dat jy nie kan misluk of verloor nie; God se teenwoordigheid sien om na jou. O, watter blye versekering het jy in die lewe! Geen wonder dat Hy gesê het: “Maar geen wapen wat teen jou gemik word sal iets teen jou kan uitrig nie” (Jesaja 54:17). Behou in alles altyd die gesindheid van oorwinning, elke dag van jou lewe, want Hy is by jou en Hy woon in jou.

BELYDENIS

Ek wen altyd, want die Here is in my en met my, deur die Heilige Gees. Sy goddelike teenwoordigheid omvou my en vul my en verander elke vesel van my wese en elke been van my liggaam. Ek het die ingesteldheid van oorwinning en ek regeer triomfantlik oor omstandighede, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

1 Johannes 4:4; Johannes 14:17; Hebreërs 13:5-6

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *