DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: WANDEL IN WYSHEID

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
WANDEL IN WYSHEID

Dit is deur God alleen dat julle nou aan Christus Jesus behoort. Dit is deur Hom dat Jesus vir ons die wysheid van God geword het, die Een deur wie God ons vrygespreek en vir Homself geheilig en vrygekoop het (1 Korintiërs 1:30).

Sommige Christene raak baie opgewonde as hulle ons openingsvers lees en raak dan wanneer hulle Jakobus 1:5 lees, wat sê: “Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie.” “As Christus ons wysheid geword het, waarom moet jy dan nog steeds vir wysheid vra?” wonder hulle.

Daardie twee verwysings is glad nie teenstrydig nie; dit gaan eerder oor vlakke van volwassenheid in Christus. Wanneer jy die Skrif bestudeer sal jy sien dat daar verskillende instruksies is vir verskillende groepe Christene op grond van hul volwassenheid. Sommige is gerig aan die babas in Christus, ander tot die jong volwassene in Christus en dan is daar instruksies vir die “vaders” of die geestelik volwassenes in Christus.

Die een wat nog ’n kind in Christus is, kan aanhaal en bely dat Christus sy wysheid is, maar tog het dit nog nie regtig by hom ingesink nie. Sy woorde en optrede kan nog steeds nie ooreenstem met die Woord en die wysheid van God nie. Hy openbaar nog nie wysheid, wat ’n vrug van geregtigheid is, nie. Hy tree steeds op en dink soos die res van die wêreld soos diegene sonder wysheid. Daarom vermaan Jakobus diegene in daardie klas om vir wysheid te vra.

Onthou, dit is “kinders” wat na dinge vra. Jesus het gesê: “Bid en aan jou sal gegee word”; Hy het dit gesê toe kinders hul vader om brood gevra het (Lukas 11:9-12). Die geestelik volwassene vra niks nie, want hy het geen tekort in Christus nie. Dit is die vlak waartoe God wil hê jy moet groei, waar jy weet dat alles aan jou behoort; jy vra nie vir wysheid nie, maar wandel in wysheid. Halleluja!

GEBED

Liewe Vader, dankie vir u wysheid wat in my gees aan die werk is, wat ook nou vermeerder word deur die Woord wat ek vandag ontvang het. Ek leef die Woord uit en wandel daarom in u heerlikheid en vervul u volmaakte wil en bring baie tot geregtigheid in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Handelinge 20:32; Spreuke 4:5-9

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *