DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: HY SAL JOU NOOIT VERLAAT NIE

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
JY’T GEKOM MET ’N DOEL

Want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus so gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe (Efesiërs 2:10 NLV).

God het ’n doel met jou lewe. Hy het ’n doel met alles wat Hy doen. In Johannes 10:10 NLV het Jesus gesê: “Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja sodat hulle dit oorvloedig het.” 1 Johannes 3:8 NLV sê: “…Juis daarvoor het die Seun van God verskyn: om die dade van die duiwel te vernietig.”  In Lukas 19:10 (NLV) het die Meester gesê: “Ek, die Seun van die Mens, het immers gekom om wat verlore is, te soek en te red.”Sy doel was duidelik: Hy het gekom om die Vader se wil te doen.

Verstaan dat jy gebore is met ’n doel – jy het gekom om die wil van jou hemelse Vader te doen. In Handelinge 26 lees ons oor Saulus van Tarsus wat op pad na Damaskus ’n ontmoeting met die Here gehad het. Die Here het hom op sy naam geroep en gesê:

“…Ek het juis hiervoor aan jou verskyn om jou as my dienskneg en getuie aan te stel…” (Handelinge 26:16). God doen niks sonder ’n doel nie. Die rede waarom Hy aan Saulus, wat later Paulus geword het, verskyn het was om hom ’n dienskneg en ’n getuie te maak sodat hy (Paulus) die evangelie na die heidene kon neem  (Handelinge 26:17).

Het jy al jou doel ontdek? Weet jy waarom jy gebore is? As jy nog nie uitgevind het nie kan jy dit vandag nog doen! Wees dapper en vra die Here. Hy sal jou sê. Hy sal jou lei na daardie doel soos jy met Hom wandel en die dinge doen wat Hy jou geroep het om te doen.

Jy’s nie verniet gebore nie. Jy is gebore tot verheerliking van God. Jy is gebore om met Hom te wandel en Hom eer te bring. Hy het van die begin af beplan dat jy Hom sal dien en vir Christus sal lewe. Laat daardie doel in jou hart gevestig word en jy sal geweldige groei en sukses ervaar in jou lewe en in alles wat jy doen.

BELYDENIS

Ek het na die wêreld gekom vir ’n tyd soos hierdie, met ’n doel om die lewe te lei wat God vooraf bepaal het vir my, voor die grondlegging van die wêreld. Hy het beplan dat ek Hom sal dien en vir Hom sal lewe en dat ek sy geregtigheid sal vestig op die aarde en in mense se harte. Ek vervul hierdie doel daagliks, in Jesus Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Jeremia 1:5; Kolossense 4:17

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *