DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: BLY GEFOKUS OP DIE WEGRAPING

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: BLY GEFOKUS OP DIE WEGRAPING En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie (1 Johannes 2:28). Die wegraping van die Kerk is nader as ooit.Ons is in die laaste oomblikke of finale “tye die tekens” van die Here se koms. Dis belangrik dat jy gereed is vir Hom. 1 Tessalonisense 4:16-17 sê die wat “in Christus” gesterf het, sal eerste opstaan en die wat in die lewe oorbly sal saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug. Die vraagRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DRIE BELANGRIKE REDES OM SIELE TE WEN

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DRIE BELANGRIKE REDES OM SIELE TE WEN Toe het Hy hulle beveel: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die Goeie Nuus aan almal, oral (Markus 16:15). Sommige mense vra of Christene wat nooit siele wen nie sal hemel toe gaan. Hulle vraag is gebaseer op wat die Here in Esegiël 33:2-6 gesê het: “… Wanneer Ek ’n leër teen ’n land stuur, kies die mense van die land iemand wat wagstaan. As hy die vyand sien aankom, maak hy alarm om die mense te waarsku. As die mense wat die alarm hoor, hulle nie daaraan steur nie, is dit hulleRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JESUS SELF IS GOD

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JESUS SELF IS GOD Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik (Kolossense 2:9). Nadat Jesus uit die dood opgestaan het, het Hy aan sy dissipels verskyn. Maar een van hulle, Tomas, was nie by nie, daarom het hy Jesus se opstanding betwyfel. Toe het Jesus by ’n ander geleentheid aan die dissipels verskyn en hierdie keer was Tomas teenwoordig en Jesus het met hom gepraat. Hy het vir Tomas gesê: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande, en bring jou hand en steek dit in my sy; en hou op ongelowig wees, maar word gelowig!”Read More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: KEN HOM AS HEER

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: KEN HOM AS HEER Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader (Filippense 2:9-11). Anneer ons sê: “Jesus is die Heer,” is dit veel meer as ’n godsdienstige uitdrukking; dit beteken Hy is die Een met oppergesag. Hy is die Meester en Heerser; Hy is dieRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JESUS IS DIE AFDRUKSEL VAN GOD SE WESE

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JESUS IS DIE AFDRUKSEL VAN GOD SE WESE Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader? (Johannes 14:8-9). Die Bybel sê dat die volheid van die Godheid liggaamlik in Jesus woon (Kolossense 2:9), wat beteken dat enige iemand wat wil weet hoe God lyk, na Jesus moet kyk. Geen wonder dat Jesus vir Filippus gesê het “…Hy wat MyRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ONTDEK JOUSELF IN HOM

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ONTDEK JOUSELF IN HOM Jesaja gaan selfs verder. Dáár sê God: Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie; Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie (Romeine 10:20). Jy mag sê: “Maar Jeremia 29:13-14 sê: “As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind. Julle sal My toeganklik vind,” sê die Here. “Ek sal julle uit gevangenskap laat terugkeer. Ek sal julle versamel tussen al die nasies waar julle nou is en uit al die plekke waarheen Ek julle verban het,” sê die Here. “Ek sal julle weer terugbring naRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ONTDEK JOUSELF IN HOM

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JY BESIT DIE WÊRELD Alles waaroor die Vader beskik, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het: ‘Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle meedeel’ (Johannes 16:15). Niemand het soos Jesus gepraat nie. Stel jou voor sy gewaagde woorde in die bogenoemde vers! Hy het gesê: “Alles waaroor die Vader beskik, behoort ook aan My.” Die mooi ding is dat Hy dit vir jou ook so gemaak het. Romeine 8:17 sê dat jy ’n erfgenaam van God is en mede-erfgenaam met Christus is. Halleluja! In 1 Korintiërs 3:21 het die apostel Paulus gesê: “Moet julle dus nie daaropRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: VOLG DIE WOORD, NIE JOU GEVOELENS NIE

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: VOLG DIE WOORD, NIE JOU GEVOELENS NIE Dit is waarom die mense wat deur hulle sondige natuur beheer word, God nooit gelukkig kan maak nie (Romeine 8:8). In Christenskap beoordeel ons nie volgens ons gevoelens nie; ons volg die Woord. Dat jy naby God of ver van Hom af “voel”, maak geen verskil nie. Jy woon in Hom en Hy leef in jou. Hoeveel nader kan jy kom aan iemand wat in jou woon? God wil hê dat jy sy Woord moet ken, moet groei in die kennis daarvan en moet wandel in die lig van jou eenheid met Hom. HyRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: WEET WIE JY IS EN LEEF DAARVOLGENS

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: WEET WIE JY IS EN LEEF DAARVOLGENS Sodat Hy die kerk in al sy skoonheid voor Hom kan stel, nie met enige vlek of plooi of enige ander onsierlikheid nie, maar aan God toegewy en onberispelik (Efesiërs 5:27). As Christene verskil ons van diegene in die Ou Testament. In die Ou Testament is hulle geroep om die Woord te gehoorsaam, maar in die Nuwe Testament is ons Woord-beoefenaars; ons is die uitdrukking van die Woord; dit word die spieël-beginsel genoem. God se idee is dat as Hy jou wys wie jy is, jy daarvolgens sal leef. As jy dus ’n versRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: AFSTAMMELINGE VAN LIEFDE

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: AFSTAMMELINGE VAN LIEFDE Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie (1 Korintiërs 13:4). Die Bybel sê vir ons dat God liefde is (1Johannes 4:8); liefde is sy natuur – wie Hy is. Wanneer ons van die eienskappe van liefde praat, praat ons dus van God se eienskappe. Pas dit toe op die openingskrif en dit lui: “God is lankmoedig en vriendelik; God is nie jaloers nie; God praat nie groot nie, is nie opgeblase nie.” Halleluja! Onthou hoe Jesus geleef het toe Hy op aarde was!Read More →