DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DRIE BELANGRIKE REDES OM SIELE TE WEN

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DRIE BELANGRIKE REDES OM SIELE TE WEN

Toe het Hy hulle beveel: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die Goeie Nuus aan almal, oral (Markus 16:15).

Sommige mense vra of Christene wat nooit siele wen nie sal hemel toe gaan. Hulle vraag is gebaseer op wat die Here in Esegiël 33:2-6 gesê het: “… Wanneer Ek ’n leër teen ’n land stuur, kies die mense van die land iemand wat wagstaan. As hy die vyand sien aankom, maak hy alarm om die mense te waarsku. As die mense wat die alarm hoor, hulle nie daaraan steur nie, is dit hulle eie skuld as hulle doodgemaak word. Hulle het die waarskuwing gekry, maar wou nie luister nie. Hulle is verantwoordelik vir hulle eie dood. As hulle hulle aan die waarskuwing gesteur het, sou hulle hulself gered het. Maar as die wag die vyand sien aankom en nie alarm maak nie, is hy verantwoordelik as mense sterf. Hulle sal doodgemaak word oor hulle eie sondes, maar Ek hou die wag verantwoordelik.”

Daar is drie belangrike redes waarom jy as Christen die evangelie moet verkondig en siele moet wen. Eerstens, jou geloof in die Here Jesus en sy heerlike evangelie. Die tweede is jou liefde vir Hom en hoop op sy nabye wederkoms. Die derde is sy instruksie aan ons om siele te wen. Hierdie drie redes dring jou om siele te wen.

As jy nie siele wen nie, kan jou liefde vir die Here bevraagteken word. Jou hoop op die hemel word ook bevraagteken, so wel as jou gehoorsaamheid aan die Meester se instruksie. So, as jy nie ’n sielewenner is nie beteken dit jy glo nie regtig nie en die hemel is nie ’n plek vir “ongelowiges” nie, net soos dit nie vir moordenaars, afgodsdienaars ensovoorts is nie. Openbaring 21:8 sê: “Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars — hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.”

God het bepaal dat siele vir sy Koninkryk gewen moet word en Hy het ons die verantwoordelikheid gegee om die verlorenes in ons wêreld te vind en die evangelie met hulle te deel. Daarom MOET jy die verlorenes bereik en hulle na Christus bring; dis jou primêre plegtige verantwoordelikheid as kind van God. Die Apostel Paulus het dit ingesien en geskryf:

“Naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen” (2 Korintiërs 5:19- 20). Wees ten volle toegewy aan die evangelie en die verspreiding daarvan regoor die wêreld.

GEBED

Liewe Vader, dankie dat U my ’n bekwame dienaar van die Nuwe Testament gemaak het om die evangelie na die uithoeke van die aarde te neem. Ek vervul my roeping met vrymoedigheid, geloof, moed en oortuiging. Die lig van die heerlike evangelie skyn helder deur my vandag, dit bring mense uit die duisternis na die heerlike vryheid van God se kinders, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Romeine 1:16; Matthéüs 28:19-20; 2 Korinthiërs 3:6

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *