DARE TO LOVE (www.daretolove-sa.org)
Om 06:00 op enige gegewe Saterdagoggend kom geïnspireerde stedelinge bymekaar by een van vier McDonalds restaurant in die groter-Tshwane. Hulle bring hulleself, hulle liefde, hulle kapasiteit om drukkies te gee en hulle liefde om die goeie nuus van Jesus Christus te versprei – en kos / klere as hulle ekstra het. Hierdie is die mans en vroue van Dare to Love, ‘n nie-regeringsorganisasie gebaseer op 1 Johannes 4 wat hulle ten doel stel om die hande en voete van Jesus in hierdie stad te wees.
Die organisasie is verantwoordelik vir sommige van die mees uitdagende stadskoonmaalprojekte soos die skoonmaakaksie in die sentrale besigheidsdistrik na die stakings en optogte vroeg in Augustus 2019. Ander projekte sluit in ‘n uitreikaksie na die Pretoria-West polisiestasie (26 Januarie 2019), en skoonmaak- en uitreikaksies na Kerkplein (16 Februarie 2019), en Munitoria (02 Maart 2019).
Deelname is oop aan alle wedergebore Christene en jy kan deel word deur een van die Saterdag om 06:00 byeenkomste by die volgende plekke by te woon:
- Dare to Love CBD McDonalds Skinnerstraat
- Dare to Love North McDonalds Kolonade Sentrum
- Dare to Love East McDonalds Atterbury Value Mart
- Dare to Love Centurion McDonalds Jean Crossing
Daar is geen lidmaatskapfooie van toepassing nie, maar ‘n groot hart, ‘n liefde vir Jesus Christus en die begeerte om vir mense te bid is ononderhandelbaar.
DARE TO LOVE (www.daretolove-sa.org)
At 06:00 on a Saturday morning a number of inspired people gather at one of four McDonalds restaurants in the greater Tshwane. They bring themselves, their love, their capacity to hug and share the gospel of Jesus Christ to these meetings – and foodstuffs if they have spare. These are the men and women of Dare to Love, a not-for-profit organisation based on 1 John 4 with the aim to be the hands and feet of Jesus in this city.
This organisation has been responsible for some of the most audacious clean-up projects Pretoria has ever seen, for instance the clean-up action after the strike in the CBD in early August 2019. Other projects include outreaches to the Pretoria West police station (26 January 2019), the area around Church Square (16 February 2019) and Munitoria (02 March 2019).
Participation in the activities are open to all born again Christians and can be done by attending one of their 06:00 Saturday meetings at any one of the following locations:
- Dare to Love CBD McDonalds Skinner Street
- Dare to Love North McDonalds Kolonade Centre
- Dare to Love East McDonalds Atterbury Value Mart
- Dare to Love Centurion McDonalds Jean Crossing
There are no membership fees, but a big heart, a love for Jesus Christ and the desire to pray for people are crucial ingredients.