SING DIE REGTE LIEDJIES
…Ons is mos die tempel van die lewende God. Dit is soos God gesê het: Ek sal onder hulle woon en rondbeweeg, en Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees (2 Korintiërs 6:16).
Sommige Christene sing die verkeerde liedjies omdat hulle God se Woord nie ken nie. Sulke liedjies het in hulle ’n soort ongeloof geskep wat moeilik is om te genees. Die feit dat ’n liedjie ’n mooi wysie het of jou emosioneel laat voel maak dit nie reg nie. Solank dit nie die waarheid van die evangelie oor die nuwe skepsel kommunikeer nie is dit die verkeerde liedjie en as jy dit sing beroof dit jou van jou geloof en maak jou oneffektief in God se werk.
Wanneer ’n gemeente byvoorbeeld sing: “Laat u heerlikheid hierdie huis vul; laat u teenwoordigheid my hart vul…” kom hulle nêrens met so ’n liedjie nie. God reageer nie daarop nie. Dis net jou emosies wat reageer. As jy Hom vra om jou hart te vul met sy teenwoordigheid, wanneer sal Hy dit doen? Dit is ’n Ou Testament versoek. Omdat jy wedergebore is, is jy ’n tempel van die Almagtige God; sy teenwoordigheid vul reeds jou hart! Hy het sy huis in jou gemaak. Jy hoef nie te vra om iets wat jy klaar het nie. Baie mense sing sulke liedjies omdat hulle sy teenwoordigheid wil “voel”; nee! Hy is in jou en jy is in Hom, of jy dit voel of nie.
God se Woord is God. Sodra die woorde van jou liedjie nie met sy waarheid ooreenstem nie is dit jou woorde. Hy sal jou tog seën omdat jy gewaag het om te glo, soos Hy vir Dawid gesê het: “Dis goed dat jy beplan om ’n tempel tot eer van my Naam te bou” (1 Konings 8:18 NLV). Hy het Dawid geseën net omdat Dawid daaraan gedink het om dit te doen. So, wanneer jy Hom met die verkeerde liedjies aanbid sal Hy jou seën omdat jy daaraan gedink het om dit te doen, maar daar is baie groter seëninge in sy Waarheid.
Jy moet verstaan wat God se Woord vir jou gebring het en wanneer jy dit beetkry moet jy dit nie verloor net omdat jy ver of naby aan Hom voel nie. Moet nooit volgens jou gevoelens met Hom omgaan nie; sy Woord is die basis vir jou verhouding met Hom. So sing, preek, bid en leef die Woord uit. Prys die Here!
GEBED
Liewe Vader, dankie dat U my uitgekies het om u wil te ken, my volgemaak het met kennis van u wil in wysheid en geestelike begrip. Ek het insig tot die geheime van die Koninkryk, die oë van my verstand is konstant verlig om U beter te ken en U in Gees en waarheid te aanbid, in Jesus se Naam. Amen.
VERDERE STUDIE:
Johannes 4:23-24; Psalm 82:5-6; Kolossense 1:9
1 JAAR BYBELLEES-PLAN
Matthéüs 4 & Génesis 9-11
2 JAAR BYBELLEES- PLAN
Handelinge 7:1-11 & Nehemia 7-8
Word deel van die wëreld se grootste evangelisasie netwerk:
Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse dagstukkie in die wêreld. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 2,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging!
Wie kan baatvind met die Rhapsody?
- Enigiemand. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Rhapsody te kry vir jouself.
- Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.
- The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke.
- Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.
Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by:
www.rhapsodyofrealities.org
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
SING THE RIGHT SONGS
…for ye are the temple of the living God; as God hath said, I will dwell in them, and walk in them; and I will be their God, and they shall be my people (2 Corinthians 6:16).
Some Christians sing the wrong songs as a result of ignorance of God’s Word. Such songs have created in them a certain kind of unbelief that’s difficult to cure. That a song is melodious or makes you feel emotional doesn’t necessarily make it right. As long as it doesn’t communicate the realities of the Gospel as it applies to the new creation, it’s the wrong song and singing it could rob you of your faith and effectiveness in the things of God.
For example, when a congregation sings, “Let your glory fill this house; let your presence fill my heart….” Such a song doesn’t get anywhere; God doesn’t respond to it. Only your emotions respond. If you ask Him to fill your heart with His presence, when will He answer? That’s an Old Testament request. Being born again, you’re the tabernacle of Almighty God; His presence already fills your heart! He’s made His home in you. You don’t need to ask for what you already have. Many sing such songs, because they want to “feel” His presence; no! He’s in you, and you’re in Him, whether or not you feel it.
God’s Word is God. Once the lyrics of your songs aren’t consistent with His truth, they’re your words. However, He’ll bless you for daring to believe, like He said to David: “…Because it was in your heart to build a temple for my Name, you did well to have this in your heart” (1 Kings 8:18 NIV). He blessed David for thinking about it at all. So, when you worship with the wrong songs, He’ll bless you for thinking about it, but there’re much greater blessings in His Truth.
You need to understand what the Word of God has brought you, and when you get a hold of it, don’t lose it because of your feelings; simply because you feel far or near. Never relate to Him or sing to Him according to your feelings; His Word is the basis for our relationship with Him. Therefore, sing, preach, pray and live the Word. Praise God!
PRAYER
Dear Father, thank you for choosing me to know your will, filling me with the knowledge of your will in all wisdom and spiritual understanding. I have insight into mysteries and secrets of the Kingdom; the eyes of my understanding are constantly enlightened to know you more and worship you in Spirit and in truth, in Jesus’ Name. Amen.
FURTHER STUDY:
John 4:23-24; Psalm 82:5-6; Colossians 1:9
1-YEAR BIBLE READING PLAN
Matthew 4 & Genesis 9-11
2-YEAR BIBLE READING PLAN
Acts 7:1-11 & Nehemiah 7-8
Become part of the world’s biggest evangelism network:
Start supporting the world’s biggest daily devotional. Become a partner of the distribution network of one of the biggest evangelism movements on earth today with Pastor Chris Oyakhilome. The Rhapsody is printed and distributed monthly and is translated monthly in more than 2,000 languages! Since the inception of the devotional has more than 1,000,000,000 (yes: you have read right: 1 BILLION) copies printed and digital, been distributed! Few people in South Africa know it – spread the word! The Rhapsody is currently being distributed in every known territory known to man. Be part of the world wide movement!
Who can benefit from the Rhapsody?
- Anyone really. If you just want to enjoy the world’s biggest daily devotional and pray the same prayer out loud with millions of Christians all over the world in unity of spirit, you are welcome to get the Rhapsody for yourself.
- However the printed Rhapsody is a great evangelism tool and also a conversation starter that can help yourself (as well as big evangelism groups) to reach other people more effectively.
- The Rhapsody is great for Pastors of churches that don’t have their own daily devotional but want their church to have one and build the church to maturity. As proven over many years, used by Pastors and leaders all over the world, the Rhapsody is always full of rich content and ideas for any sermon.
- Furthermore, you might not be able to go to a far away foreign country yourself in order to reach people with the Gospel. You can now however partner with Rhapsody of Realities and send devotionals to any country in the world you choose. Someone will distribute it there on your behalf and its an ideal way to reach the nations, even from home.
Get involved and get your personal copy of the Rhapsody at:
www.rhapsodyofrealities.org
Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”
Visitors enjoying this article with you:
Visitors online – 1129:
Users – 3
Guests – 1126
Advertise here:
Recent Posts
- The Antichrist rule raises head with Corona pandemic -What you should know
- The One World Governments plans
- Dit maak nie meer sin om kriminele uit die tronk vry te laat terwyl onskuldige landsburgers in hegtenis geneem word met drakoniese corona wette nie VIDEO|
It doesn’t make sense to let prisoners free from jail while innocent citizens are jailed with draconian corona laws – WATCH - Corona Vaccine Deaths now exceeding 8,000
- Call to prayer on 8 May as the new National Day of Ancestor Worship: “Ancestor’s Day” is inaugurated – Dr Arthur Frost