NuusNews Rhapsody 2020 1 8

BELOFTES MET VOORSIENING

Deur hierdie selfde krag het Hy sy kosbaarste en allergrootste beloftes vir ons laat waar word. Die gevolg hiervan is dat julle deel gekry het aan sy Goddelike natuur. Só het julle vrygekom van die proses van agteruitgang wat, as gevolg van die neigings van ons menslike natuur, oral alles en almal laat sleg word (2 Petrus 1:4).

“Beloftes” soos gebruik hierbo, is nie die gewone definisie soos in ’n verbale of geskrewe verbintenis of onderneming om iets te doen nie. Dis nie dieselfde as om byvoorbeeld vir ’n vriend te sê: “Ek sal more vir jou R200,000 gee” nie. Gestel môre kom en jy kan om een of ander rede nie daardie belofte nakom nie, sal jy nie in die moeilikheid beland met die gereg nie, al het jy ook jou woord vir daardie vriend gegee.

Maar as jy die tjek vir R200,000 aan hom uitgemaak het, met vandag se datum, hoef hy dit net bank toe te vat en hulle is verplig om hom uit te betaal. In hierdie geval het jy hom iets meer as ’n belofte gegee. As die tjek wat jy aan hom uitgemaak het waardeloos is, word dit ’n oortreding wat strafbaar is onder die wet. Want, toe jy die tjek uitgemaak het, het jy ’n instruksie gegee aan ’n finansiële instansie om geld te betaal wat jy nie het nie. Daarom moet hierdie belofte ondersteun word deur beskikbare fondse.

Dit is die tipe belofte waarna die apostel Paul verwys het. Hulle is nie “beloftes” vir die toekoms wat wag om vervul te word nie, nee! Hulle is van so ’n aard dat die een wat dit belowe het aanspreeklik gehou kan word as enigiets verkeerd gaan. Hulle is beloftes wat reeds deur voorsiening gesteun is en wag vir jou om hulle te gebruik! Dit is waarom goddelike gesondheid, voorspoed, die lewe van oorwinning, heerskappy en heerlikheid in Christus en al die seëninge van die evangelie nie “beloftes” is waaroor jy hoef te bid, of voor moet wag om waar te word in jou lewe nie. Hulle is eerder teenwoordige realiteite, beskikbaar aan jou om te “onttrek” en geniet in die “NOU” van jou lewe.

Moet nooit sê: “Ek is siek”, “Ek is platsak”, “Ek is swak” of “Ek is bang” nie; dit is teenstrydig met die God-lewe en jou God-natuur om so te praat. Praat die God-taal, want jy behoort aan ’n hemelse godedom wat goddelike realiteite spreek. Word meer bewus daarvan dat jy in God se lewensryk gebore is, met sy natuur en karakter in jou gees en dat jy in lewensbelangrike eenheid – ’n onskeibare eenheid met Hom is. Eer aan sy Naam tot in ewigheid!

GEBED

Liewe Vader, dankie dat U my ’n deelgenoot van die God-soort gemaak het. Ek koester hierdie heerlike eenheid en lei die triomfantlike, oorwinnings, suksesvolle en heerlike lewe in Christus, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

2 Korinthiërs 1:20; 2 Korinthiërs 7:1

1 JAAR BYBELLEES-PLAN

Matthéüs 6:19-7:1-6 & Génesis 20-22

2 JAAR BYBELLEES- PLAN

Handelinge 7:43-53 & Nehemia 12

Word deel van die wëreld se grootste evangelisasie netwerk:

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse dagstukkie in die wêreld. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by: 

www.rhapsodyofrealities.org

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

NuusNews Rhapsody 2020 1 8

PROMISES BACKED WITH SUPPLY

Whereby are given unto us exceeding great and precious promises: that by these ye might be partakers of the divine nature, having escaped the corruption that is in the world through lust (2 Peter 1:4).


“Promises,” as used in the verse above is different from its generic definition as a verbal or written commitment or an undertaking to do something. It’s not the same as telling a friend, for example, “I’m going to give you $200,000 tomorrow.” In such a case, if, come tomorrow, you couldn’t fulfil that promise for whatever reason, you may not be in any trouble with the Law, even though you had given your word to that friend.

On the other hand, if you issued him a cheque of $200,000, dated today, all he’d need would be to present it before the bank, who is under obligation to pay him. In this case, you gave him something much more than a promise. If the cheque you issued him was a dud or worthless cheque, that becomes an offence, punishable by Law. This is because by issuing the cheque, you instructed a financial institution to pay money which you didn’t own. Therefore, this promise must be backed by available funds.

That’s the type of promise the Apostle Peter was referring to. They aren’t “promises” for the future, waiting to be fulfilled; no! They’re such that the one who promised can be held liable should anything go wrong. They are promises backed already with the supply, waiting for you to cash them! This is the reason divine health, prosperity, the life of victory, dominion and glory in Christ, and all the blessings of the Gospel aren’t “promises” that you should be praying for or expecting to come to pass in your life. Rather, they are present-hour realities, available to you to “cash” and enjoy in the NOW of your life.


Never say, “I’m sick,” “I’m broke,” “I’m weak,” or “I’m afraid”; it’s contrary to the God-life and your God-nature to talk like that. Speak the God-language, because you belong to a heavenly pantheon that speaks divine realities. Become more conscious that you were born into God’s realm of life, with His nature and character in your spirit, and that you’re in a vital union—an inseparable oneness with Him. Glory to His Name forever!


PRAYER

Dear Father, I thank you for making me an associate of the God-kind. I bask in this glorious union, living the triumphant, victorious, successful and glorious life in Christ, in Jesus’ Name. Amen.

FURTHER STUDY:

2 Corinthians 1:20 AMPC; 2 Corinthians 7:1 AMPC

1-YEAR BIBLE READING PLAN

Matthew 6:19-7:1-6 & Genesis 20-22

2-YEAR BIBLE READING PLAN

Acts 7:43-53 & Nehemiah 12

Become part of the world’s biggest evangelism network:

Start supporting the world’s biggest daily devotional. Become a partner of the distribution network of one of the biggest evangelism movements on earth today with Pastor Chris Oyakhilome. The Rhapsody is printed and distributed monthly and is translated monthly in more than 1,000 languages! Since the inception of the devotional has more than 1,000,000,000 (yes: you have read right: 1 BILLION) copies printed and digital, been distributed! Few people in South Africa know it – spread the word! The Rhapsody is currently being distributed in every known territory known to man. Be part of the world wide movement! 

Who can benefit from the Rhapsody?

  • Anyone really. If you just want to enjoy the world’s biggest daily devotional and pray the same prayer out loud with millions of Christians all over the world in unity of spirit, you are welcome to get the Rhapsody for yourself.
  • However the printed Rhapsody is a great evangelism tool and also a conversation starter that can help yourself (as well as big evangelism groups) to reach other people more effectively.
  • The Rhapsody is great for Pastors of churches that don’t have their own daily devotional but want their church to have one and build the church to maturity. As proven over many years, used by Pastors and leaders all over the world, the Rhapsody is always full of  rich content and ideas for any sermon.
  • Furthermore, you might not be able to go to a far away foreign country yourself in order to reach people with the Gospel. You can now however partner with Rhapsody of Realities and send devotionals to any country in the world you choose. Someone will distribute it there on your behalf and its an ideal way to reach the nations, even from home.

Get involved and get your personal copy of the Rhapsody at:

www.rhapsodyofrealities.org

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Slider

Laat gerus jou opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody:
-
Feel free to leave your uplifting comment on today's Rhapsody below:

2 Comments

  1. Wat ‘n openbaring! Ek hoef nie taal van die wêreld te praat nie, ek kan God se taal praat! My woorde verander van vandag af.

  2. Praise God! I’m living the triumphant, victorious, successful and glorious life in Christ!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *