Nuus News Affies 100 jaar years

Affies Hoërskool het op 28 Januarie hulle 100ste bestaansjaar gevier | Affies High School has celebrated their 100th anniversary on 28 January

AFFIES HOËRSKOOL
EEUFEES

Die Afrikaans Hogere Skool het hul deure geopen op 28 Januarie 1920, in the woonhuis van Generaal PJ Joubert. Visagiestraat 218, Pretoria.

Dit was daardie jare beskou as ‘n rebelse skool want dit was die Eerste Afrikaans Sprekende Hoërskool. Afrikaans was nog nie ‘n offisiële taal in Suid Afrika nie. Die skool het sy deure geopen vir seuns en dogters.

2020 Is die jaar waarin die skool ‘n 100 jaar oud word – hulle kyk terug oor baie, baie jare waarin die skool van ‘n nederige begin tot ‘n skool waarmee daar op alle vlakke in die samelewing mee rekening gehou word gegroei het.

Interessante feit van die begin jare vir die skool, is dat 3 personeellede onderrig verskaf het aan 44 leerders! Vandag het Afrikaans Seuns (Affies), ‘n rekordgetal van 1385 seuns, en hulle kyk met dankbaarheid, terug op ‘n eeu van genade.

Louis Schmidt, Pierre EdwardsWynand OlivierFourie du PreezPierre SpiesDean GreylingAB de VilliersFrancois (Faf) du Plessis en Jacques Rudolph, om maar net ‘n paar bekende name te noem van leerders wat Afrikaans Hoër Seunskool hul tuiste genoem het en Afrikaans Hoër Meisieskool name soos, Brumilda van Rensburg, Sandra PrinslooVanes-Mari Du Toit (netball player), Helena Barnard en Susan Marx.

Afrikaans Hoër Meisieskool het hulle dankbaarheid uitgedruk vir al die seëninge wat die skool deur die jare verryk het. Hul beaam wat hul broers oorkant die straat sê: “Affies is nie net ‘n skool nie – dis ‘n leefwyse.” “‘n Mens spandeer nie tyd by die skool en gaan onaangeraak weg nie” word deur elke Affie lid deur die jare gesê.

Video link van Viering:
https://www.facebook.com/219963228155963/videos/185095702867238/

Affies se 100 jaar feesvieringe het begin met ‘n dankdiens in die Oos-Kerk. Minister Angie Motshekga was ook teenwoordig by die feesvieringe. Sy was ‘n inspirerende spreker en het vir die leerders gesê dat haar “filosofie as ‘n Minister is dat ‘n skool nie bloot ‘n plek van leer is nie, maar ook ‘n geleentheid moet wees om verantwoordelike burgers en dinamiese toekomstige leiers te vorm.” Sy het ook gesê dat as jy ‘n dogter opvoed, voed jy ‘n nasie op.

As deel van Affies se 100 Jaar Viering het ‘n Groep van 18 oud-Affies Kilimanjaro uitgeklim. Die Kilimanjaro-groep het 21 Januarie 2020, die oggend om 2:00 na Kenia vertrek om die piek op 28 Januarie te bereik.

Die Kilimanjaro-projek kan gevolg word op Facebook, Instagram of op Affies webwerf, www.affie100.co.za.

Bron: Facebook

AFFIES HIGH SCHOOL
CENTENERY CELEBRATION

The Afrikaans Hogere Skool (Afrikaans High School) opened their doors on 28 January 1920, in the home of General PJ Joubert, Visagie Street 218 Pretoria.

It was seen in those years as a rebel school because it was the first Afrikaans speaking high school. Afrikaans was at the time not yet recognised as an official language of South Africa. The school opened its doors for boys and girls.

2020 Is the year in which the school turned 100 years old and one can look back over many, many years in which the school humbly began and grew to a school that is reckoned with on all levels of society.

An interesting fact from the schools history is that it started with 3 personnel teaching 44 learners! Today Afrikaans Seuns (Affies) has 1385 boys and they look back at a century of grace.

Louis Schmidt, Pierre Edwards, Wynand Olivier, Fourie du Preez, Pierre Spies, Dean Greyling, AB de Villiers, Francois (Faf) du Plessis en Jacques Rudolph, is but a few names that called “Afrikaans  Hoër Seunskool” their home, and  “Afrikaans Hoër Meisieskool” names like, Brumilda van Rensburg, Sandra Prinsloo, Vanes-Mari Du Toit (netball player), Helena Barnard en Susan Marx.

“Afrikaans Hoër Meisieskool” is quoted to be especially thankful for all the blessings that have enriched the school over the years. They agree with what their brothers across the street says: that Affies is not just a school – it is a lifestyle. Affie students commonly say that someone do not spend time at the school and then disappear untouched from it.

Video link of the celebration: https://www.facebook.com/219963228155963/videos/185095702867238/

Affies 100 years celebration opened with a thanksgiving service in the Oos-Kerk. Minister Angie Motshekga was also at the celebrations. She was giving an inspiring message to the pupils and said that her philosophy as a Minister is that a school should not merely be a place of study, but also an opportunity to form responsible citizens and dynamic future leaders. She also said that you educate a nation when you educate a girl.

As part of the Affies’ 100 year celebration, a group of 18 Affies alumni climbed Kilimanjaro. The Kilimanjaro group travelled at 2am on 21 January 2020 to Kenya to summit the peak on 28 January.

The Kilimanjaro project can be followed on Facebook, Instagram or on the Affies website,  www.affie100.co.za

Source: Facebook

Affies Minister Angie Motsheka
Affies Kilimanjaro

1 Comment

  1. Sjoe! Dis ‘n groot mylpaal om te haal vir enige skool. Dankie vir die Goeie Nuus wat altyd met ons gedeel word Nuus.News.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *