NuusNews Rhapsody 2020 1 7

DIE ONOORWINBARE LEWE

Ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle met die wete kan leef dat julle nou reeds deel het aan die ewige lewe, julle wat aanhou glo in die persoon van die Seun van God (1 Johannes 5:13).

Die geskiedenis van die kerk vertel ons hoe Johannes, die skrywer van ons temavers, geweldige vervolging verduur het weens sy geloof. Hy is gevange geneem en in ’n reuse pot kokende olie gegooi om hom lewendig te braai. Hulle het die vuur aangesteek terwyl hy binne-in was, maar iets merkwaardig het gebeur, die olie het uitgebrand en tog was Johannes steeds daar lewendig en ongedeerd.

Sy vervolgers, kon nie verstaan hoe enige iemand so ’n grusame beproewing kon oorleef nie en het tot die slotsom gekom dat sy lewe werklik goddelik was en daarom het hy die naam “Sint Johannes die Goddelike” gekry. Hy is later in ballingskap na Patmos, ’n Griekse eiland, verban waar hy die boek van Openbaring geskryf het.

Wat het hierdie apostel onoorwinbaar gemaak ten spyte van grusame behandeling? Hy het die ewige lewe gehad waaroor hy geskryf en die Kerk van bewus gemaak het, soos ons in die temavers lees. Hy het gesê: “Ek wil hê dat julle moet weet dat julle die ewige lewe het.” Die woord “weet” is vertaal vanuit die Grieks “eido” en dit beteken om waar te neem, of bewus te word; kennis met bewustheid.

Johannes het ’n vlak van bewustheid van die ewige lewe, die grondbeginsel van goddelikheid, wat in hom gewerk het bereik. Dieselfde lewe van absolute oorwinning, heerlikheid, geregtigheid en heerskappy in Christus het jou menslike lewe vervang en jou onvernietigbaar gemaak! Word ten volle oortuig van hierdie waarheid. Moenie net daaroor preek, sing en dans nie; laat dit nou ’n bewustheid in jou gees wees dat jy ’n goddelike wese is en nie bloot ’n mens nie. Jy is in die goddelike klas; ’n deelgenoot van die goddelike natuur. Geseënd is God!

GEBED

Liewe Vader, dankie vir die impak van die goddelike lewe in my gees, siel en liggaam. Hierdie goddelike lewe vloei deur my wese en vernietig en verwerp siektes, kwale, krankhede, die dood, armoede en enigiets wat nie met Christus se evangelie saamstem nie. Ek is onoorwinbaar, onvernietigbaar en ondeurdringbaar, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

1 Johannes 5:11-12; Johannes 10:10; Romeine 8:11

1 JAAR BYBELLEES-PLAN

Matthéüs 6:1-18 & Génesis 18-19

2 JAAR BYBELLEES- PLAN

Handelinge 7:33-42 & Nehemia 11

Word deel van die wëreld se grootste evangelisasie netwerk:

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse dagstukkie in die wêreld. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by: 

www.rhapsodyofrealities.org

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

NuusNews Rhapsody 2020 1 7

THE INVINCIBLE LIFE

I write these things to you who believe in the name of the Son of God so that you may know that you have eternal life (1 John 5:13 NIV).


Church history tells us how John, the writer of our theme scripture, faced intense persecution due to his faith. He was captured and plunged into a large vessel of boiling oil with the intention of frying him alive. They lit the fire while he was inside, but something remarkable happened: the oil burnt out, but John was still there; alive and unscathed.


His persecutors, who couldn’t fathom how anyone could survive such a gruesome ordeal, concluded that his life was indeed divine, and for that reason, he earned the appellation, “Saint John the Divine.” He was later banished into exile in Patmos, a Greek island, where he wrote the Book of Revelation.

What made this apostle, in spite of that horrific treatment, invincible? He had eternal life, which he wrote about and admonished the Church to be conscious of, as read in our theme scripture. He said, “I want you to know that you have eternal life.” The word, “know” is translated from the Greek “eido,” and it means to observe or become aware; knowledge with awareness.

John came to a level of awareness that eternal life, the very essence of divinity, was at work in him. That same life of absolute victory, glory, righteousness, and dominion in Christ supplanted your human life, making you indestructible! Become fully persuaded of this truth. Don’t just preach, sing and dance about it; let it be a present-hour consciousness in your spirit that you’re a divine being, not a mere human. You’re in the divine class; an associate of the God-kind. Blessed be God!


PRAYER

Dear Father, I thank you for the impact of your divine life in my spirit, soul and body. This divine life surges through my being, destroying and repelling sickness, disease, infirmity, death, poverty, and everything that’s inconsistent with the provisions of the Gospel of Christ. I’m invincible, indestructible and impregnable, in Jesus’ Name. Amen.

FURTHER STUDY:

1 John 5:11-12; John 10:10 AMPC; Romans 8:11

1-YEAR BIBLE READING PLAN

Matthew 6:1-18 & Genesis 18-19

2-YEAR BIBLE READING PLAN

Acts 7:33-42 & Nehemiah 11

Become part of the world’s biggest evangelism network:

Start supporting the world’s biggest daily devotional. Become a partner of the distribution network of one of the biggest evangelism movements on earth today with Pastor Chris Oyakhilome. The Rhapsody is printed and distributed monthly and is translated monthly in more than 1,000 languages! Since the inception of the devotional has more than 1,000,000,000 (yes: you have read right: 1 BILLION) copies printed and digital, been distributed! Few people in South Africa know it – spread the word! The Rhapsody is currently being distributed in every known territory known to man. Be part of the world wide movement! 

Who can benefit from the Rhapsody?

  • Anyone really. If you just want to enjoy the world’s biggest daily devotional and pray the same prayer out loud with millions of Christians all over the world in unity of spirit, you are welcome to get the Rhapsody for yourself.
  • However the printed Rhapsody is a great evangelism tool and also a conversation starter that can help yourself (as well as big evangelism groups) to reach other people more effectively.
  • The Rhapsody is great for Pastors of churches that don’t have their own daily devotional but want their church to have one and build the church to maturity. As proven over many years, used by Pastors and leaders all over the world, the Rhapsody is always full of  rich content and ideas for any sermon.
  • Furthermore, you might not be able to go to a far away foreign country yourself in order to reach people with the Gospel. You can now however partner with Rhapsody of Realities and send devotionals to any country in the world you choose. Someone will distribute it there on your behalf and its an ideal way to reach the nations, even from home.

Get involved and get your personal copy of the Rhapsody at:

www.rhapsodyofrealities.org

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Slider

Laat gerus jou opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody:
-
Feel free to leave your uplifting comment on today's Rhapsody below:

1 Comment

  1. Dis wonderlik om te weet ons het die onoorwinlike lewe in ons en dat dit elke vorm van siekte en dood wegstoot van ons af! Met Christus se lewe in ons, hoe kan ons verloor? Prys die Here vir ewig!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *