NuusNews Rhapsody 2020 1 11

DOEN SY WERK

Toe Hy wegraak en hulle nog stip die hemelruim inkyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. Die twee mans sê toe: Galilese manne, waarom staan julle na die hemel en kyk? Jesus is van julle af weggeneem die hemel in. Hy sal egter nét so terugkom soos julle Hom die hemel sien ingaan het! (Handelinge 1:10-11).

Die Meester se wederkoms is seker en nader as ooit. Daarom moet ons ons besig hou met sy werk. Laat jou passie vir die uitbreiding van sy Koninkryk jou verteer. Strewe veral die heerskappy en bewind van sy koninkryk op aarde in die harte van mense na. Wanneer Hy kom, moet ons besig wees om te doen wat Hy gesê het ons moet doen. In Johannes 14:15 het Hy gesê: “As julle My liefhet, sal julle my opdragte gehoorsaam.”

Hy het ons die gesag gegee en ons opdrag gegee om die evangelie na die uithoeke van die aarde te neem. Vergroot dus jou visie en vermeerder jou passie om die evangelie te verkondig en ander gereed te maak vir die terugkeer van die Meester. Sommige mense vra, hoe gou kom Hy terug? Is dit ’n kwessie van dae, weke, maande of jare? Hulle wil voorbereid wees en hulself skoonkry voordat Hy kom. Die tyd moenie saak maak nie, solank jy in verhouding is met Hom en leef in die lig van sy Woord en jou verlossing, sal jy seker wees van sy wederkoms.

Wat ’n vreugdevolle dag sal dit nie wees wanneer die Meester opdaag nie! Die Bybel sê: “Dit sal dadelik, ja, in ’n oogwink gebeur, wanneer die laaste trompet weerklink. Want as die trompet sy klank laat hoor, sal die dooies met onverganklike liggame opgewek word. En dan sal ons ook verander word” (1 Korintiërs 15:52). Daar sal mense wees wat na ons soek en sê dat dit nie waar kan wees nie. Sommige sal huil en treur dat hulle die wegraping misgeloop het. Maar goddank ons het almal nog die geleentheid om die nodige te doen en onsself gereed te kry vir daardie heerlike dag. Hou aan om die Here met jou hele hart lief te hê, siele te wen en in liefde te wandel. Halleluja!

GEBED

Regverdige Vader, wat ’n groot en glorieryke God is U nie! Watter vreugde om die heerlike wederkoms van Christus te verwag! Al my energie en my passie is daarop gefokus om u wil te doen en om die ongeregtige uit die duisternis na die lig te bring en van die mag van die Satan na God, om hulle burgers te maak van u ewige Koninkryk, waar die ewige lewe regeer, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Lukas 12:37-38; 2 Timótheüs 4:7-8; Matthéüs 28:19-20

1 JAAR BYBELLEES-PLAN

Matthéüs 8:28-9:1-17 & Génesis 27-28

2 JAAR BYBELLEES- PLAN

Handelinge 8:14-25 & Ester 3-4

NuusNews Rhapsody share
Word deel van die wêreld se grootste evangelisasie netwerk:

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NuusNews Rhapsody 2020 1 11

BE ABOUT HIS BUSINESS

…while they looked stedfastly toward heaven as he went up, behold, two men stood by them in white apparel; Which also said, Ye men of Galilee, why stand ye gazing up into heaven? this same Jesus, which is taken up from you into heaven, shall so come in like manner as ye have seen him go into heaven (Acts 1:10-11).

The Master’s return is for sure, and closer than ever. For that reason, we must be about His business. Become consumed with the pursuit of the expansion of His Kingdom. Seek, above all, the rule and reign of His Kingdom in the earth and in the hearts of men. He needs to find us busy, doing what He told us to do. In John 14:15, He said, “If ye love me, keep my commandments.”

He’s given us the authority, and commissioned us to take the Gospel to the ends of the earth. So, enlarge your vision and increase your passion to make the Gospel known, getting others ready for the Master’s return. Some are asking how soon He’s coming back. Is it a matter of days, weeks, months or years so they can prepare and keep themselves clean before He comes. The time shouldn’t matter, as long as you’re in fellowship with Him. Walking in the light of His Word and of your salvation, you’ll be confident of His return.


What a day of rejoicing it’ll be when the Master shows up! The Bible says “In a moment, in the twinkling of an eye, at the last trump: for the trumpet shall sound, and the dead shall be raised incorruptible, and we shall be changed” (1 Corinthians 15:52). There’ll be those looking for us, saying it can’t be real. Some would be wailing, bemoaning how they missed the rapture. But thanks be unto God! We all still have the opportunity to do the needful and make ourselves ready for that glorious day. Keep loving the Lord with all your heart, winning souls and walking in love. Hallelujah!


PRAYER

Righteous Father, what a great and glorious God you are! And what joy to anticipate Christ’s glorious return! All my energies and passion are focused on doing your will and turning the unrighteous from darkness to light, and from the power of Satan unto God, making them citizens of your eternal Kingdom, where eternal life reigns, in Jesus’ Name. Amen.


FURTHER STUDY:

Luke 12:37-38 NLT; 2 Timothy 4:7-8; Matthew 28:19-20

1-YEAR BIBLE READING PLAN

Matthew 8:28-9:1-17 & Genesis 27-28

2-YEAR BIBLE READING PLAN

Acts 8:14-25 & Esther 3-4

NuusNews Rhapsody share2
Become part of the world's biggest evangelism network:

Start supporting the world’s biggest daily devotional, the Rhapsody of Realities. Become a partner of the distribution network of one of the biggest evangelism movements on earth today with Pastor Chris Oyakhilome. The Rhapsody is printed and distributed monthly and is translated monthly in more than 1,000 languages! Since the inception of the devotional has more than 1,000,000,000 (yes: you have read right: 1 BILLION) copies printed and digital, been distributed! Few people in South Africa know it – spread the word! The Rhapsody is currently being distributed in every known territory known to man. Be part of the world wide movement! 


Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Who can benefit from the Rhapsody?

  • Anyone really. If you just want to enjoy the world’s biggest daily devotional and pray the same prayer out loud with millions of Christians all over the world in unity of spirit, you are welcome to get the Rhapsody for yourself.
  • However the printed Rhapsody is a great evangelism tool and also a conversation starter that can help yourself (as well as big evangelism groups) to reach other people more effectively.
  • The Rhapsody is great for Pastors of churches that don’t have their own daily devotional but want their church to have one and build the church to maturity. As proven over many years, used by Pastors and leaders all over the world, the Rhapsody is always full of  rich content and ideas for any sermon.
  • Furthermore, you might not be able to go to a far away foreign country yourself in order to reach people with the Gospel. You can now however partner with Rhapsody of Realities and send devotionals to any country in the world you choose. Someone will distribute it there on your behalf and its an ideal way to reach the nations, even from home.

Get involved and get your personal copy of the Rhapsody at:

www.rhapsodyofrealities.org

Slider

Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below:

1 Comment

  1. Prys die Here!
    Al my energie en my passie is gefokus om die Here se wil te doen, ons is gered om siele te wen vir Sy Koninkryk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *