NuusNews Rhapsody 2020 1 2

HY GLO IN JOU

…Ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe (Efesiërs 2:10).

As jy in ’n stelsel glo sal jy dit bou. So, as jy in mense glo sal jy hulle opbou en dit is wat Christus in ons doen. Hy glo in ons, daarom bou Hy ons op met sy Woord. Hy vertrou ons en glo in ons, want ons is sy Kerk; sy handewerk. Dit is wat ons hierbo gelees het.


Die wêreld glo dalk nie in jou nie, of verwag niks goeds van jou nie, maar God wel. Dit is waarom Hy jou geroep het om in hierdie heerlike verhouding met Hom te wees. Jou waarde vir Hom is Jesus Christus; jy is net so waardevol vir God soos Jesus is en dit is die prys wat Hy vir jou verlossing betaal het.

Weier om jouself te sien soos die wêreld jou sien. Al wat saak maak is wat jou Skepper van jou dink. Hy sien jou op jou beste, so leef jou beste lewe; wees die beste vir Hom! Hy het gesien wat jy sou word as Hy sy lewe vir jou sou gee, as Hy jou plek van sonde sou inneem en jou sy geregtigheid sou gee. Hy het gesien dat sy geregtigheid deur jou sou vermeerder en in mense se harte gevestig sou word.


Hebreërs 12:2 sê dat Hy die kruis verduur en dat die skande Hom nie afgeskrik het nie, oor die blydskap—die heerlikheid—wat op Hom gewag het. Jy is daardie blydskap, die heerlikheid wat Hy gesien het. Hy het geglo dat Hy, deur jou, sy doel sou bereik om van mense kinders van God te maak, hulle een met Hom te maak. Die Bybel sê dat jy sy nasaat is en dat jy sy dae verleng. Jy is sy droom bewaarheid. Hy glo volkome in jou. Halleluja!

GEBED

Liewe hemelse Vader, dankie vir my wonderlike lewe in Christus. Die wêreld kan u genade en skoonheid in my sien. Ek is gebore om u heerlikheid en geregtigheid op aarde te betoon. Deur my heers u Koninkryk en brei dit uit in mense se harte, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Jeremia 29:11; Jakobus 1:18

1 JAAR BYBELLEES-PLAN

Matthéüs 2 & Génesis 3-5

2 JAAR BYBELLEES- PLAN

Handelinge 6:1-8 & Nehemia 4-5

Word deel van die wëreld se grootste evangelisasie netwerk:

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse dagstukkie in die wêreld. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie is reeds meer as 1,00,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by: 

www.rhapsodyofrealities.org

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

NuusNews Rhapsody 2020 1 2

HE BELIEVES IN YOU

For we are his workmanship, created in Christ Jesus unto good works, which God hath before ordained that we should walk in them (Ephesians 2:10).

If you have faith in a system, you’ll build it. Likewise, if you have faith in a people, you’ll build them; and that’s what Christ is doing with us. He has faith in us; so He builds us through His Word. He trusts us, and believes in us, because we’re His Church; His workmanship. That’s what we read in our opening verse.

The world may not believe in you or expect any good thing from you, but God does. That’s the reason He called you into this glorious fellowship with Himself. Your value to Him is Jesus Christ; you’re as valuable to God as Jesus is, and that’s the price He paid for your salvation.

Therefore, refuse to limit yourself to the world’s perception of you. What your creator thinks of you is all that matters. He sees you at your best; therefore, live your best; be the best of you for Him in your world! He saw what you would become if He gave His life in your place, if He took your place of sin and gave you His righteousness. He saw that through you, His righteousness would multiply and be established in the earth and in the hearts of men.

Hebrews 12:2 says because of the joy—the glory that was set before Him—the Lord Jesus endured the Cross, despising the shame. You’re that joy, the glory that He saw. He had faith that through you, His purpose to make men sons of God, bringing them into oneness with Himself, would be fulfilled. The Bible says you’re His seed, prolonging His days. You’re His dream come true. He absolutely believes in you. Hallelujah!

PRAYER

Dear heavenly Father, I thank you for my wonderful life in Christ. Your grace and beauty are evidently manifested in and through me to my world. I was born to manifest your glory and righteousness; through me, your Kingdom reigns and expands in the earth and in the hearts of men, in Jesus’ Name. Amen.

FURTHER STUDY:

Jeremiah 29:11; James 1:18 NLT

1-YEAR BIBLE READING PLAN

Matthew 2 & Genesis 3-5

2-YEAR BIBLE READING PLAN

Acts 6:1-8 & Nehemiah 4-5

Become part of the world’s biggest evangelism network:

Start supporting the world’s biggest daily devotional. Become a partner of the distribution network of one of the biggest evangelism movements on earth today with Pastor Chris Oyakhilome. The Rhapsody is printed and distributed monthly and is translated monthly in more than 1,000 languages! Since the inception of the devotional has more than 1,00,000,000 (yes: you have read right: 1 BILLION) copies printed and digital, been distributed! Few people in South Africa know it – spread the word! The Rhapsody is currently being distributed in every known territory known to man. Be part of the world wide movement! 

Who can benefit from the Rhapsody?

  • Anyone really. If you just want to enjoy the world’s biggest daily devotional and pray the same prayer out loud with millions of Christians all over the world in unity of spirit, you are welcome to get the Rhapsody for yourself.
  • However the printed Rhapsody is a great evangelism tool and also a conversation starter that can help yourself (as well as big evangelism groups) to reach other people more effectively.
  • The Rhapsody is great for Pastors of churches that don’t have their own daily devotional but want their church to have one and build the church to maturity. As proven over many years, used by Pastors and leaders all over the world, the Rhapsody is always full of  rich content and ideas for any sermon.
  • Furthermore, you might not be able to go to a far away foreign country yourself in order to reach people with the Gospel. You can now however partner with Rhapsody of Realities and send devotionals to any country in the world you choose. Someone will distribute it there on your behalf and its an ideal way to reach the nations, even from home.

Get involved and get your personal copy of the Rhapsody at:

www.rhapsodyofrealities.org

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Slider

Laat gerus jou opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody:
-
Feel free to leave your uplifting comment on today's Rhapsody below:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *