NuusNews Rhapsody 2020 1 6

SIEN GENADE RAAK EN VIER DIT

God is egter besig om ons steeds meer genade te gee om aan Hom getrou te wees. Daarom sê die Skrif: “God weerstaan hoogmoedige mense, maar aan nederige mense gee Hy genade (Jakobus 4:6).

Wanneer God jou bevorder, vermeerder Hy die genade oor jou lewe. Met daardie groter genade kan jy veel meer doen. Genade gee jou groter vermoë en maak deure oop vir jou. Iets wat baie belangrik is van genade, wat jy moet weet, is dat dit raakgesien moet word.

Jy het dalk opgelet dat die naam “Grace” meestal aan dames behoort. Dit verduidelik iets oor genade: dit is soos ’n dame; iets aanloklik. ’n Mooi dame hou daarvan om waardeer te word; sy trek mooi klere aan omdat sy daarvan hou om raakgesien te word. Dit is eintlik hoe genade is. As jy nie die genade raaksien nie, sal dit wegkrimp; dit sal onttrek en ophou funksioneer.

Dis deels waarom sommige Christene nie die openbaring van genade in hul lewens sien soos hulle moet nie. Leer om genade te vier. Maak ’n punt daarvan om te erken dat jy vol genade is en elke dag oral omring is met goddelike guns. Jy sal verbaas wees oor die toename in seëninge en openbarings van die Gees wat jy in jou lewe sal ervaar.

Onthou, die Heilige Gees word die Gees van genade genoem, wanneer jy dus genade vier, vier jy Hom. Daarom sal Hy Homself – sy skoonheid en heerlikheid – aanhou toon in jou lewe. Skielik sal jy vind dat jy gekies en geroep word vir werk, seëninge, bevordering en posisies waarvoor jy nie eers kwalifiseer nie. Selfs mense wat sê dat hulle nie van jou hou nie, sal goeie goed vir jou doen. Dit is die krag van genade.

God se genade is selfs nou groter in jou lewe, dit openbaar sy heerlikheid in alles wat jy doen en bring jou na die volgende vlak van grootheid en bevordering. Ontvang dit. Verheerlik dit. Bevestig dit. Eer aan God!

GEBED

Liewe Hemelse Vader, dankie vir die uitwerking van u genade in my lewe wat my laat groei en die skoonheid, karakter en seëninge van u Gees openbaar. Ek erken daardie bonatuurlik oorvloedige genade oor my lewe wat lei tot guns, bevordering, vermeerdering, voordeel en ontelbare seëninge, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

2 Petrus 1:2; Johannes 1:16; 2 Korinthiërs 9:8

1 JAAR BYBELLEES-PLAN

Matthéüs 5: 21-48 & Génesis 15-17

2 JAAR BYBELLEES- PLAN

Handelinge 7:22-32 & Nehemia 10

Word deel van die wëreld se grootste evangelisasie netwerk:

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse dagstukkie in die wêreld. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by: 

www.rhapsodyofrealities.org

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

NuusNews Rhapsody 2020 1 6

RECOGNIZE AND CELEBRATE GRACE

But he giveth more grace. Wherefore he saith, God resisteth the proud, but giveth grace unto the humble (James 4:6).

When God promotes you, He increases His grace on your life. With that increased, you’re able to accomplish much more. Grace gives you greater ability and opens doors for you. But something very important about grace that you must be conscious of is that it craves recognition.

You might have noticed that the name, “Grace” is most commonly answered by ladies. It sort of explains something about grace: it’s ladylike; something alluring. A beautiful lady likes to be recognized; she dresses adorably because she likes to be acknowledged. That’s really how grace is. If you fail to recognize grace, it’ll cringe; it’ll withdraw and cease to function.

It’s part of the reason some Christians aren’t seeing the manifestation of grace in their lives as they should. Learn to celebrate grace. Consciously acknowledge that you’re full of grace, surrounded with divine favour everywhere, and every day. You’ll be amazed at the increased blessings and manifestations of the Spirit you’ll experience in your life.

Remember, the Holy Spirit is called the Spirit of grace; so, in celebrating grace, you’re celebrating Him. Therefore, He’ll keep manifesting Himself—His beauty and glory—in your life. Suddenly, you find that you’re being called and chosen for jobs, blessings, promotions and positions you didn’t even qualify for. Even people who profess not to like you will be doing good things for you. That’s the power of grace.

Even now, God’s grace is increased in your life, causing His glory to be revealed in all that you do, ushering you into your next level of greatness and promotion. Receive it. Celebrate it. Affirm it. Glory to God!

PRAYER

Dear heavenly Father, thank you for the outworking of your grace in my life, which causes me to grow and manifest the beauty, character and blessings of your Spirit. I recognize your superabundant grace on my life, resulting in favours, promotions, increase, advantage and innumerable blessings, in Jesus’ Name. Amen.

FURTHER STUDY:

2 Peter 1:2 AMPC; John 1:16; 2 Corinthians 9:8

1-YEAR BIBLE READING PLAN

Matthew 5: 21-48 & Genesis 15-17

2-YEAR BIBLE READING PLAN

Acts 7:22-32 & Nehemiah 10

Become part of the world’s biggest evangelism network:

Start supporting the world’s biggest daily devotional. Become a partner of the distribution network of one of the biggest evangelism movements on earth today with Pastor Chris Oyakhilome. The Rhapsody is printed and distributed monthly and is translated monthly in more than 1,000 languages! Since the inception of the devotional has more than 1,000,000,000 (yes: you have read right: 1 BILLION) copies printed and digital, been distributed! Few people in South Africa know it – spread the word! The Rhapsody is currently being distributed in every known territory known to man. Be part of the world wide movement! 

Who can benefit from the Rhapsody?

  • Anyone really. If you just want to enjoy the world’s biggest daily devotional and pray the same prayer out loud with millions of Christians all over the world in unity of spirit, you are welcome to get the Rhapsody for yourself.
  • However the printed Rhapsody is a great evangelism tool and also a conversation starter that can help yourself (as well as big evangelism groups) to reach other people more effectively.
  • The Rhapsody is great for Pastors of churches that don’t have their own daily devotional but want their church to have one and build the church to maturity. As proven over many years, used by Pastors and leaders all over the world, the Rhapsody is always full of  rich content and ideas for any sermon.
  • Furthermore, you might not be able to go to a far away foreign country yourself in order to reach people with the Gospel. You can now however partner with Rhapsody of Realities and send devotionals to any country in the world you choose. Someone will distribute it there on your behalf and its an ideal way to reach the nations, even from home.

Get involved and get your personal copy of the Rhapsody at:

www.rhapsodyofrealities.org

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Slider

Laat gerus jou opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody:
-
Feel free to leave your uplifting comment on today's Rhapsody below:

1 Comment

  1. Hierdie waarheid is ‘n nuwe vlak vir die Nuwe Jaar. Dis meer as om net te sê ek is geseënd! As iemand my nou vra hoe gaan dit gaan ek beaam: “Ek is geseënd en vol genade!” Prys die Here!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *