Nuus News whatsapp

Goeie nuus Suid-Afrikaanse publiek! JY het ‘n verskil gemaak! Weens die groot reaksie wat die publiek gegee het rakende die kontroversiële wetsontwerp op die voorgestelde Onteiening Sonder Vergoeding (OSV) Wetsontwerp, en die klagtes van die publiek oor die slegte tydsberekening van die Publike Deelname Proses (PDP) van die OSV-wetsontwerp, is die PDP-indieningsdatum van publieke voorleggings verleng vanaf 31 Januarie 2020 tot 29 Februarie 2020.

Die ANC het teruggegaan op hul vorige opmerking dat hulle nie die sperdatum van die PDP op die Onteiening Sonder Vergoeding Wetsontwerp sou verleng nie.

Volgens die wet moet die regering die publiek uitnooi om deel te neem aan die wetsvormings prosesse endie publiek moet voorleggings en kommentaar lewer oor voorgestelde wetswysigings.

In ‘n poging om die OSV-wetsontwerp deur die regsproses te jaag, het die ANC die PDP-voorleggings vir Desember 2019 en Januarie 2020 geskeduleer. Dit is ‘n tyd waarin openbare deelname die minste effektief sou wees, aangesien die publiek op lang vakansies sou wees. In die omgewingsake-sektor (ingevolge die Wet op Nasionale Bestuur van Omgewingsake), mag daar GEEN Publieke Deelname Programme vanaf die middel Desember tot middel Januarie gehou word nie, presies weens hierdie rede – die publiek sal nie beskikbaar wees vir kommentaar rakende dinge soos hersonerings van grond, omgewingsimpakstudies, ens. nie.

Dit maak dus nie sin waarom die belangrikste voorgestelde wysiging aan die Grondwet tot dusver sedert 1994, vir PDP in Desember 2019 en Januarie 2020 geskeduleer was nie.
Die verlenging tot einde Februarie is dus ‘n welkome verligting vir diegene wat nog nie gestem het nie.

EFF kry ‘n whatsapp-nommerversoek

Desondanks, gaan daar in Februarie ‘n toestroming van PDP-deelnemers wees. Die EFF het die ad-hoc-komitee (onder leiding van die ANC, wat die OSV-wetsontwerp proses lei), oortuig om die jeug via Whatsapp te laat stem.

Dit is ‘n interessante ontwikkeling en Nuus.News stel die vraag: Hoe sal die geldigheid van hierdie whatsapp-stemme geverifieer word? Ons weet die jeug, en die meeste volwassenes het deesdae 2 of 3 verskillende whatsapp-nommers, en ‘n mens kan uiteraard verskillende voorleggings van dieselfde nommer of verskeie boodskappe na so ‘n platform stuur vanaf dieselfde nommer. Hoe die regering sal seker maak dat die whatsapp stemme en voorleggings geldig is, sal gesien moet word en dit moet deur alle politieke partye en belanghebbendes ondersoek en bevraagteken word. Sal die OVK ingebring word om die Publieke Deelname Proses te verifieer?

Nuus.News sal die whatsapp-nommer beskikbaar stel sodra dit gepubliseer is.

Elke kwalifiserende Suid-Afrikaanse burger, moet voor 29 Februarie 2020 hul stemme oor die EWC uitbring en wanneer u kommentaar lewer op whatsapp, moet u onthou om elke lid van u gesin, man, vrou en stemgeregtigde jeug te laat kommentaar lewer. Elke stem tel!

Meer besonderhede oor nuwe Publieke Deelname verhore

News 24 berig dat die verlenging van die OSV-sperdatum is weens die klagtes ontvang van teenstanders van OSV, nadat die ANC op sy onlangse NUK-vergadering besluit het dat die minister (Thoko Didiza), eerder as die hof, sal besluit of grond onteien gaan word sonder vergoeding. Die wysigingswetsontwerp in sy huidige vorm verleen hierdie verantwoordelikheid aan die hof.

Openbare verhore sal in alle provinsies plaasvind, hoofsaaklik van Vrydae tot Sondae. Die komitee sal in twee groepe verdeel word. Die volledige komitee hou ook openbare verhore in die Parlement.

Volgens News 24 sal die program bekend gemaak word sodra die komitee dit aanvaar. Skriftelike voorleggings moet teen nie later as 29 Februarie 2020 ontvang word nie. Voorleggings en navrae moet gerig word aan mnr. V Ramaano, 3de Verdieping, 90 Plein Straat, Kaapstad, 8000 of per e-pos gestuur word aan section25@parliament.gov.za.

Dus is daar ‘n beroep op alle belanghebbendes om aan hierdie openbare verhore deel te neem. Laat die woord versprei en laat die publiek in groot getalle opdaag en hierdie keer regtig ‘n verskil maak.

Hou aan om terug te kom na Nuus.News, aangesien ons meer in diepte sake rakende die voorgestelde OSV-wetsontwerp sal blootstel.

Ons volgende artikel fokus op wat die politieke partye tot en met 31 Januarie 2020 gedoen het met betrekking tot OSV PDP.

Intussen kan u meer leer oor Nuus. Nuus op ons launch webwerf:

https://launch.nuus.news

U kan ook relevante huidige nuus artikels vind deur op die menu’s aan die bokant van die web bladsy te kliek.

Geniet u nuwe gunsteling nuus blog – Nuus.News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *