Nuus Ramaphosa and Julius Malema

Goeie nuus Suid-Afrikaanse publiek! JY het ‘n verskil gemaak! Weens die groot reaksie wat die publiek gegee het rakende die kontroversiële wetsontwerp op die voorgestelde Onteiening Sonder Vergoeding (OSV) Wetsontwerp, en die klagtes van die publiek oor die slegte tydsberekening van die Publieke Deelname Proses (PDP) van die OSV-wetsontwerp, is die PDP-indieningsdatum van publieke voorleggings verleng vanaf 31 Januarie 2020 tot 29 Februarie 2020.

Nuus oor OSV. Voorgestelde publieke verhoor datums

Nuus Artikel Opsomming:

Die regering het hul voorlopige publieke verhoor datums vir die Onteiening Sonder Vergoeding Wetsontwerp (OSV) bekend gemaak.
Hulle het duidelik gemaak dat Kommentaar gelewer moet word oor die Wetsontwerp.
Interessant om te weet dat hulle die kerk ook wil inlig oor OSV.

Nuus.News gaan in die artikel kyk na:
1) Deelname in publieke verhore
2) Wat die regering soek wanneer hulle vra vir KOMMENTAAR op die OSV
3) Of die publiek nie eerder vir ‘n referendum moet vra met ‘n 75% meerderheid stem, om te besluit om OSV goed te keur of af te keur. OSV gaan alles van Suid Afrika verander en dis moontlik beter dat die hele publiek van SA hulle insette te gee op OSV en nie net ‘n paar politieke party leiers wat hul eie idees na vore gebring het nie.
4) Die regering wil kerke toespreek oor OSV – wat moet jy weet.
5) Wat sê die VSA oor OSV
6) Vind onder ‘n paar videos wat die aanloop tot OSV opsom.

In opvolg op ons artikel oor die uitstel van die OSV voorgestelde wetsontwerp sperdatum van 31 Januarie na 29 Februarie 2020 toe, het ons die volgende inligting gekry van Parlement af:-

Daar gaan openbare verhore wees oor die OSV wetsontwerp en die Regering nooi almal uit om hulle mondelingse bydraes te maak oor OSV. Dit is die publiek se kans om hulle opinie oor die OSV wetsontwerp te lig voor die regering se OSV Kommittee. Dit gaan egter nie wees oor of die OSV wetsontwerp as wet verklaar moet word of nie, dit was reeds besluit in die vorige rondte van die proses. Dus gaan dit oor wat in die wet moet staan en hoe die wet geskryf moet word.

In hulle skrywe (kliek hier om dit te lees) maak hulle dit duidelik dat die publiek nie met idees na hulle moet kom nie, want hulle het klaar hulle idee (OSV) geformuleer. Wat die openbare verhore behels is slegs om te hoor wat die publiek sê.

So dubbelsinnig as wat dit klink, kan u dit self lees op die aankondiging.

Die datums van die publieke verhore kan hier gevind word.

Wat Nuus.News wel kan doen is om jou weer terug te verwys na ons eerste artikel, waarin verduidelik word dat die OSV ‘n verandering is van die Konstitusie se Handves van Menseregte en dat dit ‘n 75% meerderheid stem sal moet kry om die Konstitusie te verander. Paul Hoffman (‘n direkteur van Accountability Now) het verduidelik dat die metode waarmee die ANC die OSV wil instem as wetgewing, verkeerd is. Die ANC wil OSV inbring met ‘n 51% meerderheid.

Voorleggings moet gestuur word aan: (Kliek hier om die volledige media verklaring te sien).
“Written submissions must be received by no later than 29 February 2020. Submissions and enquiries must be directed to Mr V Ramaano, 3rd Floor, 90 Plein Street, Cape Town, 8000 or emailed to section25@parliament.gov.za”

1. Neem deel aan die publieke verhore

Die beginsel is eenvoudig, hoe meer mense voorleggings maak om gehoor te word op die publieke verhore, hoe beter. In die verlede het die EFF mense met busse aangery na publieke verhore toe om soveel stem te voeg tot hulle standpunt. By sommige verhore moes mense in lang toue staan en het almal 60 sekondes gekry om hul sê te sê. Dus moet jy vroeg opdaag en jou plek vroeg bespreek deur ‘n aansoek aan die parlement te rig om gehoor te word tydens die verhore. Dis jou kans om op te staan vir dit wat jy besit.

Dit is nie duidelik hoe mondelingse voorleggings gemaak gaan word nie, en hoe hulle gekies gaan word nie. Dit mag wees dat toeskouers ruklaak gekies gaan word of miskien moet dit wees deur ‘n versoek vir mondelingse voorlegging aan V Ramaano. Kontak asseblief jou lokale politieke party verteenwoordiger om seker te maak dat jy die regte proses volg.

2. Maak JOU Kommentaar op die OSV:

Indien jy nog nie elektronies jou geskrewe kommentaar aan die Parlement gestuur het nie, kan jy dit doen deur op die blou knoppie te druk en jou kommentaar te plaas op DearSA se platform wat direk gekoppel is met die Parlement. Onthou om jou eie kommentaar te gee, jou man of vrou moet ook hul kommentaar gee en jou stemgeregtigde kinders en jou hele familie moet almal INDIVIDUEEL hul stemme plaas om die hoeveelheid stemme meer te kan maak. Daar is ‘n magdom mense wat VIR OSV wil stem maar ook ‘n magdom wat TEEN OSV wil stem. Dus moet elke stemgeregtigde lid van die publiek hul stem plaas op die platform.

Alle voorleggings ontvang op DearSA word direk aan die Parlement voorgelê as individuele publieke deelname voorleggings. Die goeie aspek hiervan is dat DearSA ‘n onafhanklike rekord hou van alle insette van die publiek rondom die voorgestelde wetgewing. Indien die regering die publieke insette ignoreer in die wetsvormings proses, kan DearSA die regering hof toe neem met hulle databasis en die regering forseer om die insette in ag te neem. Dit bring ‘n balans in die hele proses, wat nooit voorheen daar was nie.

Dear SA het nou eers 180,000 stemme [2020/2/20]. Dis egter ver van die teiken af van 1 miljoen stemme rondom OSV wetgewing. As almal wat egter gestem het, net seker maak hulle hele gesin gestem het, man en vrou en stem geregtigde kinders, en nog 10 vriende, dan sal die teiken maklik gehaal word.

Let egter op dat die regering nie bloot ‘n stem VIR of TEEN die voorgestelde wetsontwerp wil hê nie. Indien jy dus voorheen slegs ‘n stem VIR or TEEN OSV gemaak het op DearSA, moet jy die tyd neem en weer na die website gaan om ook seker maak dat jy KOMMENTAAR te lewer op die wetsontwerp. Die regering het ‘n beroep gedoen dat die publiek KOMMENTAAR moet lewer oor die OSV wetsontwerp. Dus moet jy feite gee waarom die wetsontwerp so aanvaar moet word, of nie. Dit gee egter jou kans om in die kommentaar boks ook te vra vir ‘n REFERENDUM op die wetsontwerp om die publiek se siening te kry oor OSV. Die publiek moet formeel hul gronde gee waaromhulle die OSV wetsontwerp ondersteun of nie.

Alhoewel die regering nie publieke insette op idees wil hê nie, is dit tog interessant dat die publiek nooit gevra is om met idees te kom oor hoe om die grond hervormings plan uit te voer nie. Daar was geen referendum gehou om by die publiek te hoor of hulle VIR of TEEN die OSV idee stem nie. Indien die regering die publiek kans gee om met alternatiewe idees in plek van OSV op te kom, sal daar definitief geleentheid gewees het sodat alternatiewe kon opkom wat die behoeftes van alle belanghebbendes sal bevredig en alternatiewe tot OSV na vore sal bring.

3. NUUS.NEWS Vraag: Vra vir ‘n publieke Referendum ten tyde van openbare verhore?

Indien die Konstitusie se Handves van Menseregte verander moet word, moet ‘n 75% meerderheid stem dit goedkeur om dit as wetgewing in te stem. Dit gaan bitter moeilik wees om ‘n 75% stem VIR OSV te kry.

• Hoe die stem plaasvind om die Handves van Menseregte te verander is ‘n vraag wat gevra moet word.
• Is dit slegs die politieke partye en verteenwoordigers in Parlement wat met ‘n 75% meerderheid moet stem, of is dit moontlik om ‘n publieke referendum te hou waar die algemene publiek gevra kan word om te stem om te bepaal of ‘n 75% meerderheid VIR of TEEN die OSV wetsontwerp stem?

Mmusi Maimane het ‘n insiggewende artikel geskryf oor die gebruik van referendums in SA se demokrasie vir Daily Maverick. Kliek hier om dit te lees en meer uit te vind daaroor. (https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2014-07-08-referendums-the-way-to-direct-representation/ )

OSV gaan ALLE suid Afrikaners beïnvloed –nie net die wat landbou grond het nie. Selfs die wat huise in die stad het gaan beïnvloed word, so ook die wat enige beleggings of besigheid in SA het. Wat as daar sanksies teen SA ingestel word – almal gaan daaronder ly. Dieselfde met die Nasionale Gesondheids Versekering (GSV) wetgewing wat die ANC wil instel. Dit gaan die land kelder indien die ANC dit inbring. GSV werk in geen land in die wêreld nie, en oral waar dit ingestel was het dit katastrofiese gevolge gehad en is omtrent onmoontlik om dit terug te draai. Kyk na die VSA wat nou die hoogs onsuksesvolle Obamacare nie kan afskaf nie.

Of daar 75% van alle Suid Afrikaners is wat VIR OSV sal stem, sal gesien moet word. Die vraag is of dit reg is dat die politikuste, wat politiek speel vir meer stemme, veronderstel is om hierdie verreikende besluit op hulle eie moet maak of nie? Die ANC en EFF wil die OSV inbring met ‘n politieke party stem op grond van ‘n 51% meerderheid. U sal sien in die video heel onder dat die OSV wetsontwerp tot sover slegs met ‘n 51% meerderheid deurgedruk is in die wetsgewings proses. Dit blyk nie reg te wees nie, want dit wetgewing gaan oor die Handves van Mense regte en ‘n verandering aan hierdie deel van die Konstitusie moes goedgekeur geword het op ‘n 75% meerderheid en nie ‘n 51% meerderheid nie.

Sou ‘n Referendum gehou word, sal dit behoorlik gemonitor kan word deur die IEC wat politieke knoeiery in die proses kan beperk.

Die kern van die artikel:
OSV het ‘n 75% meerderheid nodig om die Konstitusie te verander. Met die regte toepassing van die beginsel kan dit OSV stop.

4. Geestelike insette: 17 Maart 2020 : Openbare verhoor met die Kerk (SANIFC)

Op 17 Maart gaan daar ‘n openbare verhoor wees met die South African National Inter Faith Council wat kerke verteenwoordig. Die datum strook nie ooreen met die mediaverklaring uitgereik deur die regering wat gedui het dat die vergadering op 17 Februarie gehou gaan word nie. Die beste is dus om SANIFC te bel en te hoor wat aangaan. Die organisasie van kerke van alle gelowe, wat ook baie grond besit in SA, gaan ook betrek word by die verhore. Dis onduidelik of die kerk ook ‘n kans gegee gaan word om hul sê te sê oor OSV uit die parlementêre kennisgewing. Dit lyk bloot of die regering die kerk wil inlig oor wat hulle reeds beplan het om te doen. Nietemin, laat jou kerk daarvan weet en laat jou kerkleiers opstaan met die verhore. Die Christelike Bybel eer privaat eiendomsregte, wat as ‘n opper gesag beginsel gerespekteer moet word en OSV gaan teen hierdie elementêre Christelike beginsel.

Alhoewel die regering sê dat hulle nie die kerk organisasies wat grond besit in SA se grond sal “grab” nie, is die risiko groot dat dit presies is wat gaan gebeur indien OSV deurgevoer gaan word. Prakties het ons gesien wat gebeur het in Zimbabwe, toe die regering die mense se grond by hulle gevat het en die hele land met vloeke getref is. Dis is algemene kennis dat die Zimbabwe regering se CIO’s (Central Intelligence Officers) nou kerke so streng monitor om seker te maak dat hulle nie teen die regering preek nie. Ook het die regering die kerk groei in Zimbabwe probeer stop met hulle nuwe registrasie wette: dit kos ‘n kerk nou in die omgewing van US $5000 om ‘n kerk te registreer in Zim, iets wat meeste kerke nie kan bekostig nie omdat die land nou brandarm is en in konstante hongersnood gedompel is.

So om dieselfde verdrukking van die kerk in SA te keer, sal die kerk behoorlike insette MOET lewer op die OSV openbare verhore. “Prevention is better than cure”. Indien die kerk nie nou gaan opstaan nie, mag dit dalk te laat wees later. Regskenners weet dit raak amper onmoontlik om ‘n wet wat as wetgewing gepromulgeer is, te verander. So dis beter om ongewenste wetgewings onmiddelik te stop vóór dit as wetgewing ingestem word. Maak dus seker JOU kerk en JOU Dominee/Pastoor/Kerkleiers neem aktief deel in die openbare verhore. Stuur jou voorleggings betyds in na die parlement soos versoek in die Kennisgewing uitgereik.

5. VSA kommentaar oor OSV in SA:

Vroeër die week, Maandag 17 Februarie 2020,  het Amerika se ‘Secretary of State’, mnr. Mike Pompeo, openlik die Suid Afrikaanse regering gewaarsku oor OSV. Hy het dit duidelik gemaak dat die regering se plan om eiendom te onteien sonder vergoeding die land op ‘n ramp sal afstuur. Hy het gesê gedurende sy besoek aan Addis Ababa (die hoofstad van Ethiopië), dat die beleidsvoorstel ‘n voorbeeld is van gesentraliseerde beplanning wat gefaal het in ander Afrika state soos Zimbabwe, Tanzania en Ethiopia, .

Hier is ‘n paar nuus berigte wat die wêreld bereik het in opvolg tot sy opmerking. Dis duidelik, die hele wêreld kyk nou na Suid Afrika:

Amerika is duidelik nie ten gunste van OSV nie, en sal Suid Afrika met sanksies tref en alle hulp aan SA onttrek indien dit ingebring word, net soos met Zimbabwe, weens AGOA (sien die video hieronder).

Privaat eiendomsreg is wêreld-wyd die belangrikste “rule of law” wat belleggers na kyk voor hulle beleggings maak in ‘n land. Indien daar aan eiendomsreg gepeuter word, is internationsale beleggers die eerste wat onttrek.

6. OSV videos:

Waar alles begin het: Sien hoe die ANC die EFF ondersteun in terme van OSV die oomblik toe die besluit gemaak is in 2018 om OSV goed te keur. Dis 'n meerderheid maar is dit 'n 75% meerderheid?

"Land cannot belong to the people and the state": Rev. Kenneth Meshoe van die ACDP stem teen die voorgestelde OSV Wetsontwerp saam met die DA en Vryheids Front Plus

Dis interessant om te weet dat die EFF alle grond wil nasionaliseer, dat die Staat alle grondregte oorneem. Hoor war Rev. Meshoe sê.

Die moment toe die ANC aan die eerste boere se grond wou vat in 2018, was die hele wêreld se media gerig op SA. Sien die nuusberig van Fox News, wat 100 miljoen volgers het in Amerika en reg oor die wêreld. Die hele wêreld het gesien wat aan die gebeur is in Suid Afrika.

Dis ook interessant om op te merk dat die ANC onmiddelik opgehou het met hulle OSV net toe Amerika van dit begin uitvind het en dit begin ondersoek het.

Let op in die onderhoud dat melding gemaak word dat Amerika alle handel met Suid Afrika gaan staak indien eiendoms reg nie meer gerespekteer word nie. Sien wat Marian Tupy,  ‘n analis by die wêreld bekende Cato Institute te sê gehad het oor die saak:

“South African government needs to be aware that the law, the African Growth and Opportunity Act, under which South Africa trades with the United States, requires the President of the United States to expel countries from AGOA that do not respect property rights and due process. So the South African government needs to be aware that if it changes the Constitution and legalizes what is essentially theft of private property it will be kicked out of AGOA and further negative economic consequences will ensue.”

Marian gebruik ook Zimbabwe as baken om te toon wat OSV tot gevolg gaan hê, sou dit ingestem word. Sien die video hieronder:

i24News berig in 2018 oor OSV in die aanloop tot die voorgestelde wetgewing, gevolg van OSV op Zimbabwe en Malema van die EFF se quote: "Dat hulle nog nie geroep het vir die moor van wit mense nie, ten minste nie vir nou nie, maar dat hy nie die toekoms kan waarborg nie".

NUUS.NEWS maak 'n beroep op die kerk in Suid Afrika om op te staan teen die drastiese negatiewe gebeure wat tans in Suid Afrika plaasvind. Laat die kerk nie stil bly in hierdie tyd nie. Wanneer die kerk gaan opstaan in eenheid sal dit die hele Suid Afrika verander.

Indien jy op ‘n gebedsgroep is of graag jou kerk betrokke wil kry by ‘n landswye beweging waarin die kerk besig is om op te staan, laat dan jou details op Nuus.News se kontak blad. Noem in die kommentaar jou gemeente se details. Iemand sal jou kontak met meer inlgiting. Die Goeie Nuus in al hierdie onsekerhede is dat wanneer die kerk bid, wonderwerke gebeur en omstandighede verander. Wanneer die Kerk die Woord gaan toepas, sal die Goeie oorwin. Handelinge 12:5-11. Hoe gouer die Kerk wakker word en opstaan hoe beter.

Hou aan om terug te kom na Nuus.News, aangesien ons meer in diepte sake rakende die voorgestelde OSV-wetsontwerp sal blootstel.

Intussen kan u meer leer oor Nuus. Nuus op ons launch webwerf:

https://launch.nuus.news

U kan ook relevante huidige nuus artikels vind deur op die menu’s aan die bokant van die web bladsy te kliek.

Nuus.News ons bring jou nuus wat die hoofstroom media jou nooit sal bring nie.

Nuusbrief!

Skryf in vir ons Nuus.News Nuusbrief en bly op hoogte van Goeie Nuus en nuus wat jy nie op hoofstroom media gaan sien nie.

Skryf in

1 Comment

  1. Amen, ons as die Kerk sal moet opstaan en bid teen al hierdie dinge. Ons kan n verskil maak in ons land.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *