DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JOU OOMBLIK OM TE SKYN Julle is die lig van die wêreld. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie (Matteus 5:14). Hierdie hedendaagse wêreld verkeer in geestelike duisternis. Dit was in Jesus se tyd so. Toe Hy gevange geneem is, het Hy gesê: “… Maar hierdie is nou júlle tyd, die tyd van die mag van die duisternis” (Lukas 22:53 NLV). Nadat Jesus opgevaar het na die hemel, was die wêreld steeds in duisternis. Maar jy is die oplossing vir daardie duisternis. Ons lees in ons openingsvers Jesus se woorde: “Julle is die lig van dieRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: LEEF IN CHRISTUS Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is (Kolossense 2:6). Voordat ons die ongelooflike voorlegging van Paulus in die vers hierbo bespreek, kom ons lees wat hy in die 20ste vers gesê het: “Aangesien julle, deur saam met Christus te sterf, die bose wêreldse magte afgesterf het, waarom leef julle nog volgens wêreldse voorskrifte” (Kolossense 2:20). Let op sy ongelooflike kommunikasie; hy sê die Christen leef nie in hierdie wêreld nie; op hierdie natuurlike lewensvlak nie. Waar woon die Christen dan? Hy leef in Christus! Christus is dieRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: WEES ALTYD BEDAG OP EN SENSITIEF VIR DIE GEES Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind (1 Petrus 5:8). Op ’n dag, terwyl Jesus in een van die sinagoges geleer het, het Hy ’n vrou opgemerk wat vooroor gebuk was; sy kon nie regop staan nie. Sy was vir agtien jaar in daardie toestand. Toe sê Jesus vir haar: “…Vrou, jy is van jou kwaal genees!” Toe het Hy haar aangeraak en sy kon dadelik regop staan. Hoe het syRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JOU NAAM IN DIE BOEK VAN DIE LEWE En as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boekrol wegneem, sal God sy deel wegneem aan die boom van die lewe en aan die heilige stad waarvan in hierdie boekrol geskryf is (Openbaring 22:19). Baie mense neem aan dat, wanneer iemand sy hart aan Christus gee, sy naam in die Boek van die Lewe geskryf word. Maar dit is nie wat die Bybel leer nie. Dit gaan nooit regtig daaroor dat jou naam in die Boek van die Lewe geskryf word nie; die probleem is wanneer iemand uit die Boek vanRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: GEKOOP MET SY BLOED Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort (1 Korintiërs 6:20). In 1 Korintiërs 11:25 het Jesus: “…die wynbeker ná die maaltyd geneem en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond wat verseël is deur my bloed. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, ter herinnering aan My.” Sy bloed verteenwoordig sy lewe; Hy het sy lewe vir ons gegee, sodat ons kan lewe. Dit wys net weer vir jou hoe belangrik jy vir God is. Die Bybel sê dat ons nie met silwer ofRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: WEES BEWUS VAN JOU LEWE IN CHRISTUS Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld (1 Johannes 4:17). Waar jy in die vers hierbo lees: “… soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld…”, verwys dit nie na Jesus voor sy dood nie, maar na die opgestane Jesus met die ewige lewe! Ons het nou dieselfde lewe as Hy. Die Bybel sê: “Hy wat die Seun het, het die lewe …” (1 Johannes 5:12). Indien jy Jesus het, het jy die ewigeRead More →

Dagstukkies Rhapsody of Realities Verse for the day 9 18 Daily Devotional

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: MOENIE DIE DRANG OM TE BID IGNOREER NIE Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug (Jakobus 4:7). As Christen is dit belangrik dat jy weet hoe om die lewe wat God jou gegee het ernstig op te neem en hoe om geestelik te reageer wanneer sekere dinge om jou gebeur. Dit is waarom gebed belangrik is. Wanneer ons bid, gebeur dinge. Hy het nooit gesê ons moet tevergeefs bid nie. Elkeen wat die Heilige Gees het, sal van tyd tot tyd die drang hê om te bid, want Hyself is die Gees van gebed.Read More →

Dagstukkies Rhapsody of Realities Verse for the day 9 17 Daily Devotional

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: MAAK ERNS MET GOD Gee net vir God plek in julle lewe. Wees hartseer oor alles wat julle verkeerd gedoen het. Moenie dink julle verkeerde lewe is sommer niks nie. Dit is iets waaroor julle baie sleg moet voel. Julle behoort daaroor te huil. Vee die glimlag van selftevredenheid van julle gesig af en wys hoe jammer julle oor julle sondes is. In plaas van die lag van vrolikheid moet daar die traan van skuld en rou wees (Jakobus 4:8-9 MSG). Efesiërs 5:15-16 is ’n goeie vermaning vir ons, veral in die eindtyd. Dit sê: “Pas dan op dat julle nougesetRead More →

Dagstukkies Rhapsody of Realities Verse for the day 9 16 Daily Devotional

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DAAR IS VALSE BROEDERS En dit vanweë die ingesmokkelde valse broeders wat ingesluip het om ons vryheid te bespied wat ons in Christus Jesus het, sodat hulle ons in diensbaarheid kon bring (Galasiërs 2:4). Die Bybel vertel ons van die volgende drie groepe: valse leraars, valse profete en valse broeders. Dit wys ons ook duidelik wat die verskillende dinge is wat hulle in die eindtyd doen. Kan daar werklik valse broeders in die Kerk wees? Definitief! Valse broeders is hulle wat tussen God se mense inkom, nie uit hulle liefde vir Jesus Christus nie, maar met ’n ander doel. Ons openingsversRead More →

Daily Devotional Rhapsody of Realities Verse for the day 9 14 Dagstukkies

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: HY WIL JOU HART HÊ Kom en geniet saam met ons die Dagstukkies uit die Bybel vandag, Suid Afrika. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie: Ons temavers sê: “My seun, maak jou hart vir my oop en volg my voorbeeld na” (Spreuke 23:26 NLV). Mense is almal dieselfde, ongeag hul toestand. Met ander woorde die armes en die rykes is, byvoorbeeld, presies dieselfde, tensy daar ’n transformasie in hul harte plaasvind. As ’n man arm en boos is, sal hy nie anders weesRead More →