DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
WEES BEWUS VAN JOU LEWE IN CHRISTUS

Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld (1 Johannes 4:17).

Waar jy in die vers hierbo lees: “… soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld…”, verwys dit nie na Jesus voor sy dood nie, maar na die opgestane Jesus met die ewige lewe! Ons het nou dieselfde lewe as Hy. Die Bybel sê: “Hy wat die Seun het, het die lewe …” (1 Johannes 5:12). Indien jy Jesus het, het jy die ewige lewe – die God-lewe! Dit is nie die biologiese lewe waarmee jy uit jou ouers gebore is nie. Dit is hoekom Jesus sê: “…as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie” (Johannes 3:3). Toe Hy gesê het dat jou biologiese lewe nie die Koninkryk van God kan sien nie, het Hy nie net gepraat van Hemel toe gaan nie; Hy het van die realiteit van die Koninkryk van God gepraat; God se heerskappy in die wêreld; die lewe en natuur van God wat in hierdie wêreld ervaar word.

Wanneer jy wedergebore raak, ervaar jy die koninkryk van God in hierdie lewe; dit word jou daaglikse ervaring; jou daaglikse wandel. Dit is Christenskap. Christus werklik lewend in jou; jy kan nie van Hom geskei word nie. 1 Korintiërs 6:17 sê: “Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.”

Omdat jy so vermeng is met die Here, in een gees, hoe kan jy gepla word deur virusse, bakterieë, kieme of enigiets wat hierdie wêreld verteer? Dit is hoekom Johannes wil hê jy moet weet wat jy het. Hy sê: “Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het…” (1 Johannes 5:13).

Wanneer jy verstaan wie jy in Christus is, sal jy verstaan dat dit onmoontlik is vir jou om siek te wees. Wanneer jy jou lewe in Christus erken en daarvan bewus word, het jy niks te vrees in hierdie wêreld nie, want jy is onvernietigbaar. Wat ’n lewe het Hy ons gegee! Halleluja!

BELYDENIS

Ek het die wonderlike, onverganklike en wonderbare lewe van God in my. Ek is ’n vennoot van die Godtipe! Die wese van goddelikheid is aan die werk in my en die goddelike lewe wel op in my wese en weer siektes, kwale, swakheid, die dood, armoede en alles wat teenstrydig is met die voorsiening van die evangelie van Christus, af. Ek is onoorwinbaar, onvernietigbaar en ondeurdringbaar. Halleluja!

VERDERE STUDIE:

1 Johannes 5:11-13; 1 Korinthiërs 15:47-49 AMPC

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *