DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
JOU OOMBLIK OM TE SKYN

Julle is die lig van die wêreld. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie (Matteus 5:14).

Hierdie hedendaagse wêreld verkeer in geestelike duisternis. Dit was in Jesus se tyd so. Toe Hy gevange geneem is, het Hy gesê: “… Maar hierdie is nou júlle tyd, die tyd van die mag van die duisternis” (Lukas 22:53 NLV). Nadat Jesus opgevaar het na die hemel, was die wêreld steeds in duisternis. Maar jy is die oplossing vir daardie duisternis. Ons lees in ons openingsvers Jesus se woorde: “Julle is die lig van die wêreld.”

Jy moet in hierdie eindtyd nog helderder skyn as ooit, deur die krag van die Heilige Gees. Ons wêreld is nie vir die duiwel nie; dit is vir die Here. Hy het ons hier gesit om hierdie wêreld vanuit die geestesryk te regeer met sy lig en geregtigheid. Soos jy in geloof wandel, die Woord toepas en aandring op jou goddelike regte en erfenis in Christus, laat jy jou lig skyn.

Ongeag die duisternis in die wêreld—die siektes, kwale, armoede en onsekerheid wat hierdie wêreld aftakel—is jy bemagtig om in Christus te heers en regeer met die Woord. Ander mense sal na jou kyk en verstaan wie ’n ware Christen is; hulle sal die heerlikheid en uitmuntendheid van Christus in jou sien. Jesaja 60:1-2 sê: “Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóú sal die Here opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.” Dit is jou oomblik om te skyn as ’n lig in ’n donker wêreld, deur in geregtigheid, voorspoed, gesondheid, heelheid van gemoed en liggaam te wandel, soos die Woord van God verseker.

GEBED

Ek is die lig van die wêreld, ’n stad wat op ’n berg lê om my wêreld te verlig. Die heerlikheid en geregtigheid van Christus word in en deur my openbaar; ek wandel in voorspoed en seëninge, heelheid van gemoed en liggaam, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Jesaja 60:1-3; Johannes 9:5; Filippense 2:15;
1 Thessalonicense 5:5

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *