DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
WEES ALTYD BEDAG OP EN SENSITIEF VIR DIE GEES

Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind (1 Petrus 5:8).

Op ’n dag, terwyl Jesus in een van die sinagoges geleer het, het Hy ’n vrou opgemerk wat vooroor gebuk was; sy kon nie regop staan nie. Sy was vir agtien jaar in daardie toestand. Toe sê Jesus vir haar: “…Vrou, jy is van jou kwaal genees!” Toe het Hy haar aangeraak en sy kon dadelik regop staan. Hoe het sy God nie geloof en gedank nie!” (Lukas 13:12-13).

Alhoewel die godsdienstige leiers teenwoordig verontwaardig was dat Jesus die vrou op ’n Sabbatdag genees het, het die Meester se reaksie iets opvallend openbaar. Hy het gesê: “Was dit nie vir My nodig, selfs op die Sabbatdag, om hierdie arme vrou te bevry van die gevangenskap waarin Satan haar vir agtien jaar gehou het nie?” (Lukas 13:16).

Die meester het duidelik gesê dat dit die Satan was wat die vrou in daardie toestand gehou het deur “’n gees van krankheid.” En sodra Hy die gees uitgesorteer het, het die vrou regop gestaan; sy is gesond gemaak deur die krag van God.

Jesus het die geesteswêreld verstaan. Hy het geweet dat die lewe geestelik is en dat demoniese geeste werklik is en verantwoordelik is vir baie siektes waaraan mense ly. En deur die Skrif en die insig wat Hy ons deur die Heilige Gees gee, verstaan ons hoe om die Satan en sy werke te identifiseer.

As jy nie die Skrif ken nie, kan jy ’n slagoffer van die Satan se planne wees. Bestudeer en oordink gereeld die Woord; bid elke dag in tale, word gevul met die Gees en jou geestelike waaksaamheid en sensitiwiteit sal altyd op ’n hoogtepunt wees. Daar is geestelike dimensies aan die lewe. Jy moet weet wat God inisieer en wat die Duiwel aantrek. Die Bybel sê: “…Sy planne is mos nie aan ons onbekend nie!” (2 Korintiërs 2:11).

BELYDENIS

Deur die gesag wat aan my in Christus gegee is, hou ek die Satan en sy magte waar hulle hoort; onder my voete! Ek leef in God se heerlikheid, wandel in goddelike gesondheid, vrede, veiligheid, oorvloed en vreugde. Ek wandel vandag in die volheid van die seëninge van die evangelie. Halleluja!

VERDERE STUDIE:

Jakobus 4:7; 1 Petrus 5:8-9; 1 Johannes 4:4

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *