DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
LEEF IN CHRISTUS

Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is (Kolossense 2:6).

Voordat ons die ongelooflike voorlegging van Paulus in die vers hierbo bespreek, kom ons lees wat hy in die 20ste vers gesê het: “Aangesien julle, deur saam met Christus te sterf, die bose wêreldse magte afgesterf het, waarom leef julle nog volgens wêreldse voorskrifte” (Kolossense 2:20). Let op sy ongelooflike kommunikasie; hy sê die Christen leef nie in hierdie wêreld nie; op hierdie natuurlike lewensvlak nie. Waar woon die Christen dan? Hy leef in Christus! Christus is die tuiste en nuwe omgewing van die een wat wedergebore is. Let op 2 Korintiërs 5:17; dit sê: “…iemand wat aan Christus verbind is…” Christus is ’n plek. Jy is nie veronderstel om geraak te word, te regeer op, of beïnvloed te word deur die beginsels van hierdie wêreld nie, omdat jy in ’n ander omgewing woon.

In daardie omgewing is alles perfek; daar is geen mislukking, swakheid, nederlaag, siekte, kwaal, armoede, of duisternis nie. Ons het net die eer en geregtigheid van God. Nou kan jy beter verstaan wat ons in die openingsvers lees: “Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is.” Om in Christus te lewe, is om in die koninkryk van die hemel op die aarde te leef, met absolute meesterskap oor omstandighede; beskut, gevoed en beskerm deur sy goddelike krag. Halleluja!

GEBED

Christus is my tuiste; Christus is my lewe en Christus is my alles! In Hom leef ek en beweeg en is ek. Sy eer is al wat ek sien, besit en ervaar. Ek is nie onderworpe aan omstandighede nie; ek regeer daaroor en openbaar die heerlikheid en geregtigheid van Christus, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Filippense 3:20-21 AMPC; Romeine 8:1; 2 Korinthiërs 5:17

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *