DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
JOU NAAM IN DIE BOEK VAN DIE LEWE

En as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boekrol wegneem, sal God sy deel wegneem aan die boom van die lewe en aan die heilige stad waarvan in hierdie boekrol geskryf is (Openbaring 22:19).

Baie mense neem aan dat, wanneer iemand sy hart aan Christus gee, sy naam in die Boek van die Lewe geskryf word. Maar dit is nie wat die Bybel leer nie. Dit gaan nooit regtig daaroor dat jou naam in die Boek van die Lewe geskryf word nie; die probleem is wanneer iemand uit die Boek van die Lewe verwyder word.

In Eksodus 32:32 het Moses vir God gesê: “…moet U tog maar my naam uitvee uit die boek waarin U dit opgeteken het.” Moses het geweet van die Boek van die Lewe; dit is nie die boek waarin jou naam geskryf word wanneer jy wedergebore raak nie, want Moses was nie “wedergebore” nie. Wat is die Boek van die Lewe dan? Dit is die boek waarin God elkeen wat ooit in hierdie wêreld gebore is opgeteken het. Lees weer ons temavers; dit was ’n waarskuwing aan almal. God se plan was oorspronklik om elkeen van ons by Hom te hê. Die Bybel sê: “…Hy wil nie hê dat sommige verlore gaan nie, en daarom gee Hy meer tyd dat almal tot inkeer kan kom” (2 Petrus 3:9). Die ewige vuur is nooit vir mense voorberei nie (Matteus 25:41), maar vir die Duiwel en sy engele. Maar God het aan die mens die mag gegee om te kies.

Diegene wie se name eendag nie in die Boek van die Lewe gevind word nie, het net hulself om te blameer. God se antwoord aan Moses in Eksodus 32:33, wat ons vroeër gelees het, was: “…Ek sal net die name van dié wat teen My oortree het, uitvee uit die boek” (Eksodus 32:33). Wat dit bloot beteken is dat jy jou lewe vir God moet leef.

Wandel elke dag in liefde en in geregtigheid en jou naam sal in die Boek van die Lewe bly. Lei ’n lewe wat Jesus Christus verheerlik. 2 Korintiërs 5:15 sê: “Hy hét vir almal gesterf sodat dié wat lewe, nie meer vir hulself moet leef nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.”

GEBED

Getroue en regverdige Vader, dankie vir die voorreg om getuie te wees van u reddingskrag; ek bid vandag vir siele regoor die wêreld om u Woord te ontvang en tot bekering te kom! Ek verklaar ook dat my werke in die Koninkryk en my wandel met U, gesuiwer word deur u Gees, tot U eer, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Jesaja 50:7 TLB; Markus 10:29-30; Openbaring 3:5

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

1 Comment

  1. Wat ‘n geseënde Woord is dit hierdie, dat die Here ons kans gee om Hom voluit te dien op aarde, sodat ons name in die Boek van die Lewe bly. Geloof sonder werke is dood (Jakobus 4:17,20,26).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *