NuusNews Rhapsody 2020 1 14

HY VOED EN KOESTER JOU ’n Mens haat mos nie jou liggaam nie, maar voed en versorg dit. Christus maak net so met ons, die kerk (Efesiërs 5:29). Jesus het in Johannes 10:11 en 14 gesê: “Ek is die goeie herder….” Die Griekse woord vir “herder” is “poimon” en dit beteken “pastoor.” Iemand wat deur God geroep is om die kudde te voed; met insig te beskerm en te koester. Dit is wat Jesus vir die Kerk doen; Hy voed en koester dit. Die apostel Paulus het dit impliseer in sy Gees-geïnspireerde waarskuwing in ons temavers. Hoe voed die Here die Kerk? Hy doen ditRead More →

NuusNews Rhapsody 2020 1 13

DINK AAN GEESTELIKE DINGE Laat julle gedagtes beheer word deur die hemelse dinge, nie deur dinge op die aarde nie (Kolossense 3:2). Die woord “gedagtes” is vertaal uit die Griekse woord ‘froneo’. Dit beteken dat jy jou gedagtes of denke bepaal. Dit is iets wat jou gemoed doen; hoe jou kop werk. Dit kom van twee woorde; een wat beteken “Om intoom te hou”, soos om te sê: “Ek moet hierdie man intoom hou”; dit wil sê, hom onder beheer bring. Die tweede woord beteken: “Om af te baken of te omhein.” Dus beteken die vermaning om jou gedagtes te beheer om beheer te hêRead More →

NuusNews Rhapsody 2020 1 12

SY ONVERGANKLIKE LEWE IN JOU Ons dra altyd die sterwe van Jesus in ons liggaam saam sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam (2 Korintiërs 4:10). Deur die Goeie Nuus het God ons die pad na die lewe en onsterflikheid gewys (2 Timoteus 1:10) en Hy wil hê dat daardie lewe in ons liggame gesien moet word. Dink daaraan: sy onoorwinbare lewe sigbaar in jou liggaam! Dit is wat ’n Christen ’n supermens maak. Dink terug aan Paulus se ervaring op die eiland Malta in Handelinge 28. Hy is deur ’n giftige slang gepik, maar hy is nie dood nie;Read More →

NuusNews Rhapsody 2020 1 11

DOEN SY WERK Toe Hy wegraak en hulle nog stip die hemelruim inkyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. Die twee mans sê toe: Galilese manne, waarom staan julle na die hemel en kyk? Jesus is van julle af weggeneem die hemel in. Hy sal egter nét so terugkom soos julle Hom die hemel sien ingaan het! (Handelinge 1:10-11). Die Meester se wederkoms is seker en nader as ooit. Daarom moet ons ons besig hou met sy werk. Laat jou passie vir die uitbreiding van sy Koninkryk jou verteer. Strewe veral die heerskappy en bewind van sy koninkryk op aardeRead More →

NuusNews Rhapsody 2020 1 10

LEIDING EN RIGTING Hoe kan ’n jongmens ’n skoon lewe lei? Deur sy lewe in te rig volgens u woord (Psalm 119:9). God se Woord is lig. Psalm 119:105 sê: “U woord is ’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad.” Dit is interessant dat dit die Woord met ’n lamp vergelyk. ’n Lamp het nie sterk strale nie. Jy steek nie ’n lamp op en laat dit iewers staan nie; jy sal dit saam met jou moet vat. Dit laat jou weet dat God se Woord iets is wat jy elke dag nodig het. Die Christelike lewe is ’n reis; elkeRead More →

NuusNews Rhapsody 2020 1 9

GEEN “SMOKKELGOED” Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is (Romeine 12:2). Die Griekse woord vir “onderskei” is “dokimazo” en dit beteken om te onderskei of ondersoek; ondersoek is die sinoniem wat beter pas. Om dit beter te verstaan moet jy na die doeane gaan wanneer jy ’n land binnekom. Hulle moet passasiers deursoek en in hoogs verdagte gevalle masjiene gebruik om bewegende foto’s van daardie items teRead More →

NuusNews Rhapsody 2020 1 8

BELOFTES MET VOORSIENING Deur hierdie selfde krag het Hy sy kosbaarste en allergrootste beloftes vir ons laat waar word. Die gevolg hiervan is dat julle deel gekry het aan sy Goddelike natuur. Só het julle vrygekom van die proses van agteruitgang wat, as gevolg van die neigings van ons menslike natuur, oral alles en almal laat sleg word (2 Petrus 1:4). “Beloftes” soos gebruik hierbo, is nie die gewone definisie soos in ’n verbale of geskrewe verbintenis of onderneming om iets te doen nie. Dis nie dieselfde as om byvoorbeeld vir ’n vriend te sê: “Ek sal more vir jou R200,000 gee” nie. Gestel môreRead More →

NuusNews Rhapsody 2020 1 7

DIE ONOORWINBARE LEWE Ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle met die wete kan leef dat julle nou reeds deel het aan die ewige lewe, julle wat aanhou glo in die persoon van die Seun van God (1 Johannes 5:13). Die geskiedenis van die kerk vertel ons hoe Johannes, die skrywer van ons temavers, geweldige vervolging verduur het weens sy geloof. Hy is gevange geneem en in ’n reuse pot kokende olie gegooi om hom lewendig te braai. Hulle het die vuur aangesteek terwyl hy binne-in was, maar iets merkwaardig het gebeur, die olie het uitgebrand en tog was Johannes steeds daar lewendig enRead More →

NuusNews Rhapsody 2020 1 6

SIEN GENADE RAAK EN VIER DIT God is egter besig om ons steeds meer genade te gee om aan Hom getrou te wees. Daarom sê die Skrif: “God weerstaan hoogmoedige mense, maar aan nederige mense gee Hy genade (Jakobus 4:6). Wanneer God jou bevorder, vermeerder Hy die genade oor jou lewe. Met daardie groter genade kan jy veel meer doen. Genade gee jou groter vermoë en maak deure oop vir jou. Iets wat baie belangrik is van genade, wat jy moet weet, is dat dit raakgesien moet word. Jy het dalk opgelet dat die naam “Grace” meestal aan dames behoort. Dit verduidelik iets oor genade:Read More →

NuusNews Rhapsody 2020 1 4

SING DIE REGTE LIEDJIES …Ons is mos die tempel van die lewende God. Dit is soos God gesê het: Ek sal onder hulle woon en rondbeweeg, en Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees (2 Korintiërs 6:16). Sommige Christene sing die verkeerde liedjies omdat hulle God se Woord nie ken nie. Sulke liedjies het in hulle ’n soort ongeloof geskep wat moeilik is om te genees. Die feit dat ’n liedjie ’n mooi wysie het of jou emosioneel laat voel maak dit nie reg nie. Solank dit nie die waarheid van die evangelie oor die nuwe skepsel kommunikeer nie is ditRead More →