NuusNews Rhapsody 2020 1 15

WANDEL IN DIE GEES Afrikaans Maar julle word nie deur julle sondige natuur beheer nie. Julle word beheer deur die Gees omdat die Gees van God in julle woon. Onthou, iemand wat nie die Gees van Christus het nie, is nie een van sy mense nie! (Romeine 8:9). Daar is Christene wat nog maklik beheer word deur hul sondige natuur en sintuie. Hulle bid dus altyd en vra dat die Here hulle moet help om die vlees met sy hartstogte en begeertes te oorwin. Dit stem nie ooreen met die Woord nie: “…Maar dié wat aan Christus Jesus behoort, het die hartstogte en die begeertesRead More →

Lauren Daigle

Lauren Daigle’s liedjie “You Say” is ‘n rekord 62 weke #1 op Christelike musiek parades.  Geniet die lied in die video aaanheg.| Lauren Daigle’s single “You Say” a Record 62 weeks at the #1 spot on Christian music charts. Enjoy the song in the video attached. Lauren Daigle’s liedjie “You Say” is ‘n rekord 62 weke #1 op Christelike musiek parades Grammy Toekenningswenner Lauren Daigle se liedjie (You Say) het ‘n deurbraak gemaak en was vir 62 weke nommer 1 op die Christelike musieklys! In Januarie 2020 gaan hierdie kragtige sangeres op haar eerste wêreldtoer (Lauren Daigle World Tour) en sy gaan in 44 stedeRead More →

NuusNews Rhapsody 2020 1 14

HY VOED EN KOESTER JOU ’n Mens haat mos nie jou liggaam nie, maar voed en versorg dit. Christus maak net so met ons, die kerk (Efesiërs 5:29). Jesus het in Johannes 10:11 en 14 gesê: “Ek is die goeie herder….” Die Griekse woord vir “herder” is “poimon” en dit beteken “pastoor.” Iemand wat deur God geroep is om die kudde te voed; met insig te beskerm en te koester. Dit is wat Jesus vir die Kerk doen; Hy voed en koester dit. Die apostel Paulus het dit impliseer in sy Gees-geïnspireerde waarskuwing in ons temavers. Hoe voed die Here die Kerk? Hy doen ditRead More →

Sticky
NuusNews encouragement for the day

Krag vir die dag Deel elke dag ‘n inspirerende gedagte met hierdie boodskappies. Kliek op die prent om die boodskap te share op whatsapp of facebook. Dis verniet en gaan iemand se dag opkikker! Dankie Nuus.News vennote wat dit verniet beskikbaar stel! Encouragement for the day Share every day an inspirational thought with one of these picture messages and forward it by clicking on the picture and sharing on whatsapp or facebook. Thanks to Nuus.News partners to make this available for free! Hoe om ‘n foto te deel: Regs click op die foto. Save dit na jou rekenaar en deel dit dan normaalweg met email,Read More →

Dare to love sa Nuus.News

DARE TO LOVE (www.daretolove-sa.org) Om 06:00 op enige gegewe Saterdagoggend kom geïnspireerde stedelinge bymekaar by een van vier McDonalds restaurant in die groter-Tshwane. Hulle bring hulleself, hulle liefde, hulle kapasiteit om drukkies te gee en hulle liefde om die goeie nuus van Jesus Christus te versprei – en kos / klere as hulle ekstra het. Hierdie is die mans en vroue van Dare to Love, ‘n nie-regeringsorganisasie gebaseer op 1 Johannes 4 wat hulle ten doel stel om die hande en voete van Jesus in hierdie stad te wees. Die organisasie is verantwoordelik vir sommige van die mees uitdagende stadskoonmaalprojekte soos die skoonmaakaksie in dieRead More →

PRAY-SA GEBED VIR DIE WEEK As ‘n mens na die nuus kyk wil dit voorkom asof geweld inheems is aan Suid-Afrika. Daar word berig dat daar 58 moorde per dag in die land is, die vroue hou optogte teen die vlaag verkragtings, moorde en misbruik van vroue en kinders. Xenofobiese aanvalle, diefstal, aanrandings en motorkapings neem hand-oor-hand toe. Dit hoort nie so nie en ons KAN dit stop! Binnekort gaan jy hier relevante gebedspunte kry wat jy saam kan bid in eenheid met die kerk vir ons mooi land Suid Afrika. PRAY-SA GEBED VIR DIE WEEK When you look at the news it would seemRead More →

NuusNews Rhapsody 2020 1 13

DINK AAN GEESTELIKE DINGE Laat julle gedagtes beheer word deur die hemelse dinge, nie deur dinge op die aarde nie (Kolossense 3:2). Die woord “gedagtes” is vertaal uit die Griekse woord ‘froneo’. Dit beteken dat jy jou gedagtes of denke bepaal. Dit is iets wat jou gemoed doen; hoe jou kop werk. Dit kom van twee woorde; een wat beteken “Om intoom te hou”, soos om te sê: “Ek moet hierdie man intoom hou”; dit wil sê, hom onder beheer bring. Die tweede woord beteken: “Om af te baken of te omhein.” Dus beteken die vermaning om jou gedagtes te beheer om beheer te hêRead More →

Indien jy vrede wil kry in jou lewe,is dit net ‘n gebed weg. Getting peace in your life is only a prayer away. The Bible teaches us that man is a spirit. It is because man is created in the image and likeness of God, the Creator of all things. Man functions like God and God is his life source. A man without God is like a fish outside of the water. He is taken out of his natural environment where he can live, breathe and prosper. Whenever a man is seperated from God, sicknesses, diseases and death rules. The Bible tells us that manRead More →

NuusNews Rhapsody 2020 1 12

SY ONVERGANKLIKE LEWE IN JOU Ons dra altyd die sterwe van Jesus in ons liggaam saam sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam (2 Korintiërs 4:10). Deur die Goeie Nuus het God ons die pad na die lewe en onsterflikheid gewys (2 Timoteus 1:10) en Hy wil hê dat daardie lewe in ons liggame gesien moet word. Dink daaraan: sy onoorwinbare lewe sigbaar in jou liggaam! Dit is wat ’n Christen ’n supermens maak. Dink terug aan Paulus se ervaring op die eiland Malta in Handelinge 28. Hy is deur ’n giftige slang gepik, maar hy is nie dood nie;Read More →

NuusNews Rhapsody 2020 1 11

DOEN SY WERK Toe Hy wegraak en hulle nog stip die hemelruim inkyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. Die twee mans sê toe: Galilese manne, waarom staan julle na die hemel en kyk? Jesus is van julle af weggeneem die hemel in. Hy sal egter nét so terugkom soos julle Hom die hemel sien ingaan het! (Handelinge 1:10-11). Die Meester se wederkoms is seker en nader as ooit. Daarom moet ons ons besig hou met sy werk. Laat jou passie vir die uitbreiding van sy Koninkryk jou verteer. Strewe veral die heerskappy en bewind van sy koninkryk op aardeRead More →