DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: PRAAT EN SKEP WAT JY WIL HÊ

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: PRAAT EN SKEP WAT JY WIL HÊ Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie (Hebreërs 11:3). Wat ons pas in die openingsvers gelees het, openbaar jou oneindige krag en heerlikheid in Christus Jesus; wat jy kan doen met die Woord (rhema) van God in jou mond. Dink terug aan die Boek Genesis. Die Bybel sê die aarde was ’n chaotiese massa, maar nadat die Heilige Gees daaroor beweeg het, het God die Woord en alles wat Hy gespreek het inRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DIT GAAN OOR JOU GODDELIKE HERKOMS

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DIT GAAN OOR JOU GODDELIKE HERKOMS En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename volgens die belofte van God (Galasiërs 3:29). Jesus se lewe op aarde was ’n oneindige stroom buitengewone seëninge, oorwinnings en openbarings van die goddelike lewe. Hy was bewus van sy goddelikheid en eenheid met die Vader en het duidelik daaroor gepraat. In Johannes 8:42 het Hy gesê: “…want Ek het van God af gekom. Ek het immers nie uit my eie gekom nie, maar Hy het my gestuur.” As gevolg van hierdie konneksie het Hy gesê: “Alles wat aan die VaderRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ONS IS SY “WIE IS HIERDIE MENSE”

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ONS IS SY “WIE IS HIERDIE MENSE” Wie is hierdie Man? Ook die wind en die see luister na Hom (Markus 4:41 ABA). Die Here Jesus was ’n wonderwerker op aarde; ’n meester oor omstandighede. Eendag het die dissipels in verwondering oor Hom die vraag gevra wat ons lees in ons temavers. Dit was nadat Hy die stormwind stilgemaak het. Op ’n keer het die dissipels ver uitgevaar oor die see toe hul skielik ’n figuur na hulle toe sien aankom op die water. Dit was Jesus. Weer het hul gewonder: “Wie is hierdie Man wat die natuurwette oorskry?” Dink aanRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: HANDHAAF JOU PASSIE VIR DIE EVANGELIE

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: HANDHAAF JOU PASSIE VIR DIE EVANGELIE Behalwe om vas te hou aan wat julle het totdat Ek kom  (Openbaring 2:25). Elke dag bied jou as Christen geleenthede om in geloof te wandel en jou belydenis te handhaaf van wie Jesus is en wat Hy vir jou beteken. Niks moet jou fokus van die Meester af wegneem nie; Hy is al wat regtig saak maak. Verklaar jou liefde vir Hom en jou passie vir die evangelie. Sommige mense laat woede of bitterheid toe om hul ywer en doeltreffendheid in die bediening van ander mense af te water. Hebreërs 12:15 sê: “Wees baieRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JY HET ALLES WAT JY BENODIG

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JY HET ALLES WAT JY BENODIG Daarna het die Here in ’n visioen aan Abram verskyn en vir hom gesê: Moenie bang wees nie, Abram, want Ek sal jou beskerm en jou beloning sal groot wees (Genesis 15:1). Die onderstreepte deel van God se woorde aan Abraham in ons openingsvers herinner ons aan wat Hy later vir Aäron in Numeri 18:20 gesê het: “…Ek is jou erfporsie en jou aandeel in Israel” (Numeri 18:20). Ons verstaan uit die Skrif dat die Here ’n erfenis aan al die onderskeie stamme van Israel toegedeel het, behalwe aan die Leviete, vir wie Hy gesêRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: SY STEM IS NIE ’N GEHEIMENIS NIE, JY KEN HOM

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: SY STEM IS NIE ’N GEHEIMENIS NIE, JY KEN HOM My skape luister na my stem; Ek ken hulle en hulle volg My (Johannes 10:27). Die Here Jesus het gesê: “My skape luister na my stem; Ek ken hulle en hulle volg My” (Johannes 10:27). Baie mense wonder of dit moontlik is om God te hoor praat in ’n wêreld waar daar soveel stemme is. Die woorde van die Meester in Johannes 10:2-5 maak dit duidelik. Hy het gesê: “Iemand wat egter deur die hek toegang verkry, is die herder van die skape. Vir hom maak die hekwagter oop, en dieRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ’N HOË ROEPING

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ’N HOË ROEPING Hierdie hele nuwe werklikheid kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening gegee het (2 Korintiërs 5:18). Dit is nie Sy wil dat iemand vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. Hy het sy toewyding bewys deur Jesus te stuur om te sterf vir die redding van alle mense (Johannes 3:16). Ondanks God se toewyding om die verlorenes te red, wil Hy dit egter deur óns – sy heiliges – doen en het Hy aan ons ‘die bediening van versoening’ toevertrou. Jesus het in MarkusRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JY IS DIE HEMEL SE BESTE WERD

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JY IS DIE HEMEL SE BESTE WERD Julle weet mos dat God betaal het om julle los te koop van die sinlose leefstyl wat julle van julle voorouers oorgeërf het. En dié losprys was nie dinge wat vergaan, soos goud of silwer nie. Inteendeel, dit was die kosbare bloed van Christus, soos dié van ’n lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is (1 Petrus 1:18-19). Die prys wat God vir jou verlossing betaal het, die kosbare bloed van Jesus Christus, bewys hoeveel waarde Hy aan jou heg. Dit wys hoe kosbaar jy vir God is. Moet nooit mislei word deur stemmeRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JOU REAKSIE AKTIVEER DIE KRAG

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JOU REAKSIE AKTIVEER DIE KRAG …want Hy het gesê…Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê (Hebreërs 13:5-6). In die Christendom glo jy en praat jy: “Omdat ons dieselfde geloofsgesindheid het as waarvan daar geskryf staan: “Ek het geglo; daarom het ek gepraat,” glo ons steeds en daarom hou ons ook aan met preek” (2 Korintiërs 4:13). Jy ontvang nie die Woord net om stil te bly daaroor nie. As jy nie reageer nie, sal die Woord niks vir jou doen nie. Om op die Woord te reageer, beteken meer as om “na te dink” oor wat God gesê het; jy moetRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: VERKONDIG DIT MET VRYMOEDIGHEID

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: VERKONDIG DIT MET VRYMOEDIGHEID Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel (Handelinge 1:8). Jesus Christus is die Weg, die Waarheid en ie Lewe en niemand kom na die Vader toe, behalwe deur Hom nie. Wees oortuig van en gedryf deur hierdie waarheid en verkondig dit met vrymoedigheid. Moenie bang wees dat jy vervolg sal word omdat jy sy Naam verkondig nie. 2 Timoteus 3:12 sê: “Ja, en almal wat ’n toegewyde lewe in verbondenheid aan Christus Jesus wil lei, sal vervolg word.” Die vroeë apostels is geslaan en verbiedRead More →