DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: SY STEM IS NIE ’N GEHEIMENIS NIE, JY KEN HOM

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
SY STEM IS NIE ’N GEHEIMENIS NIE, JY KEN HOM

My skape luister na my stem; Ek ken hulle en hulle volg My (Johannes 10:27).

Die Here Jesus het gesê: “My skape luister na my stem; Ek ken hulle en hulle volg My” (Johannes 10:27). Baie mense wonder of dit moontlik is om God te hoor praat in ’n wêreld waar daar soveel stemme is. Die woorde van die Meester in Johannes 10:2-5 maak dit duidelik. Hy het gesê: “Iemand wat egter deur die hek toegang verkry, is die herder van die skape. Vir hom maak die hekwagter oop, en die skape luister na sy stem. Hy roep sy eie skape op hulle name en lei hulle uit. Wanneer hy al sy eie skape na buite gelei het, loop hy voor hulle uit, en die skape hou aan om hom te volg omdat hulle sy stem ken. ’n Vreemdeling sal hulle glad nie volg nie, maar van hom af wegvlug omdat hulle nie die vreemdeling se stem herken nie.”

Die geheim is om God se Woord te verstaan. Hoe meer jy die Woord bestudeer, hoe meer ken jy God se stem, want God en sy Woord is één. Hy praat deur sy Woord. Alles wat Hy vir jou sê, alle rigting of leiding wat jy van God ontvang, stem altyd ooreen met sy Woord. Deur sy Woord te bepeins word sy stem, selfs te midde van al die geraas en afleiding, vir jou duideliker.

As jy dit tot dus ver moeilik gevind het om God se stem te herken, is die oplossing eenvoudig: spandeer meer tyd daaraan om die Woord te bestudeer! Kolossense 3:16 (1953 Vertaling) sê: “Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid.” Spreuke 4:20-22 (1953 Vertaling) sê: “My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart…”

As jy die Woord in jou hart bewaar, sal jy die Woord in jou hart hoor, want die Woord is God se Stem. Bid ook gereeld in die gees; bid in tale. Dit help om jou gees te kondisioneer om God se stem, sy visioene en aanmanings te onderskei.

GEBED

Liewe Vader, u Woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig op my pad. My gees is gekondisioneer om bonatuurlike idees, visioene en aansporing te ontvang. Ek is sensitief vir en gekondisioneer om u volmaakte wil vir my lewe te ken en daarin te wandel, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

1 Samuel 3:9-10; Jesaja 30:21

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *