DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ’N HOË ROEPING

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
’N HOË ROEPING

Hierdie hele nuwe werklikheid kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening gegee het (2 Korintiërs 5:18).

Dit is nie Sy wil dat iemand vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. Hy het sy toewyding bewys deur Jesus te stuur om te sterf vir die redding van alle mense (Johannes 3:16). Ondanks God se toewyding om die verlorenes te red, wil Hy dit egter deur óns – sy heiliges – doen en het Hy aan ons ‘die bediening van versoening’ toevertrou.

Jesus het in Markus 16:15 gesê: “…Gaan die hele wêreld in en verkondig die Goeie Nuus aan almal, oral.” Ons het die grootste eer op aarde; die geleentheid om die evangelie te verkondig. God het ons die seldsame voorreg gegee om sy medewerkers te wees in die verandering van die wêreld; sy vennote in die transformasie van lewens.

Dink daaraan, God het nie die taak van sielewinning aan engele toevertrou nie, maar aan jou en my. Die glorieryke evangelie van die salige God is aan ons toevertrou (1 Timoteus 1:11); wees getrou daarin. Wees aan die gang vir die evangelie; moenie ophou totdat die kennis van die heerlikheid van God die aarde bedek soos die waters die see bedek nie.

Wat ’n wonderlike seën, voorreg en eer dat die Here alles gedoen het wat Hy gedoen het en ons toe gestuur het om die nuus oor die hele wêreld bekend te maak! Hy het jou die Heilige Gees gegee om by jou en in jou te wees om te verseker dat jy daarin slaag. Die Heilige Gees maak jou ’n bekwame, bevoegde en effektiewe dienaar van die evangelie (2 Korintiërs 3:6). Hy gee jou die vermoë om ’n vrymoedige getuie van die opgestane Christus te wees en jou roeping te vervul.

BELYDENIS

Om die evangelie na die uithoeke van die aarde te neem, is my passie en hoë roeping in Christus Jesus. Ek is geëerd, bevoorreg en geseënd om met die heerlike evangelie van Christus se verlossing vertrou te word en vandag, meer as ooit tevore, verkondig ek dit met krag en bring ek redding aan almal wat hoor en glo. Geseënd is God!

VERDERE STUDIE:

2 Korinthiërs 6:1; 1 Korinthiërs 1:9 AMPC; 2 Korinthiërs 3:5-6

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *