DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JY HET ALLES WAT JY BENODIG

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
JY HET ALLES WAT JY BENODIG

Daarna het die Here in ’n visioen aan Abram verskyn en vir hom gesê: Moenie bang wees nie, Abram, want Ek sal jou beskerm en jou beloning sal groot wees (Genesis 15:1).

Die onderstreepte deel van God se woorde aan Abraham in ons openingsvers herinner ons aan wat Hy later vir Aäron in Numeri 18:20 gesê het: “…Ek is jou erfporsie en jou aandeel in Israel” (Numeri 18:20). Ons verstaan uit die Skrif dat die Here ’n erfenis aan al die onderskeie stamme van Israel toegedeel het, behalwe aan die Leviete, vir wie Hy gesê het: “Ek is jou erfporsie.”

Hoe ryk is jy as die Here jou erfporsie is? Hoe heerlik is jou lewe dan? Psalm 24:1 sê: “Die aarde behoort aan die Here, met alles wat daarop is, die wêreld en alles wat daarop lewe.” Aangesien dit waar is, behoort die aarde en alles daarin aan jou, want jy is sy erfgenaam. Paulus het dit verstaan en gesê: “Alles is immers julle s’n” (1 Korintiërs 3:21).

Nou kan jy verstaan waarom jy nie jou gebedstye moet spandeer om God te vra vir goed vir jouself nie. Wat wil jy van iemand vra wat reeds alles, insluitend Homself, vir jou gegee het? Jy het Christus en Christus is alles. Hierdie waarheid moet jou denkwyse en lewe vir altyd verander.

Is dit krag wat jy benodig? Die Bybel sê dat Hy jou krag is! Getuig daarom ook soos die Psalmis: “…Die Here is my lewenstoevlug” (Psalm 27:1). Is dit wysheid wat jy dink jy nodig het? Die Bybel sê dat Christus jou wysheid is (1 Korintiërs 1:30).

Aan jou is alles toegestaan wat jy benodig vir die lewe en godsvrug; jy is uitgestuur met ’n lewe van heerlikheid, uitnemendheid en oorvloed. Geen wonder dat die Psalmis uitroep: “’n Pragtige plek is vir my afgemeet. Wat ek geërf het, is vir my mooi!” (Psalm 16:6). Alles is joune!

BELYDENIS

Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat my geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus. Ek het alles ontvang wat ek nodig het vir die lewe en godsvrug en ek seën my wêreld met die ondeurgrondelike rykdom van Christus en sy evangelie wat ek dra, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Psalm 23:1 GNB; Efésiërs 1:2-3; 2 Petrus 1:3-4

Psalm 23:1 GNB; Efésiërs 1:2-3; 2 Petrus 1:3-4

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *