DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: VERKONDIG DIT MET VRYMOEDIGHEID

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
VERKONDIG DIT MET VRYMOEDIGHEID

Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel (Handelinge 1:8).

Jesus Christus is die Weg, die Waarheid en ie Lewe en niemand kom na die Vader toe, behalwe deur Hom nie. Wees oortuig van en gedryf deur hierdie waarheid en verkondig dit met vrymoedigheid. Moenie bang wees dat jy vervolg sal word omdat jy sy Naam verkondig nie.

2 Timoteus 3:12 sê: “Ja, en almal wat ’n toegewyde lewe in verbondenheid aan Christus Jesus wil lei, sal vervolg word.” Die vroeë apostels is geslaan en verbied om die Naam van Jesus te verkondig. Maar inplaas daarvan om hulle aan die onbetrokke godsdienstiges en owerhede te steur, het hulle Christus met nog meer vrymoedigheid verkondig en die hele Jerusalem met hul leer gevul (Handelinge 5:28).

Daar is ’n antichris-gees in die wêreld vandag wat teen die verkondiging van die evangelie werk, maar dit is nie ’n faktor nie, want ons het hom reeds oorwin. 1 Johannes 4:4 sê: “Julle is egter van God afkomstig, my kinders, en julle het hulle reeds oorwin omdat die Gees wat in julle woon, magtiger is as die gees wat in die wêreld woon.”

Volg Paulus se voorbeeld na; niks kon sy liefde vir Christus en sy passie vir die evangelie belemmer nie. In Handelinge 20:22-24 het hy gesê: “En nou is ek op pad Jerusalem toe, gebind deur die Gees. Wat dáár met my gaan gebeur, weet ek nie. Wat ek wel weet, is dat die Heilige Gees my in elke stad verseker dat gevangenskap en vervolging voorlê. Al is my lewe kosbaar, ag ek dit van geen waarde as ek nie my lewenstaak en my bediening wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaarmaak nie: Om die Goeie Nuus te verkondig dat God mense liefhet sonder dat hulle iets hoef te doen om dit te verdien.”

Behou dieselfde oortuiging! Hierdie glorieryke evangelie wat aan jou toevertrou is, is alles werd. Verkondig dit oral met vrymoedigheid.

GEBED

Dierbare Vader, dankie dat u Woord in my hart is soos ’n brandende vuur in my bene. Ek vervul my roeping as draer van goddelike waarhede in my wêreld en staan vas in die geloof, onverskrokke versprei ek u geregtigheid regoor die hele wêreld, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Spreuke 31:8-9 NET; Matthéüs 10:32-35

 

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *