DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ONS IS SY “WIE IS HIERDIE MENSE”

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
ONS IS SY “WIE IS HIERDIE MENSE”

Wie is hierdie Man? Ook die wind en die see luister na Hom (Markus 4:41 ABA).

Die Here Jesus was ’n wonderwerker op aarde; ’n meester oor omstandighede. Eendag het die dissipels in verwondering oor Hom die vraag gevra wat ons lees in ons temavers. Dit was nadat Hy die stormwind stilgemaak het.

Op ’n keer het die dissipels ver uitgevaar oor die see toe hul skielik ’n figuur na hulle toe sien aankom op die water. Dit was Jesus. Weer het hul gewonder: “Wie is hierdie Man wat die natuurwette oorskry?” Dink aan sy hemelvaart. Hy’t eenvoudig opgestyg en deur die wolke opgevaar hemel toe.

Dis die moeite werd om te weet wie Jesus regtig is. Voor jy Hom nie ken nie kan jy nie ware geloof in Hom hê nie en sal jy nie jouself ken nie. Hier’s iets heel buitengewoon: enigeen wat in Jesus glo, ontvang dieselfde lewe as wat Hy het. Johannes 1:12-13 sê: “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, het Hy die mag gegee om kinders van God te word… wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ’n man nie, maar uit God.” Neem kennis dat die laaste gedeelte sê jy is uit God gebore, wat beteken jy is gebore uit dieselfde Woord wat Jesus geword het.

1 Petrus 1:23 sê: “Wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.” Jakobus  1:18 sê: “Volgens Sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van waarheid…”

Ons is dieselfde (wie is hierdie mense) as Jesus, want ons is kinders van die Woord. Geen wonder Johannes het gesê: “Soos Hy is, so is ons ook in hierdie wêreld” (1 Johannes 4:17). Alle goddelikheid is in Jesus gevestig; Hy is die lewende God—Hy het gewandel en gepraat in ’n menslike liggaam. Daardie selfde volheid van goddelikheid beweeg vandag in jou. Soos Hy, is jy die lewende, bewegende huis van die lewende God. Halleluja!

BELYDENIS

Ek is die tempel van die lewende God. Sy bewegende hoofkwartiere op aarde vandag. In Hom lewe ek, beweeg ek en bestaan ek. Die hoër Een lewe in my en ek is gevul met sy volheid en versprei die waarhede van die Koninkryk op elke plek. Amen!

VERDERE STUDIE:

Handelinge 17:28; 2 Korinthiërs 6:16

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *