DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ’N HOË ROEPING

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ’N HOË ROEPING Hierdie hele nuwe werklikheid kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening gegee het (2 Korintiërs 5:18). Dit is nie Sy wil dat iemand vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. Hy het sy toewyding bewys deur Jesus te stuur om te sterf vir die redding van alle mense (Johannes 3:16). Ondanks God se toewyding om die verlorenes te red, wil Hy dit egter deur óns – sy heiliges – doen en het Hy aan ons ‘die bediening van versoening’ toevertrou. Jesus het in MarkusRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JY IS DIE HEMEL SE BESTE WERD

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JY IS DIE HEMEL SE BESTE WERD Julle weet mos dat God betaal het om julle los te koop van die sinlose leefstyl wat julle van julle voorouers oorgeërf het. En dié losprys was nie dinge wat vergaan, soos goud of silwer nie. Inteendeel, dit was die kosbare bloed van Christus, soos dié van ’n lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is (1 Petrus 1:18-19). Die prys wat God vir jou verlossing betaal het, die kosbare bloed van Jesus Christus, bewys hoeveel waarde Hy aan jou heg. Dit wys hoe kosbaar jy vir God is. Moet nooit mislei word deur stemmeRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JOU REAKSIE AKTIVEER DIE KRAG

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: JOU REAKSIE AKTIVEER DIE KRAG …want Hy het gesê…Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê (Hebreërs 13:5-6). In die Christendom glo jy en praat jy: “Omdat ons dieselfde geloofsgesindheid het as waarvan daar geskryf staan: “Ek het geglo; daarom het ek gepraat,” glo ons steeds en daarom hou ons ook aan met preek” (2 Korintiërs 4:13). Jy ontvang nie die Woord net om stil te bly daaroor nie. As jy nie reageer nie, sal die Woord niks vir jou doen nie. Om op die Woord te reageer, beteken meer as om “na te dink” oor wat God gesê het; jy moetRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: VERKONDIG DIT MET VRYMOEDIGHEID

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: VERKONDIG DIT MET VRYMOEDIGHEID Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel (Handelinge 1:8). Jesus Christus is die Weg, die Waarheid en ie Lewe en niemand kom na die Vader toe, behalwe deur Hom nie. Wees oortuig van en gedryf deur hierdie waarheid en verkondig dit met vrymoedigheid. Moenie bang wees dat jy vervolg sal word omdat jy sy Naam verkondig nie. 2 Timoteus 3:12 sê: “Ja, en almal wat ’n toegewyde lewe in verbondenheid aan Christus Jesus wil lei, sal vervolg word.” Die vroeë apostels is geslaan en verbiedRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: GELOOF IN SY WOORD Toe sê Jesus vir die hoofman oor honderd: Gaan, en laat dit vir jou wees soos jy geglo het. En sy kneg het gesond geword in daardie uur (Matteus 8:13). By geleentheid, na sy opstanding, het die Here Jesus aan sy dissipels verskyn na ’n onsuksesvolle visvangekspedisie. Die dissipels het die hele nag lank geswoeg en niks gevang nie. Toe het Jesus vir hulle gesê: “Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry” (Johannes 21:6). Die Bybel sê: “…Hulle het toe gegooi en deur die menigte van visse was hulle nie meerRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: ’N BETROUBARE MANIER OM JOU GEES TE OEFEN Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid. Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het (1 Timoteus 4:7-8). Om jou in die godsaligheid te oefen, beteken om jou menslike gees, die ware jy, te oefen. Een betroubare manier om jou gees te oefen is om in tale te bid; dit hou jou gees stralend en aan die brand vir God. Judas 1:20 sê: “Maar julle, geliefdes, moet julleself opbouRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: VERWERP DIE ‘GEMORS’ WAT JOU ‘FONTEINE’ KAN VERSTOP Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei (Johannes 7:38). Jesaja 12:3 sê: “En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil.” Fonteine van heil verwys na al die seëninge van Christus wat diep in jou gees weggebêre is. Die Bybel sê dat die oorspronge van die lewe uit jou gees vloei. Jy dra ’n fontein van seëninge binne-in jou. Die duiwel probeer om daardie fonteine te verstop. In die Bybelse tyd, as ’n stad binnegeval is, het die vyandRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: VERTROU SOOS ’N KIND Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie (Spreuke 3:5). Om vol vertroue te wees is nie dieselfde as om liggelowig te wees nie en dis noodsaaklik om hierdie onderskeiding te maak, want daar is liggelowige mense wat dink dat hulle vol vertroue is. Om liggelowig te wees beteken jy word maklik mislei. Maar kinders word nie maklik mislei nie; hulle is gewoonlik vol vertroue. Hulle vertrou jou karakter. Grootmense kan egter liggelowig wees. ’n Grootmens sal probeer om dit wat vir hom gesê is uit te redeneer voordatRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: DIE BEWUSTHEID VAN JOU GODDELIKE WESE Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is (1 Johannes 4:4). Baie mense verstaan nie die taal van die Gees in die bogaande vers nie. “Julle is uit God…” beteken jy kom van God af; jy is uit Hom gebore. Dit is wat van ’n Christen ’n goddelike wese maak en nie net ’n mens nie. Halleluja! Dit is waar sommige mense dit mis het; hulle weet nie wie hulle werklik in Christus is nie. Die Apostel JohannesRead More →

DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL: VERSTAAN GOD SE TYDSBEREKENING Toe sê hy vir my: Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor (Daniël 10:12). Ons is in ’n baie spesiale bedeling in God se Koninkryk. Deur kennis van die Woord word ons gelei deur die Gees om in ooreenstemming met sy plan en tydsberekening te leef. Die Bybel sê in Daniël 9 vir ons dat Daniël, terwyl hy in ballingskap was saam met die Israeliete, God se tydsberekeningRead More →