DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
VERTROU SOOS ’N KIND

Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie (Spreuke 3:5).

Om vol vertroue te wees is nie dieselfde as om liggelowig te wees nie en dis noodsaaklik om hierdie onderskeiding te maak, want daar is liggelowige mense wat dink dat hulle vol vertroue is. Om liggelowig te wees beteken jy word maklik mislei. Maar kinders word nie maklik mislei nie; hulle is gewoonlik vol vertroue. Hulle vertrou jou karakter. Grootmense kan egter liggelowig wees. ’n Grootmens sal probeer om dit wat vir hom gesê is uit te redeneer voordat hy dit vertrou en hom dalk nie veel steur aan die een wat hy vertrou se karakter nie.

As jy byvoorbeeld ’n kind oor die balkon hou en iemand op die grond vra om hom te vang, sal daardie kind gereed wees om te laat gaan omdat hy die een op die grond vertrou. Die kind weet dalk nie of die ou daar onder die krag of vermoë het om hom te vang nie, maar hy glo dat hy hom nie sal laat val nie. Dit is die tipe kinderlike geloof wat jy tenoor God moet hê. Die Here Jesus het in Matteus 18:3 (AMPC) vermaan dat ons soos klein kindertjies moet wees: “… [trusting, lowly, loving, forgiving]….” Hy wil hê jy moet God se karakter vertrou. Sy karakter word duidelik in die Woord uitgebeeld; Hy misluk nooit. Plaas jou vertroue met vrymoedigheid in Hom om sy doel in jou lewe te vervul.

Soms probeer mense om “God uit te help” om te doen wat Hy beplan. Dalk het Hy jou ’n visie gegee of idees aan jou bedien wat verband hou met jou doel en jy is so opgewonde en gretig om alles te laat uitwerk, wat goed is! Maar as jy nie op die Heilige Gees vertrou en aan Hom oorgelewer is nie, mag jy dalk probeer om God te “speel.” Jy mag dalk sy rol probeer vervul deur te probeer om Hom met jou eie wysheid uit te help. Maar die eindresultaat sal nie aangenaam wees nie.

Die heel beste is om te vertrou dat Hy alleen weet wat die bloudruk vir jou lewe is en dit in sy hand hou. Leer by Abraham, hy het die Here vertrou en gevolg selfs toe Hy nie geweet het waarheen God hom lei nie. Die Bybel sê: “Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom” (Hebreërs 11:8).

GEBED

Liewe Vader, ek vertrou met my hele hart op U, in alles, ek leun op u Woord en tree op volgens u instruksies. Ek vertrou my planne, toekoms-aspirasies en begeertes aan U toe. Ek is ten volle oortuig dat U meer geïnteresseerd is in en passievol is oor my sukses as wat ek ooit kon wees, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Spreuke 3:5-6; Psalm 18:30

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *