DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
GELOOF IN SY WOORD

Toe sê Jesus vir die hoofman oor honderd: Gaan, en laat dit vir jou wees soos jy geglo het. En sy kneg het gesond geword in daardie uur (Matteus 8:13).

By geleentheid, na sy opstanding, het die Here Jesus aan sy dissipels verskyn na ’n onsuksesvolle visvangekspedisie. Die dissipels het die hele nag lank geswoeg en niks gevang nie. Toe het Jesus vir hulle gesê: “Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry” (Johannes 21:6). Die Bybel sê: “…Hulle het toe gegooi en deur die menigte van visse was hulle nie meer in staat om dit te trek nie” (Johannes 21:6).

Sê nou maar hulle het met Jesus gestry! Hulle het in sy Woord geglo en dis waar die vis vandaan gekom het—uit die Woord van God. Die Bybel sê: “Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is” (Hebreërs 11:3). Die visse is gevorm deur die Meester se Woord. Jesus het vir ons die voorbeeld gestel hoe om elke dag oorwinnend te leef, hoe om die wonderbaarlike te ervaar deur geloof in die Woord.

Dink aan die hoofman oor honderd wie se dienskneg siek was en op sterwe gelê het. Toe het hy die Joodse leiers gestuur om Jesus te smeek om sy dienskneg te genees. Die Meester het ingestem, maar die hoofman het amper onmiddellik vir Jesus laat weet: “U hoef nie na my huis toe te kom nie, sê net die woord en my kneg sal genees word” (Lukas 7:2-7). Toe Jesus die hoofman se woorde hoor, sê die Bybel dat Hy verwonder was oor sy geloof en gesê het: “selfs in Israel het Ek so ’n groot geloof nie gevind nie.” Toe die boodskappers terugkom by die hoofman se huis het hulle gesien dat die kneg volkome genees is deur Jesus se woorde (Lukas 7:9-10). Die hoofman oor honderd het geglo in Jesus se Woorde.

Wat is jou begeerte? In watter area verg jy ’n verandering of wonderwerk? Tree volgens jou geloof in God se Woord op. Die Woord van God is die antwoord op alle moeilikheid. Jy hoef nie selfdood te oorweeg omdat jy jou werk verloor het nie. Jy kan die Here vir iets beter vertrou. Hy is die God wat die dooies verlewendig. Hy kan dit wat jy dink jy verloor het en veel meer aan jou terugbesorg.

Tree volgens sy Woord op. Hy het in Johannes 14:14 gesê: “As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen”; vra wat jy wil en weet dat Hy aan sy Woord verbonde is en dat dit nooit misluk nie.

GEBED

Liewe Vader, dankie vir u kosbare Woord wat geloof in my gees opwek en my bo-uitbring in elke lewenspenarie. U Woord is vermeng met geloof in my hart, daarom is my geloof lewendig en aktief en heers dit oor omstandighede en veroorsaak dat omstandighede strook met u volmaakte wil vir my, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Romeine 10:17; 2 Korinthiërs 4:13; Hebreërs 11:6

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *