DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
’N BETROUBARE MANIER OM JOU GEES TE OEFEN

Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid. Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het (1 Timoteus 4:7-8).

Om jou in die godsaligheid te oefen, beteken om jou menslike gees, die ware jy, te oefen. Een betroubare manier om jou gees te oefen is om in tale te bid; dit hou jou gees stralend en aan die brand vir God. Judas 1:20 sê: “Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid.” 1 Korintiërs 14:4 sê: “Hy wat in ’n taal spreek, stig homself…”

Christene wat gereeld in tale bid, is meer ingestel op die dinge van die Gees. Hulle is meer sensitief vir en reagerend op die leiding van die Heilige Gees. Wanneer jy gereeld in tale bid, word jou gees opgelei en gereed vir dinamiese evangelisme; geen luiheid daarin nie.

Kweek die gewoonte aan om jou dag te begin deur in tale te bid. Bid dan ook gereeld deur die loop van die dag in tale. Die wonderlike ding is dat jy saggies in tale kan bid, selfs by die werk, of terwyl jy jou besigheid doen. Dis die vinnigste manier om jou gees te aktiveer en verlewendig.

Daar is mense wat meer besorg is daaroor om hul liggame fiks te hou as om aandag te gee aan die oefening van hul gees. Terwyl jy oefen om gereeld in tale te bid sal dit jou gees oopmaak om God se Woord te ontvang en verstaan en jou wandel in die goddelike lewe verbeter, asook baie ander voordele.

GEBED

Liewe Vader, hoe lief het ek u Woord! Dankie, dat U my wys hoe om my gees te oefen en verlewendig deur in tale te bid. My gees is vandag geaktiveer om u leiding te ontvang en ek maak geweldig vooruitgang in my lewe en die werk van die bediening, van heerlikheid tot heerlikheid, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

1 Timótheüs 4:7-8 AMPC; 1 Korinthiërs 14:4 AMPC;
Hebreërs 5:14

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *