DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
VERSTAAN GOD SE TYDSBEREKENING

Toe sê hy vir my: Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor (Daniël 10:12).

Ons is in ’n baie spesiale bedeling in God se Koninkryk. Deur kennis van die Woord word ons gelei deur die Gees om in ooreenstemming met sy plan en tydsberekening te leef.

Die Bybel sê in Daniël 9 vir ons dat Daniël, terwyl hy in ballingskap was saam met die Israeliete, God se tydsberekening verstaan het terwyl hy die profeet Jeremia se geskrifte bestudeer het. Hy het uitgevind dat hulle veronderstel was om vir sewentig jaar gevangenes te wees en dat hul tyd in ballingskap amper verstreke was.

Maar omdat dit gelyk het of niks verander nie het Daniël besluit om die Here se aangesig te soek deur te vas en te bid om God se plan te verwesenlik. In die finale dae van Jesus se bediening in Israel het Hy oor Jerusalem gehuil omdat hulle, nie die gunstige tyd van hulle besoek opgemerk het nie. Die Here op wie hulle gewag het, het na hulle toe gekom, maar hulle het dit nie geweet nie. Hoe hartseer is dit nie. Baie mense is vandag nog so.

Maak dit jou prioriteit om in harmonie te wees met God se wil en tydsberekening vir jou lewe. Bestudeer die Skrif noukeurig en spandeer tyd in gebed. Ons is deur God gestuur om sy wil op aarde af te dwing deur Jesus se Naam en die krag van die Heilige Gees.
Maar as jy nie God se wil en tydsberekening ken nie, sal daar goed op aarde gebeur wat nie in jou of die Here se belang is nie. Dit is waarom jy in die Gees moet bid vir die nasies, vir die Kerk van God en vir dienaars van die evangelie regoor die wêreld. Bid asof die koninkryk van jou afhanklik is, want dit is. Halleluja!

GEBED

Kosbare Vader, dankie vir seisoene van die wonderbaarlike en manifestasies van u werke en seëninge soos nooit te vore nie. Dit sal die wegraping van die Kerk tot gevolg hê. Ek bid vir die heiliges regoor die wêreld wat erge vervolging en onreg in die gesig staar, dat hulle versterk sal word om vas te staan in die wil van God, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Daniël 9:2-4; 1 Petrus 5:8-9; 1 Kronieke 12:32

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *