DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
VERWERP DIE ‘GEMORS’ WAT JOU ‘FONTEINE’ KAN VERSTOP

Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei (Johannes 7:38).

Jesaja 12:3 sê: “En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil.” Fonteine van heil verwys na al die seëninge van Christus wat diep in jou gees weggebêre is. Die Bybel sê dat die oorspronge van die lewe uit jou gees vloei. Jy dra ’n fontein van seëninge binne-in jou.

Die duiwel probeer om daardie fonteine te verstop. In die Bybelse tyd, as ’n stad binnegeval is, het die vyand die stad se waterbronne toegestop met grond en klippe om die inwoners te frustreer. Die putte was die mense se waterbron—’n fontein van lewe by wyse van spreke.

Isak het ’n soortgelyke bloutjie geloop met die Filistyne. Die Bybel sê dat, In Isak se geval: “En al die putte wat die dienaars van sy vader in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, dié het die Filistyne toegestop en met grond opgevul…En Isak het die putte weer oopgegrawe wat hulle in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, en wat die Filistyne ná die dood van Abraham toegestop het…” (Genesis 26:15,18).

Net soos die Filistyne Isak se putte verstop het (om hom te frustreer) probeer die Satan om die fonteine lewende water in jou gees te verstop deur te sorg dat Christus se vreugde nie in jou lewe uitgedruk word nie. Hy wil ook verhoed dat jy daardie selfde vreugde aan ander mense bedien.

Die gereedskap wat hy gebruik is bitterheid, jaloesie, haat, verwyt, onvergifnis, vrees en veroordeling. Moenie toelaat dat die Satan sulke gemors in jou lewe plant nie. Hy weet dat jy nie gelukkig kan wees, die lewe kan geniet, of jou wêreld kan seën wanneer jy kwaad, verwytend en hatig is nie.

Kies eerder om God se vreugde en liefde uit jou te laat straal na ander, elke dag en die duiwel sal geen vatplek kry in jou lewe nie.

GEBED

Liewe Vader, dankie vir u liefde wat deur die Heilige Gees in my hart uitgestort is en vir die volheid van Christus in my hart. Ek vlieg heerlik deur die lewe en maak vordering met rasse skrede, in Jesus se Naam. Amen.

VERDERE STUDIE:

Efésiërs 4:31-32; Jakobus 3:15-17; Hebreërs 12:15

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *