DAGSTUKKIES UIT DIE BYBEL:
DIE BEWUSTHEID VAN JOU GODDELIKE WESE

Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is (1 Johannes 4:4).

Baie mense verstaan nie die taal van die Gees in die bogaande vers nie. “Julle is uit God…” beteken jy kom van God af; jy is uit Hom gebore. Dit is wat van ’n Christen ’n goddelike wese maak en nie net ’n mens nie. Halleluja!

Dit is waar sommige mense dit mis het; hulle weet nie wie hulle werklik in Christus is nie. Die Apostel Johannes het dit in 1 Johannes 5:13 aangespreek: “Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het….” God wil hê jy moet hierdie bewustheid, hierdie aktiewe wete, hê dat sy lewe in jou is. Jy is ’n draer van die goddelike lewe; ’n God-draer.

Met verwysing tot die Here Jesus sê die Bybel: “… Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom…” (Kolossense 2:9-10). Neem kennis van die uitdrukking: “…en julle het die volheid in Hom…” Dit beteken dat die volheid van die goddelikheid in jou woon, soos in Jesus. Geen wonder Petrus noem ons “Vennote van die God-soort” nie; deelhebbers aan die goddelike natuur (2 Petrus 1:4).

Jy is vervul met of versadig deur God. Dit is wat dit beteken om jou “volheid in Hom” te hê; niks anders hoef in jou te wees om jou goddelik te maak nie. Dis waarom siektes, kwale en krankhede nie deel kan vorm van jou lewe nie. As jy die God-lewe in jou sou oordink, sal jy nooit weer siek wees nie.

Jy is gebore, nie uit bloed, of die wil van die vlees nie, ook nie uit die wil van die mens nie, maar uit God (Johannes 1:13). Dieselfde lewe wat dit vir God onmoontlik maak om siek te word, verslaan te word, of dat Hy “iets oorkom”, is wat jy in jou het. Jou bewustheid van hierdie realiteit sal jou ewig triomfantlik maak en toesien dat jy elke dag van jou lewe in heerskappy leef. Eer aan God!

BELYDENIS

Geseënd is God! Ek het die bewustheid van my goddelike wese en leef daarvolgens; ek wandel in heerskappy oor siektes, kwale, die dood en die elemente van hierdie wêreld. Christus in my is groter as alles en ek vier my eenheid met die Here vandag en altyd, in Jesus se Naam.

VERDERE STUDIE:

2 Petrus 1:4; Johannes 5:26; 1 Johannes 5:11-13

Suid Afrika, ons hoop jy het die Dagstukkie vir vandag geniet saam met miljoene ander Christene regoor die wêreld wat die Dagstukkie saam met jou gelees het en hardop die gebed saam gebid het in eendrag! Tans is dit die mees kragtigste gebed op aarde waar miljoene dieselfde gebed bid in elke bekende land aan die mensdom. Die Goeie Nuus  Bybel vers vir vandag en Bybelstudie kom uit  die Rhapsody van Realiteite van Pastoor Chris Oyakhilome, die wêreld se #1 Dagstukkie. Deel dit gerus nou met ander op Facebook, Whatsapp en al die ander sosiale media platforms en laat ons nog sterker word! Sien uit daarna om jou môre weer hier te sien vir nog dagstukkies wat jou lewe gaan verander!

NuusNews Rhapsody share

Ondersteun heelhartig die grootste daaglikse toewydingsbundel in die wêreld, die Rhapsody of Realities met Nuus.News. Word deel van die verspreidingsnetwerk van die grootste evangelisasie beweging in die wêreld saam met Pastor Chris Oyakhilome. Die Rhapsody word maandeliks versprei en maandeliks vertaal in meer as 1,000 tale! Sedert die stigting van die Rhapsody of Realities dagstukkie in 2003 is reeds meer as 1,000,000,000 (ja jy het reg gelees: 1 BILJOEN) in beide gedrukte en digitale kopieë versprei! Min mense in Suid Afrika weet dit – versprei die woord! Die Rhapsody word tans versprei in elke bekende gebied van die wêreld. Kom vat hande en word deel van die wêreld-wye beweging! 

Hab 2:14 “For the earth shall be filled with the knowledge of the glory of the LORD, as the waters cover the sea.”

Wie kan baatvind met die Rhapsody?

  • Enigiemand wat betrokke wil raak met die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie van Jesus Christus. Indien jy net die wêreld se grootste dagstukkie wil geniet en dieselfde gebed hardop bid met miljoene Christene reg oor die wêreld in eenheid van gees, is jy welkom om die Bybel gebasseerde Rhapsody te kry vir jouself.
  • Die gedrukte Rhapsody is egter ‘n fantastiese evangelisasie instrument en geselskap-aanknoper wat jy jouself (of groot evangelisasie groepe) kan gebruik om ander meer effektief te bereik.  
  •  The Rhapsody is ook ‘n wonderlike aanwins vir Pastore van kerke wat nie hulle eie Bybel dagstukkie publikasie het nie, maar tog wil hê dat hulle kerk een moet hê om die gemeente te groei tot geestelike volwassenheid. Die Rhapsody is propvol inhoud en idees vir preke uit die Bybel.
  • Verder, kan jy dalk nie self na ‘n ver-afgeleë land gaan om mense daar met die Goeie Evangelie te bereik nie. Jy kan nou egter ‘n vennoot word van Rhapsody of Realities en gedrukte dagstukkie uitgawes stuur na enige land wat jy verkies. Iemand sal dit daar namens jou versprei en dis die ideale manier om die nasies te bereik, selfs van die huis af.

Raak betrokke en kry jou persoonlike kopie van die Rhapsody by Nuus.News of direk by: 

www.rhapsodyofrealities.org

NUUSNEWS RHAPSODY SPONSOR
Slider


Deel gerus opbouende kommentaar oor vandag se Rhapsody op Nuus.News:
-
Enjoy sharing an uplifting comment on today's Rhapsody below with Nuus.News:
-

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *